top of page

Nuus


Oupoot dwaal vir eers steeds alleen in die Knysna-woud
Die lot van die laaste oorblywende Knysna-olifant het opnuut openbare debat ontketen ná ʼn bewaringsgroep hul plan én finansiering vir die hervestiging van ʼn groep olifante in die Knysnabos teruggetrek het. Oupoot, die laaste Knysna-olifant, dwaal nou al dekades lank stoksielalleen deur die digte bos. Olifante is hoogs sosiale diere, en Maroela Media berig die wildbewaringsgroep Herd Instinct het dus onlangs voorgestel dat ʼn klein trop olifante saam met Oupoost in die bos herv

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025


Bosa sê die matriekslaagsyfer is te laag
'n Hewige debat is in die parlement ontketen toe parlementslede oor Suid-Afrika se 30% matriekslaagsyfer en die stand van basiese onderwys gestry het. Die debat is deur Bosa se leier, Mmusi Maimane, begin en het gefokus op die vraag of die Departement van Basiese Onderwys die 30% vakminimum moet afskaf, standaarde moet verhoog en strukturele swakhede in die skoolstelsel moet hersien. Maimane het aangevoer dat die toekoms van werk sterk afhanklik sal wees van wiskunde en weten

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025


Die weerprofete voorspel 'n nat drie maande
Vrystaters moet die volgende drie weke gereed maak vir nog swaar reën oor die provinsie heen. So sê weervoorspellers nadat baie distrikte reeds meer as 200 mm reën net in November gemeet het. Netwerk24 berig byna 100mm reën het in 24 uur in dele van die Rouxville-distrik in die Suid-Vrystaat geval, met damme en spruite wat oorloop en paaie wat verspoel het. Die reën sak ook aanmekaar in Bloemfontein uit. 'n Onafhanklike weervoorspeller van Bloemfontein, Johan van den Berg, sê

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025


Die OVK waarsku dat ontevredenheid met demokrasie die weg baan vir outokrasie
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) waarsku dat groeiende ontevredenheid met demokrasie nie net die hoofrede is waarom stemgeregtigde kiesers van die stembusse af wegbly nie, maar ook die weg baan vir outokrasie. Die kommissie het ‘n gesamentlike vergadering van die Nasionale Vergadering se Portefeuljekomitees oor Binnelandse Sake en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake ingelig oor sy gereedheid om die komende munisipale verkiesing te hou. Wetgew

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025


Malema kap na die hof oor die Phala Phala-skandaal
Die leier van die EFF, Julius Malema, het die Konstitusionele Hof skerp gekritiseer en die hof daarvan beskuldig dat hulle hul uitspraak rakende president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal vertraag. The Citizen berig EFF-leiers en -ondersteuners het Vrydag deur Johannesburg na die Konstitusionele Hof in Braamfontein opgeruk om ‘n memorandum af te lewer wat die onmiddellike vrystelling van die langverwagte Phala Phala-uitspraak eis. Alhoewel die party se saak in November

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 29, 2025


Daar is geen planne om rondlopervee in te ent nie
Die Vrystaatse departement van landbou sê daar is geen plan om die duisende rondlopervee in townships in die provinsie teen siektes in te ent nie. 'n Veearts van die departement, Jurgens Barnard, sê rondloperbeeste word net ingeënt as hulle tekens van ’n siekte toon. Volksblad berig die landbougemeenskap is egter baie bekommerd dat rondlopervee nooit teen enige siektes ingeënt word nie en dat dit bydra tot die verspreiding van siektes soos bek-en-klouseer. Die visepresident v

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 29, 2025


'n Radio-omroeper is vas vir die beweerde werwing van huursoldate
'n Senior omroeper van SAfm, Nonkululeko Mantula, is saam met drie Suid-Afrikaanse mans weens hul beweerde betrokkenheid by die onwettige werwing van huursoldate na Rusland in hegtenis geneem. Volgens Rapport word hulle aangekla van die beweerde oortreding van die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Dié inhegtenisnemings kom 'n dag voordat die uMkhonto weSizwe Party (of MK Party) die onmiddellike uittrede van Duduzile Zuma-Sambudla as 'n lid van die parlem

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 29, 2025


Seksuele oortredings en poging tot moord neem toe
Die polisie se misdaadregistrateur, generaal-majoor Thulare Sekhukhune, sê hulle het meer seksuele oortredings en pogings tot moord in die eerste en tweede kwartaal van die jaar aangeteken. Sekhukhune het ‘n opdatering gegee oor die langverwagte misdaadstatistieke vir die eerste en tweede kwartaal in die land. Hy sê seksuele oortredings het met 22 meer aanklagte toegeneem vanaf die voorheen aangetekende 12 765 voorvalle. Sekhukhune sê die aangetekende seksuele oortredings sta

