top of page

Nuus


Die Vrystaatse Valke teiken klerevervaarders
Die Valke in die Vrystaat het gister ‘n operasie uitgevoer wat ses klerevervaardigingsfabrieke geteiken het. Dit volg nadat die Nasionale Bedingingsraad vir die Klerevervaardigingsbedryf ses fabrieke vir moontlike nie-nakoming geïdentifiseer het. Die Valke het ‘n 47-jarige fabriekseienaar in hegtenis geneem vir beweerde onwettige besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die fabriekseienaar is gevind met materiaal wat gebruik word om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-unifo

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


Nedbank en Transnet skik uiteindelik
Nedbank kan uiteindelik sy kopseer wat sedert die era van staatskaping voortgeduur het, agter die rug sit nadat ’n skikking met Transnet bereik is. Die bank gaan R600 miljoen opdok. Nedbank sê luidens ’n verklaring aan beleggers dat die skikking nie ’n erkenning van skuld is nie, maar om ’n uitgerekte en duur regsgeding te vermy. Netwerk24 berig dit is ’n vertroulike, volle en finale skikking tussen die partye. Die regsgeding handel oor die verskansingskontrakte wat Transnet

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


Cosatu waarsku politici om nie spanning met die VSA vir publisiteit te gebruik nie
Cosatu sê politici moet vermy om publisiteit te soek oor spanning met die VSA. Die vakbondfederasie sê die Presidensie moet voortgaan om pogings te lei om hierdie spanning aan te spreek. Rosestad-nuus het vroeër berig Amerikaanse president Donald Trump sê Suid-Afrika sal nie na volgende jaar se G20-beraad genooi word nie. Dit het veroorsaak dat die spanning tussen die VSA en Suid-Afrika weier om te bedaar. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die verhouding

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


'n Jong Bloemfonteinse joernalis palm 'n gesogte streekstitel in
'n Jong joernalis van Bloemfontein het met die louere weggestap as die streekwenner vir jong joernaliste in die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Limpopo in die 2025 Vodacom-kompetisie vir joernaliste. Netwerk24 berig Liza-May Pieters het onder meer berig oor die beweerde toesmeer van mediese nalatigheid by die Pelonomi-hospitaal, asook die gru-ongeluk waarin drie kinders vroeër vanjaar in ’n botsing buite Bloemfontein gesterf het. Pieters, wat ook vir Netwerk24 werk, se vers

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


'n Vrystaatse man is agter tralies nadat hy 'n minderjarige swanger maak
’n Man van Kroonstad wat ’n minderjarige meisie verkrag en swanger gemaak het, is vandeesweek in die streekhof tot ses jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Volgens 'n polisieverklaring kom die 35-jarige man se vonnis ná ’n voorval in September verlede jaar toe hy die 15-jarige slagoffer in sy blyplek in Constantia Park, Maokeng, verkrag het. Polisiewoordvoerder, sers. Mahlomola Kareli, sê die man was haar kêrel. Hy het glo die deur gesluit en geëis om seksu

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


Suid-Afrika het ‘n hoë aantal ondervoede kinders
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Nokuzola Tolashe, het kommer uitgespreek oor die hoë koers van kinderondervoeding in Suid-Afrika. Tolashe het Woensdag die hooftoespraak by die Nasionale Loterykommissie se Indaba in Boksburg gelewer. Sy sê die toename in gevalle van kinderondervoeding in sommige dele van die land is kommerwekkend. Tolashe sê die situasie vereis dringende aandag. LUISTER: Ter illustrasie. FOTO: ChatGPT

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


Vrystaat-reën bring verligting én uitdagings
Groot dele van die Noord- en Oos-Vrystaat het in November deurdringende reën ontvang wat verligting en uitdagings bring. Bloemnuus berig volgens Vrystaat Landbou se verteenwoordiger vir die Bethlehem-distrik, Hendrik Knobel, het dit vanjaar beduidend meer in Oktober en November gereën as verlede jaar. Dit ná ‘n bo-gemiddelde nat Januarie tot April, en weer ‘n bogemiddelde nat Junie tot Julie. Hy sê die oorvloedige reën laat die plantseisoen stadiger vorder, al het vroeë plan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


