top of page

Nuus


Argentinië se president gaan glo ook nie die G20 bywoon nie
Die president van Argentinië, Javier Milei, het aangedui dat hy glo ook besluit het om die G20-leiersberaad later hierdie maand in Johannesburg te boikot. Volgens ʼn Argentynse nuuswebwerf is dit om te bewys dat Argentinië se optrede ooreenstem met die beleid van die VSA. President Donald Trump het vroeër die maand gesê dat nie hy of enige Amerikaanse amptenaar die geleentheid in Suid-Afrika sal bywoon nie. Die stap is nog nie deur die Suid-Afrikaanse regering bevestig nie en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Bloemfonteiners ontvang eersdaags etlike maande se medikasie in een besoek
Met die bekendstelling van die 6-maandelikse uitreiking gesondheidsorgstrategie, sal stabiele Bloemfontein-pasiënte 'n voorraad medikasie vir etlike maande in 'n enkele besoek ontvang. Dit in plaas van maandelikse hervullings. Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse gesondheidsdepartement sal die benadering die aantal kliniekebesoeke verminder. Dit sal dit ook makliker maak vir pasiente om hul behandeling na te kom terwyl dit die werklas op gesondheidsfasiliteite verlig

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


DNS-pionier James Watson is oorlede
Die Amerikaanse nobelpryswenner, James Watson is in die ouderdom van 97 oorlede. Watson was een van die mede-ontdekkers van die DNS-struktuur. BBC berig in een van die grootste deurbrake van die 20ste eeu het hy die dubbelheliksstruktuur van DNS in 1953 saam met die Britse wetenskaplike Francis Crick geïdentifiseer. Dit het die weg vir vinnige vooruitgang in molekulêre biologie gebaan. Sy dood is deur die Cold Spring Harbor Laboratory, waar hy dekades lank gewerk en nagevors

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


SALT vier twee dekades van sterrekundige ontdekkings
Afrika se grootste optiese teleskoop, die Suider Afrikaanse Groot Teleskoop, of beter bekend as SALT, vier vanjaar 20 jaar van sterrekundige ontdekkings. Die teleskoop, geleë in Sutherland in die Noord-Kaap, kan lig waarneem van sterre en sterrestelsels wat ’n miljard keer te dof vir die menslike oog is. SALT, wat in 2005 deur oudpresident Thabo Mbeki geopen is, bly een van die wêreld se kragtigste teleskope. Wetenskaplikes sê dit het Suid-Afrika as wêreldleier in sterrekunde

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Die regering moet duidelikheid gee oor belastingkrediete
Die Raad van Gesondheidsfinansiers sê hulle hoop dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, duidelikheid sal gee oor die regering se plan vir mediesefondsbelastingkrediete. Die groep vrees dat die krediete verwyder sal word om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te finansier. Godongwana sal Woensdag die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring lewer. Die Raad van Gesondheidsfinansiers vra vir duidelikheid oor die Nasionale Tesourie se planne om mediese belasting

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


ʼn Korrupte NVG hou ʼn bedreiging vir Suid-Afrika se grondwet in
ʼn Korrupte Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hou ʼn bedreiging vir Suid-Afrika se grondwet in. So sê die EFF-leier, Julius Malema. Dit volg nadat die NVG-hoofadvokaat Shamila Batohi onthul het dat ondersoeke aan die gang is na ʼn NVG-aanklaer wat daarvan beskuldig word dat hy by georganiseerde misdaad betrokke is. Batohi het voor die parlement se ad hoc-komitee verskyn wat polisiekorrupsie ondersoek. Sy het egter geweier om die aanklaer se naam te noem. Malema sê indien Bato

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Bouwerk aan 'n geheime Chinese projek by De Brug begin glo vroeg volgende jaar
Bouwerk aan Projek Zingisa op die De Brug-weermagbasis buite Bloemfontein, waarby China glo in die geheim betrokke is, sal vroeg in 2026 begin. Rosestad-nuus het vroeër berig dat die projek “intern en vertroulik” gehanteer word. Daar is aan Netwerk24 gesê die opknapping van die mobilisasiesentrum op De Brug sal minder as R500 miljoen kos, maar die spesifieke bedrag is nie gegee nie. DA-LP Chris Hattingh sê in 'n verklaring die party is bekommerd oor die “ernstige skending” va

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


Sarkozy is voëlvry ná net drie weke in die tronk
Die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, is uit ‘n tronk in Parys vrygelaat, slegs drie weke ná sy vyf jaar tronkstraf begin uitdien het. Die 70-jarige het Maandag virtueel voor ‘n hof verskyn wat sy vroeë vrylating toegestaan het. Hy is verlede maand gevonnis vir sameswering om sy 2007-verkiesingsveldtog te befonds met geld van die oorlede Libiese diktator Muammar Gaddafi. Sy regspan het onmiddellik ‘n versoek ingedien om sy vrylating. Die BBC berig dat Sarkozy onde

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


NSFAS kry 'n nuwe voorsitter
Die minister van hoër onderwys en opleiding, Buti Manamela, het Mugwena Maluleke as die waarnemende voorsitter vir die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) aangestel. Dit kom nadat Karen Stander as voorsitter weens ʼn “toksiese werksomgewing gekenmerk deur rassisme, afknouery en intimidasie" bedank het. Stander het in haar bedankingsbrief aan Manamela onder meer gesê dat sy nie meer haar pligte “effektief en met goeie gewete” kon nakom nie as gevolg

