top of page


Alle Plasings


Natjoints waarsku dat ferm optrede verwag moet word
Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (Natjoints) sê owerhede bly waaksaam en voorbereid, en sal beslissend optree teen enigiemand wat die veiligheid, sekuriteit en stabiliteit van die land bedreig. Die medevoorsitter, Tebello Mosikili, het ‘n bywerking verskaf oor die landwye demonstrasies op 30 Junie teen ongedokumenteerde migrante. Mosikili sê Natjoints hou aan om ontwikkelinge te monitor na die massaproteste wat oor verskeie dele van Suid-Afrik

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2


‘Die ANC se leiers het opgedroog’
Terwyl die nuwe ministers in president Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling ingehuldig word, meen 'n kenner dat die ANC nie die stryd teen korrupsie ernstig opneem nie, en sy leiers duidelik opgedroog het. 'n Politieke ontleder, Ntsikelelo Breakfast, sê voorts om iemand soos Dina Pule, ʼn voormalige ANC-minister, as minister van maatskaplike ontwikkeling aan te stel is twyfelagtig. Maroela Media berig nog 'n ontleder, Theo Neethling, voeg by hy dink nie iemand met Pule se reko

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


'n Vrou is voor vir die beweerde moord op haar man
’n Vrou sal na verwagting in die Koffiefontein-landdroshof in die Vrystaat verskyn op ’n aanklag van moord. Die polisie sê haar man is met ’n steekwond in die straat naby Donkerhoek gevind en is op die toneel dood verklaar. Ondersoekers beweer die vrou het erken dat sy haar man gesteek het ná ’n argument by ’n ander vrou se huis. Die polisie sê die mes wat vermoedelik in die voorval gebruik is, is in beslag geneem en die ondersoek duur voort. Ter illustrasie. FOTO: Grok

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


Ramaphosa sê Afrika dryf globale tegnologiese innovasie aan
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en die Afrika-kontinent haal nie meer digitaal in nie, maar dryf nou globale tegnologiese innovasie aan. Hy het gepraat by die Google Cloud Summit in Sandton, waar hy wolkrekenaars en kunsmatige intelligensie as sleuteldrywers van toekomstige groei en werkskepping uitgelig het. Ramaphosa sê Afrika word toenemend ‘n spilpunt waar digitale oplossings ontwikkel en opgeskaal word, nie net aangeneem word nie. Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


MIDDAG SPORT: Die Junior Bokke fokus op kliniese spel, Zverev oorleef terwyl Wimbledon drama lewer, en Frankryk het die besit beheer in hul kragmeting teen Swede
In rugby-nuus: Met die Junior Springbokke se tweede wedstryd van die Wêreldkampioenskap om die draai, is die Suid-Afrikaners oorgehaal om selfs meer kliniese spel op te dis as in hul vorige wedstryd teen Uruguay. Die jong Bokke speel Donderdag om 18:30 teen die gasheerland Georgia in Tbilisi. Maroela Media berig die o. 20’s se hoofafrigter, Kevin Foote, sê die spelers van Georgia is altyd fisieke teenstanders. Hy sê die span het al ʼn paar keer vanjaar teen hulle gespeel en we

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 1


The Village People se ‘polisieman’ is oorlede
Stigterslid en hoofsanger van die Village People, Victor Willis, is Dinsdag in die ouderdom van 74 jaar ná 'n kort, aggressiewe siekte oorlede. News24 berig Willis was mede-skrywer van die groep se grootste treffers, waaronder YMCA, Macho Man en In the Navy, en hy het die ikoniese polisieman- en vlootoffisier-karakters geskep waarvoor die groep wêreldwyd bekend geword het. Later was Willis in 'n langdurige regsstryd betrokke om eienaarskap van die groep se naam en sy tantieme

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


TLU SA verwelkom Willie Aucamp se aanstelling
Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die aanstelling van Willie Aucamp as minister van Landbou. Die organisasie waarsku egter dat die landbousektor stabiliteit en beleidskontinuïteit nodig het te midde van politieke veranderinge. Die organisasie sê die onmiddellike prioriteit moet die beheer van bek-en-klouseer wees deur samewerking tussen die openbare en private sektor. Die hoofbestuurder by TLU SA, Bennie van Zyl, sê uitdagings soos insetkoste, biosekuriteit, landelike

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


Vrystaters moet glo self inspring om brande te blus
Boere en gemeenskapslede van die Ngwathe plaaslike munisipaliteit in die Vrytaat moet glo gereeld inspring wanneer ernstige brande uitbreek. Nova News berig 'n plaaslike raadslid sê Heilbron het nou geen operasionele brandweerwa nie, wat ernstige kommer wek oor die veiligheid van inwoners en hul eiendom. Hoewel die dorp in die verlede ‘n volwaardige brandweerwa gehad het, word brande deesdae glo slegs met ’n brandbestrydingsbakkie en beperkte toerusting geblus. Onlangs het tw