BKS: Alle beeste in SA sal ingeënt word
Die regering het aangekondig dat alle beeste in die land teen bek-en-klouseer (BKS) ingeënt sal word. Talle boere is in verskeie uitbrake die jaar geraak. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het aan die African Farmers’ Association of South Africa Leadership and Partnership Conference gesê dat daar ‘n volledige inenting teen die siekte sal wees. Die inentingsveldtog sal in Februarie 2026 begin. Volgens die Departement van Landbou bly die grootste enkele risiko vir di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Suid-Afrika sal nie na die volgende G20-beraad genooi word nie
Die Amerikaanse president Donald Trump sê Suid-Afrika sal nie na volgende jaar se G20-beraad genooi word nie. SABC News berig die Verenigde State het nie vanjaar se beraad in Johannesburg bygewoon het nie omdat die Suid-Afrikaanse regering, volgens Trump, weier om die verskriklike menseregteskendings wat deur Afrikaners verduur word, te erken of aan te spreek. Hy voeg by Suid-Afrika het geweier om die G20-presidentskap aan 'n senior verteenwoordiger van die Amerikaanse ambas

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


‘n Bloemfontein-akademie dink ‘buite die kraal’
Die Internasional Agricultural Academy for Africa (i3A) in Bloemfontein en die Ba Isago-Universiteit van Botswana dink buite die kraal om Afrika se landbou-uitdagings aan te pak. Netwerk24 berig ‘n ooreenkoms om die eerste private Baccalaureusgraad in landbou in Suider-Afrika aan te bied, is onderteken. Die graad stel studente in staat om plaasbestuurders, tegniese verkoopadviseurs asook onder andere primere veeprodusente of landbou-verkoopsverteenwoordigers te word. Student

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Huldeblyke stroom in vir Matt Stern
Huldeblyke stroom in vir die Suid-Afrikaanse akteur Matt Stern wat in die ouderdom van 54 jaar oorlede is. Hy is veral bekend vir sy rolle in onder meer Molly en Wors asook Binnelanders. Maroela Media berig Stern is met ʼn lekkende hartklep gebore en moes later in sy lewe ʼn hartklep-operasie ondergaan. Hy is onlangs gehospitaliseer weens komplikasies met sy hartklep, waarna sy toestand onverwags verswak het. Stern, gebore Smit, het ʼn lang loopbaan as akteur gehad wat oor meer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Behuisingsteikens in die Vrystaat word herhaaldelik gemis
’n Nuwe verslag wys op ernstige tekortkominge in die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings, waar belangrike behuisingsteikens herhaaldelik gemis is. Die departement het slegs 32% van hul 2024–2025 teikens bereik, met net 573 van die beplande meer as tweeduisend Breaking New Ground-huise voltooi. Daar is ook geen vordering met titelaktes nie. Oorsigbesoeke toon projekte wat al jare vertraag is, bouwerk wat stilstaan, verkrygingsprobleme en kontrakteur-kwessies. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Motoriste staar hoër brandstofpryse in die gesig
Daar word verwag dat motoriste Desember hoër brandstofpryse in die gesig sal staar. Die jongste data van die Sentrale Energiefonds dui op prysstygings vir beide petrol en diesel. Die prys van petrol kan met tussen 19 en 42 sent per liter styg, terwyl diesel ‘n skerper styging van 72 tot 89 sent per liter kan ervaar. Motoriste word aangemoedig om hoër brandstofkoste in ag te neem vir hul reisplanne die komende vakansietydperk. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Nie eers ‘n kwart van die land se bevolking vertrou die polisie nie
Navorsing van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het aan die lig gebring dat die publiek se vertroue in wetstoepassing steeds afneem namate wydverspreide korrupsie voortduur. Die jongste verslag toon dat slegs 22% van Suid-Afrikaners die polisie vertrou. Die ISS sê die probleme is kompleks en te wyte aan die betrokkenheid van senior polisiebeamptes, wat ‘n diep vernietigende impak op die organisatoriese kultuur het. Dit sluit in algemene omkopery, verspreide pogings tee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Klein besighede het ‘n krisis op hande
Daar is kommer oor die krisis waarmee klein besighede in die land te kampe het. Lede van die parlement se Portefeuljekomitee oor Kleinsake-ontwikkeling het ‘n inligtingsessie van die Buro vir Marknavorsing van die Universiteit van Suid-Afrika ontvang. Die buro waarsku dat een uit elke 10 klein besighede in die land onmiddellike sluiting in die gesig staar. Dit is as gevolg van uitdagings wat ‘n gebrek aan finansiering en logistiek insluit. Hierdie besighede staar ook onnodige

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Walmart maak plaaslik sy deure oop
Net meer as 10 weke nadat dit aangekondig is, het Walmart sy deure in Suid-Afrika oopgemaak. Duisende nuuskierige verbruikers het by die Clearwater Mall in Roodepoort in Gauteng saamgedrom om deel van dié historiese oomblik te wees. Maroela Media berig die die winkelbestuurder, Onicca Mothapo, sê hulle is ongelooflik trots daarop dat die Walmart Clearwater-winkel 80 nuwe werkgeleenthede geskep het. 'n Totaal van 15 klein- en mediumgrootte verskaffers sal ook hierdeur onderste