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 29, 2025


Die prys van 'n Louvre-besoek is g’n kunswerk
Kaartjiepryse vir die Louvre-museum in Parys sal met 45% styg vir die meeste besoekers buite die Europese Unie. Van vroeg volgende jaar af sal toeriste van lande soos die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en China £28 moet betaal om die museum binne te gaan. Die prysverhoging sal na verwagting jaarliks miljoene euro’s insamel om ʼn opknapping van die beroemde galery te finansier. Die museum se sekuriteit en bestuur het kritiek in die gesig gestaar sedert die rooftog i

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 29, 2025


Die MK-party sê Zuma-Sambudla is nie meer hul LP
Die uMkhonto weSizwe Party (MK-party) het die onmiddellike uittrede van Duduzile Zuma-Sambudla as 'n lid van die parlement aangekondig. Dit kom te midde van aantygings dat sy gehelp het om 17 Suid-Afrikaanse mans te werf om in die oorlog tussen Rusland en Oekraïene te veg. Zuma-Sambudla se suster het 'n strafregtelike saak teen haar aanhangig gemaak, en haar daarvan beskuldig dat sy die mans na gevaar mislei het. Die MK Party se voorsitter, Nathi Nhleko, sê hulle het geen rol

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 28, 2025


Vaaldam se sluise bly oop
Die Departement van Water en Sanitasie sê die sluise by die Vaaldam sal oop bly. Die departement het hierdie week nog sluise oopgemaak ná swaar stortreën. Dit sê die Vaaldam is op 106,8%, en Bloemhof op byna 98%, ná volgehoue reënval. Die departement se Wisane Mavasa waarsku dat stygende watervlakke oorstromings kan veroorsaak en laagliggende gebiede stroomaf kan beïnvloed. Mavasa sê gemeenskappe, veral boere langs die Vaalrivier, word aangespoor om toerusting te beveilig, ve

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 28, 2025


Amerika sê Suid-Afrika sal waarskynlik nie meer deel van Agoa wees nie
Die departement van handel, nywerheid en mededinging het tydens ’n parlementêre portefeuljekomiteesitting gesê daar word verwag dat die hernuwing van Agoa ’n oordrag van huidige Agoa-voordele met bestaande lede sal wees. Dit sal beteken dat Suid-Afrika in die program behoue kan bly. Maroela Media berig die departement het egter nagelaat om by te voeg dat ’n wetsontwerp wat die teendeel aanbeveel, onlangs by die Amerikaanse senaat se finansiële komitee ingedien is. Die Ameri

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 28, 2025


Suid-Afrika se misdaadsyfers daal
Daar is 'n beduidende afname in misdade in die land. Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het Vrydag die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke bekende gestel. Dit is vir die eerste en tweede kwartale van die huidige boekjaar en strek dus van April tot September vanjaar. Die minister het aangedui dat daar ʼn effense verbetering is met ʼn beduidende afname in misdade in die meeste kategorieë. Voorvalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer en kontak

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 28, 2025


'n Bloemfonteinse ma en dogter is in die hof vir die beweerde moord vir polisgeld
’n Ma en dogter van Bloemfontein het glo honderdduisende rande in begrafnispolisse op drie beweerde niksvermoedende slagoffers uitgeneem, en hulle dan later na bewering vermoor. Volksblad berig die drie verdagtes, Bontle Maruping, haar ma, Kelebogile Maruping, en Itumeleng Goabotse, almal van Rocklands in Bloemfontein, het Donderdag vlugtig in die hof verskyn. Hulle sal die naweek agter tralies deurbring om teen Maandag regsverteenwoordigers aan te stel. Hulle staan tereg op

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 28, 2025


Nersa sal ‘n oorgang na ‘n mededingende elektrisiteitsmark fasiliteer
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sê dat dit ‘n oorgang na ‘n mededingende elektrisiteitsmark oor die volgende vyf jaar sal fasiliteer. Volgens Nersa sal hierdie oorgang ‘n markoperateurlisensie vir Eskom insluit. Die markoperateur sal die platform vir elektrisiteitsopwekkers bied om elektrisiteit te verkoop. ‘n Elektrisiteitsmark-adviesforum sal Nersa adviseer. Die reguleerder sê hierdie besluit is ‘n historiese mylpaal op die pad na mededinging. Ter i

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 28, 2025


Die nasien van matriekvraestelle begin binnekort
Die volskaalse nasien van die 2025-matriekeksamen sal landwyd op 1 Desember begin. Dit volgens die Departement van Basiese Onderwys. Vroeë nasien, wat reeds verlede week begin het, is suksesvol afgehandel, wat dit moontlik gemaak het om stelsels en nasieneropleiding te finaliseer. Meer as 52 000 nasieners is aangestel. Dit vorm een van die grootste spanne akademiese kundiges in die openbare sektor. Volgens die departement is streng sekuriteit, gehalteversekeringskontroles en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