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


Reisigers moet nou ‘n aanlyn reisigerverklaring indien
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens waarsku dat enige reisigers wat Suid-Afrika binnekom of verlaat vanaf 1 Julie ‘n aanlyn reisigerverklaring moet indien voordat hulle reis. Die Inkomstediens sê die verklaring moet binne 24 uur voor vertrek ingedien word en is nou verpligtend vir reise per lug, land, see en spoor. Die aanlyn stelsel vorm deel van die Suid-Afrikaanse Reisigersbestuurstelsel en vervang die loodsfase wat in 2022 begin het. Reisigers moet goedere, geldeenheid en a

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


Iran weier om met die VSA te vergader
Die regering van Iran het geweier om met amptenare van die Verenigde State van Amerika te vergader. Die twee nasies sou na verwagting hierdie week vergader om vredesonderhandelinge te hervat. Iran se verklaring volg op ’n naweek van toenemende vyandelikhede oor die sluiting van die Straat van Hormuz. Iran sê dat hulle die bepalings van die wapenstilstand, wat twee weke gelede onderteken is, wil skik voordat hulle ander onderwerpe aanspreek. Iran se jongste standpunt het gelei

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


Hoër elektrisiteitstariewe tree in werking
Inwoners van die Mangaung Metro Munisipaliteit betaal van 1 Julie af 9,9 % meer vir elektrisiteit. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) het elektrisiteitstariefverhogings goedgekeur, terwyl verbruikers reeds gebuk gaan onder hoër brandstofpryse, 'n verhoogde prima-uitleenkoers en stygende inflasie. Nova News berig eiendomsbelastingkoerse vir die 2026-'27-boekjaar tree ook Woensdag in werking, met munisipaliteite wat verskillende aanpassings aan die belasti

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


Twee sokkeraanhangers is dood ná Mexiko se oorwinning
Minstens twee mense is dood tydens massiewe vieringe in Mexikostad nadat die land se nasionale sokkerspan na die volgende ronde van die Wêreldbeker-toernooi deurgedring het. IOL berig die twee is weens versmoring dood. Na raming het meer as 'n miljoen mense in die strate van Mexikostad saamgedrom, hoofsaaklik rondom die Angel of Independence-monument, om die oorwinning te vier. Die vieringe het gevolg nadat Mexiko vir Ecuador geklop het om hul eerste uitspeeloorwinning by 'n

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


Die Harrismith-boeties is glo uit weerwraak vermoor
Die Lakaje-boeties van Harrismith is glo uit weerwraak vermoor. Die oorlede Thabiso en Reanetswe se suster, Katso Lakaje, sê die familie dink hul neef, Ndudzi Lakaje, het die twee seuns vermoor omdat hy oortuig is hul ma het sy broer as kind vermoor. Ndudzi is kort ná die boeties se moord op die plaas Toekoms in hegtenis geneem. Netwerk24 berig die beweerde moordenaar het glo ’n waarskuwing aan die agterkant van die Lakaje-gesin se voordeur uitgekerf dat hy die kinders se ma,

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


Die Regspraktisynsraad moet rekenskap gee oor die afskaffing van Afrikaans
Die Regspraktisynsraad (RPR) is nou verplig om verdere dokumentasie en inligting bekend te maak oor die besluitnemingsproses wat gelei het tot die afskaffing van Afrikaans as taalopsie in die toelatingseksamen vir prokureurs. Maroela Media berig die organiseerder van Solidariteit se regsnetwerk, Émil Glas, sê regspraktisyns het die reg om te weet hoe besluite wat hul beroep raak, geneem word. Glas sê dié uitspraak van die Gautengse hooggeregshof bevestig ʼn kernbeginsel van go

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 1


Die nuwe dobbelwetsontwerp word versnel
Die Nasionale Dobbelbeleidraad versnel die ontwikkeling van 'n nuwe wetsontwerp om uitdagings rondom aanlyn dobbelary in Suid-Afrika aan te spreek. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het dit bekend gemaak in antwoord op parlementêre vrae van Rise Mzansi. Tau sê die Nasionale Dobbelraad werk ook aan regulasies vir dobbeladvertensies. Die voorgestelde maatreëls sluit in dat advertensies nie op kinders gerig of geplaas mag word waar die meerderheid van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1


Ministers versuim steeds om parlementêre vrae te beantwoord
Verskeie kabinetsministers versuim steeds om skriftelike vrae in die parlement te beantwoord. Volgens 'n parlementêre verslag het 10 van die land se 34 kabinetsministers versuim om 'n kwart van die skriftelike vrae wat vanjaar aan hulle gerig is, te beantwoord. Die verslag toon ook dat president Cyril Ramaphosa meer as 31% van die skriftelike vrae wat aan hom gestel is, onbeantwoord gelaat het. Sommige van dié vrae hou verband met die Phala Phala-saak. Ter illustrasie. FOTO:

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1


Werknemers met gestremdhede bly onderverteenwoordig
Werknemers met gestremdhede bly steeds erg onderverteenwoordig in Suid-Afrika se arbeidsmark. Volgens die Kommissie vir Gelyke Indiensneming se 26ste jaarverslag het werknemers met gestremdhede verlede jaar slegs 1,3% van die totale werksmag uitgemaak. Die kommissie sê die volgehoue lae verteenwoordiging is 'n groot bron van kommer en dat die meeste werknemers met gestremdhede steeds in laer- en middelbestuursposte werksaam is. Die kommissie doen 'n beroep op werkgewers om st

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1


‘n Plaaslike groentetuin voed skole en bejaardes
'n Gemeenskapsgroentetuin in Thaba Nchu voorsien nou elke maand honderde bossies spinasie aan plaaslike skole se voedingskemas en aan bejaardes in die gemeenskap. Volgens inligting wat deur AfriForum gedeel is, lewer die Ikageng-tuin maandeliks 400 bossies spinasie aan twee skole, bejaardes en gestremdes. Die projek is ses jaar gelede begin en word deur gemeenskapslede bestuur. Deelnemers het ook 'n formele opleidingsprogram voltooi wat deur die Sentrale Universiteit vir Tegn

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1


Die liggaam van ‘n jong vrou is in ‘n veld gevind
Die liggaam van 'n 22-jarige vrou is in 'n oop veld in die Grootvlei-omgewing in Bloemfontein aangetref. Vrystaatse polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê 'n inwoner het op die liggaam afgekom toe hy na sy varke onderweg was. Volgens Kareli dui voorlopige ondersoeke daarop dat die vrou aan 'n enkele skietwond aan haar linkerkaak gesterf het. Van haar persoonlike besittings is 'n kort afstand van die toneel af gevind. Die motief vir die moord is nog onbekend en die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1


Centlec swyg oor die R50-tarief
Alhoewel verskeie berigte aandui dat die voorgestelde R50-maandelikse basiese elektrisiteitstarief nie Woensdag ingestel gaan word nie, het Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, nog geen amptelike aankondiging daaroor gemaak nie. Centlec het aan Rosestad-nuus gesê 'n verklaring sal uitgereik word sodra die munisipale raadsbesluit ontvang is. Intussen verwelkom die DA 'n besluit wat volgens die party laat Maandagaand deur die Mangaung-munisipale raad geneem is om die instel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1


OGGEND SPORT: Kapp is vol vertroue oor die Proteas, die Bok-vroue mik na sterk verdediging en Broos heroorweeg sy toekoms by Bafana
Ons slaan af met krieket-nuus: Die Protea-vroue se veelsydige speler, Marizanne Kapp, glo dat Suid-Afrika slegs teen ongeveer 60 persent van hul potensiaal by die T20-Wêreldbeker presteer het en hoop dat die span hul beste krieket in môre se halfeindstryd teen Engeland sal lewer. Kapp sê die groep het hard gewerk dwarsdeur die toernooi en is bemoedig dat verskeie spelers steeds in staat is om ‘n beduidende impak in die uitklopfases te maak. Sy het bygevoeg dat hoewel Suid-Afr

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 1


Die Mangaung-gevangenis is nou onder staatsbestuur
Die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein word van Woensdag af amptelik deur die staat bestuur nadat die openbare-private vennootskap ná 25 jaar tot 'n einde gekom het. Volgens die Departement van Korrektiewe Dienste vorm die voormalige Mangaung-korrektiewe sentrum nou deel van die Grootvlei-bestuursgebied. Die departement sê die oorgang volg op meer as twee jaar se beplanning en voorbereiding om te verseker dat die fasiliteit doeltreffend bestuur kan word. Beamptes is

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1


'n Bejaarde vrugteboer is skuldig bevind aan poging tot moord
'n Bejaarde vrugteboer van Lutzville in die Wes-Kaap is skuldig bevind op twee aanklagte van poging tot moord nadat hy in September 2024 met sy bakkie oor 'n sesjarige seun gery het. Die Son berig die 72-jarige Christoffel Stoman se vonnisoplegging is tot 20 Augustus uitgestel. Rosestad-nuus het vroeër berig die sesjarige Khwezi Jantjies en sy ma is in die voorval raakgery nadat Stoman die seun daarvan beskuldig het dat hy 'n lemoen gesteel het. Die seun het albei bene in die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1


Strenger optrede teen onwettige immigrasie word gevra
Organiseerders van die optog teen onwettige immigrasie in Bloemfontein het 'n memorandum aan die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, oorhandig. Daarin vra hulle dat die regering sy optrede teen onwettige immigrasie verskerp. Volgens inligting wat deur die Vrystaatse Provinsiale Regering gedeel is, vra hulle onder meer vir strenger grensbeheer, 'n hersiening van die vlugtelingbeleid, leefstyloudits vir amptenare van die Departement van Binnelandse Sake en groter ekonom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1
bottom of page