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 26, 2025


'n Petisie is begin teen 'n pretpark op Naval Hill
'n Petisie is van stapel gestuur teen die oprig van 'n pretpark op Naval Hill in Bloemfontein. Netwerk24 berig die Friends of Franklin het die petisie begin, waarin formeel beswaar teen die Mangaung-metro se voorneme aangeteken word om die Franklin-natuurreservaat te verkoop of verhuur vir die ontwikkeling van ’n pretpark. Volgens die petisie is die munisipaliteit, in ooreenstemming met nasionale wetgewing, verplig om die gebied uitsluitlik vir bewaring te bestuur. Die metro

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 26, 2025


'n Vrystater is as vragmotorbestuurder van die jaar aangewys
'n Jong man van Botshabelo is as die Shoprite Groep 2025 se Vragmotorbestuurder van die Jaar aangewys. Nova News berig die gesogte toekenning word al vir 13 jaar aan vragmotorbestuurders van dié groep gemaak. Te danke aan Sandile Sitsholwana se vermoë om deurentyd hoë standaarde van padveiligheid te handhaaf en veilige aflewerings te doen, is hy as die wenner tussen meer as 1600 vragmotorbestuurders in Suid-Afrika en buurlande aangewys. Die 13 finaliste is op hul teoretiese k

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 26, 2025


Die nuutgeboude Borwa-kliniek open in Tweespruit
Die nuutgeboude Borwa-kliniek in Tweespruit in die Vrystaat is amptelik geopen. Die adjunkminister van gesondheid, dokter Joe Phaahla, het die kliniek aan die premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae, en die LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, oorhandig. Die moderne kliniek, wat in Julie voltooi is, is daarop gemik om gesondheidsorgdienste vir die Tweespruit-gemeenskap te verbeter. Dit is deel van voortgesette pogings deur die regering om gesondheidsinfrastruktuur

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 26, 2025


Liebenberg sê daar is geen Bybels in die tronk nie
Die vermeende diamantbedrieër Louis Liebenberg het weer sy mond uitgespoel – dié keer oor daar geen Bybels in die tronk is nie. In dieselfde relaas het hy ook sy toegewydheid aan sy vrou, Dezzi, oudpres. Jacob Zuma en sy woede teen die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, uitgespreek. Netwerk24 berig die Liebenenbergs en ses van hul sewe medebeskuldigdes het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn in verband met die beweerde diamantpakki

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 26, 2025


Water moet 'n nasionale prioriteit wees
Adjunkpresident Paul Mashatile het ’n veelvlakkige plan bekendgestel om Suid-Afrika se munisipale waterkrisis aan te spreek. Hy het ’n afname in munisipale waterkapasiteit genoem, met nasionale betroubaarheid van 68% en verswakkende waterkwaliteit in 60% van stelsels. Die regering belê in infrastruktuur, openbare-private vennootskappe soos die Olifantsrivier-model en gemengde finansieringsprojekte om grootmaatwater te verseker. Mashatile het ook gemeenskappe opgeroep om korru

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 26, 2025


Groenewald kry ‘n loesing oor sy lyfstraf-debat
Die minister van korrektiewe dienste se voorstel dat die debat oor lyfstraf heropen word kry die wind van voor. Die Burger berig Pieter Groenewald se oplossing om die oorbevolkingskrisis in die tronke te help oplos is Dinsdag in die parlement as ongrondwetlik en onwettig bestempel. Volgens Groenewald het hy met die voorstel aanvanklik net bedoel dat hy graag die debat wou heropoen om veral die publiek se mening daaroor te kry. Hy voel daar moet gepraat word oor lyfstraf - v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Opruiende plakkate weerspieël nie die UV se waardes nie
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het hulle onomwonde van aanstootlike en opruiende taal wat op sommige protesplakkate uitgebasuin is, gedistansieer. Van die plakkate het slagspreke soos ‘alle mans moet sterf en ‘al wat ons nodig het, is dat mans ons uitlos’ ingesluit. Maroele Media berig die boodskappe spruit oënskynlik uit sommige van die studente se menings oor geslagsgebaseerde geweld. Die UV sê in ʼn verklaring die sienings en boodskappe weerspieël nie die universit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Drukmedia staan sy man
In ’n era waar talle Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, het Novus Media aangekondig dat ’n nuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier , op 6 Maart 2026 bekendgestel sal word. Hierdie inisiatief volg op die skielike sluiting van toonaangewende Afrikaanse titels verlede jaar. Die aankondiging bring nuwe hoop vir Afrikaanse joernalistiek en spreek ’n duidelike leemte in die drukmedia aan. Die weekblad sal bestuur word deur die ervare joernalis en voormalige Beeld-re

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025
bottom of page