Verantwoordelikheid kan nie vermy word nie
Een van die grootste mites waarmee die Dierebeskermingsvereniging (DBV) te doen het, is die idee dat iemand verantwoordelikheid kan vermy deur onder andere te sê: “Dis nie my hond nie” of “Ek voer hom net soms.” Luidens ‘n plasing op Bloemfontein DBV se sosiale media is ‘n eienaar nie net die peroon wat die hond gekoop het nie. Ingevolge die Dierebeskermingswet 71 van 1962 is die eienaar enige persoon wat 'n dier beheer, vir 'n hom sorg, toesig oor hom het, of hom in hul be

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


Friends of Franklin vat hul besware na die ombudsman
Friends of Franklin het formeel ‘n 5-bladsy klagtebrief aan die nuut aangestelde tussentydse Ombudsman van die Manguang Metro Munisipaliteit gestuur. Dit nadat geen terugvoer van die stadsbestuur se kantoor in die afgelope twee weke ontvang is nie. Luidens die eerste bladsy van die dokument is die verklaring om formeel beswaar te maak teen die geadverteerde voorneme om Naval Hill en die Franklin-natuurreservaat te verkoop of te verhuur vir die ontwikkeling van 'n pretpark. Di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


Aanvalle plaas Suid-Afrika in die internasionale kollig
Die volgehoue krisis van plaasaanvalle en beleidsonsekerheid oor eiendomsreg ondermyn die land se vermoë om voedsel te produseer. Dit plaas Suid-Afrika in die internasionale kollig – en nie op ʼn goeie manier nie. Volgens Maroela Media het Vrystaat Landbou (VL) kennis geneem van die onlangse internasionale kommentaar rakende die situasie in Suid-Afrika. Dit veral ten opsigte van landelike veiligheid, die behandeling van boere en die breër beleidsomgewing rondom eiendomsreg en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


Regeringsdepartemente is gewaarsku om munisipaliteite te betaal
Regeringsdepartemente is deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Velenkosini Hlabisa, gewaarsku om die geld te betaal wat hulle aan munisipaliteite skuld. Die minister sê sommige munisipaliteite regoor die land sukkel om te funksioneer weens die fondse wat regeringsdepartemente aan hulle skuld. Sommige van die departemente versuim al jare lank om hul skuld te vereffen. Hlabisa voeg by sy departement het reeds die departemente geïdentifiseer wat munis

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


Ontevrede Vrystaatse werkers gaan voort met hul staking
Die meer as 120 ontevrede werkers regoor die Vrystaat het belowe om met hul staking oor salarisverhogings by die provinsie se Dobbel-, Drank- en Toerisme-owerheid voort te gaan. Bloem Express berig die staking het Maandag begin, nadat hulle ‘n dooiepunt met die direksie en bestuurspan oor salarisverhogings bereik het. Volgens die Nasionale Onderwysgesondheids- en Geallieerde Werkersunie se Vrystaat-sekretaris het die werknemers laas in 2023-24 ‘n verhoging ontvang. Die unie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


Bloem groet ‘n geliefde brandweerman
Bloemfontein groet ‘n brandweer- en skouman met ‘n groot hart. Chris van der Walt is in die ouderdom van 64 jaar oorlede. Bloemnuus berig volgens sy groot vriend en kollega by die Manguang-brand en reddingsdiens, Braam van Zyl, het hy vinnig agteruit gegaan na hy die afgelope paar weke in die hospitaal vir 'n bosluis-byt behandel is. Van der Walt was ook altyd tussen die sierduiwe by die Bloemskou bedrywig. Dié skou sê in ‘n plasing op sosiale media hy was ‘n kosbare siel w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


Die Vrystaatse Valke teiken klerevervaarders
Die Valke in die Vrystaat het gister ‘n operasie uitgevoer wat ses klerevervaardigingsfabrieke geteiken het. Dit volg nadat die Nasionale Bedingingsraad vir die Klerevervaardigingsbedryf ses fabrieke vir moontlike nie-nakoming geïdentifiseer het. Die Valke het ‘n 47-jarige fabriekseienaar in hegtenis geneem vir beweerde onwettige besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die fabriekseienaar is gevind met materiaal wat gebruik word om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-unifo

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


Nedbank en Transnet skik uiteindelik
Nedbank kan uiteindelik sy kopseer wat sedert die era van staatskaping voortgeduur het, agter die rug sit nadat ’n skikking met Transnet bereik is. Die bank gaan R600 miljoen opdok. Nedbank sê luidens ’n verklaring aan beleggers dat die skikking nie ’n erkenning van skuld is nie, maar om ’n uitgerekte en duur regsgeding te vermy. Netwerk24 berig dit is ’n vertroulike, volle en finale skikking tussen die partye. Die regsgeding handel oor die verskansingskontrakte wat Transnet

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025
bottom of page