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


'n Bekende Bybel-toep vier een miljard installasies
Die Bybel-toep YouVersion vier hierdie maand een miljard installasies. Hierdie mylpaal kom tydens ‘n rekordjaar vir Bybelbetrokkenheid, met YouVersion se globale toep-installasies wat met meer as 12% jaar-op-jaar gestyg het. Daaglikse gebruik groei selfs vinniger, met ‘n toename van 18% teenoor verlede jaar. Die YouVersion-familie van toeps, wat in elke land wêreldwyd gebruik word, sien ook een miljard toep-openings elke 39 dae, wat die groeiende betrokkenheid van sy globale

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


Die vermiste Glen-seuntjie se ma glo die ontvoering is uit wraak
Die ma van die vermiste vyfjarige seuntjie van Glen buite Bloemfontein glo haar kind is deur ’n familielid uit wraak ontvoer. Dit kom nadat haar man, Kholisiwe Jonas, na bewering die driejarige Katleho Joy Leeuw verkrag en vermoor het. Die vermiste seuntjie, Onkarabetse Leeuw, is Saterdag omstreeks 16:00 laas gesien. Netwerk24 berig sy ma, Rethabile Leeuw, sê voor haar seun se verdwyning het iemand in die familie aan haar gesê dit is onregverdig dat sy nog haar twee kinders h

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


TLU SA is ongelukkig oor die voorgestelde wapenwet
Die landbou-organisasie TLU SA het sy misnoë uitgespreek oor die voorgestelde wysigingswet op wapenbeheer van 2025. Die organisasie sê dat terwyl dit stappe teen onwettige wapens ondersteun, hierdie wysigingswet eerder wetsgehoorsame wapen-eienaars wil straf. TLU SA waarsku dat die nuwe voorsiening die reg tot selfverdediging beperk, en stel veral landelike gemeenskappe in gevaar. Die algemene bestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, sê misdaadbeheer behoort op onwettige wapens

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


Mans en vroue word tydens Herdenkingsdag vereer
Regoor die wêreld word mans en vroue wat in oorloë gedien, asook die wat hul lewe tydens die uitvoer van hul pligte verloor het, op Herdenkingsdag vereer. Rising Sun berig dié dag word sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918 op 11 November gevier. Regoor die wêreld word mense aangemoedig om papawers te dra. Geïnspireer deur die veerkragtige papawers wat na die Eerste Wêreldoorlog op die slagvelde van Vlaandere gegroei het, dien hulle as 'n herinnering aan beide

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


Bloemfontein trek glo ook voordeel uit Suid-Afrika se lening
Die Suid-Afrikaanse regering het byna R16-miljard by die Wêreldbank geleen. Dit is deel van ’n ongeveer R52.5 miljard-inisiatief om groot metro’s te help om infrastruktuur op te gradeer en dienslewering te verbeter. Die program bevoordeel agt metro’s, insluitend Johannesburg, Kaapstad en eThekwini - wat saam 85% van die land se ekonomiese aktiwiteit lewer. Die Mangaung Metro Munisipaliteit sal volgens MoneyWeb ook voordeel uit die lening trek. Newskoop berig verder volgens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


Daar was toe regtig ‘n tornado in Harrismith
Die span van Highland Farms naby Harrismith in die Oos-Vrystaat was besig om mielies op die plaas Maedersdeel te plant toe 'n tornado begin woed het. African Farming berig Ruben van Niekerk, wat saam met sy pa Jacques boer, het die tornado op video vasgevang en vinnig daarna vertrek. Intussen het die video wydverspreide aandag regoor die land getrek - met baie wat skepties was en dit KI-gegeneer genoem het. The South African berig die gebeurtenis is egter sedertdien as eg b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


New Beginnings staak alle bedrywighede
Tot verdere kennisgewing staak New Beginnings alle bedrywighede. Die Bloemfonteinse nie-winsgewende organisasie sê in ‘n plasing op sosiale media dit is nog nie eers Desember nie en hul sukkel om kop bo water te hou. Hulle voeg by hulle het siek diere wat behandeling benodig, nuwe reddingsdiere het ingekom, en byna 40 diere in hul skuiling moet nog gevoer en versorg word. Ongelukkig kan hulle, totdat hulle genoeg fondse ontvang om uit die rooi te kom, eenvoudig nie voortgaan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


‘n Man sit lewenslank vir twee verkragtingvoorvalle
'n Man is in die Bloemfonteinse streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê Tsebo Johannes Lepelesane se skuldigbevinding spruit voort uit twee afsonderlike voorvalle van seksuele geweld wat in 2015 in die Bloemfontein-gebied plaasgevind het. In een voorval is ‘n vrou oorval terwyl sy na haar woning in Rocklands gestap het. Sy het opgemerk dat die verdagte haar volg, en probeer weghardloop. Die verdagte, gewapen met ‘n mes,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


Aarto is weer uitgestel
Die instelling van die omstrede Aarto-wet is weer uitgestel – dié keer met sewe maande. Maroela Media berig die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings (Aarto) sal nou eers middel volgende jaar op 1 Julie geïmplementeer word. Volgens die Departement van Vervoer se nasionale woordvoerder het hulle onlangs ʼn assessering gedoen van die gereedheid van sommige van die munisipaliteite wat deel sou wees van die eerste implementeringsfase. Verskeie kwessies h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


‘n Bekende televisiekok se helikopter tref glo kragkabels
Die bekende televisiekok, skrywer en vlieëneropleier, Mynie Steffens, is in ‘n helikoperongeluk oorlede. Landobuweekblad berig haar helikopter het Maandag op ‘n plaas naby Patensie in die Oos-Kaap neergestort terwyl sy besig was om sitrusboorde te spuit. Die Robinson-helikoper glo kragkabels getref. Steffens is op slag oorlede. Die 43-jarige helikoptervlieënier is bekend as ‘n uithalerkok en was die mede-aanbieder van die gewilde kook- en lewenstylprogram Speel met Vuur op

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


Prasa-bestuurders word van onreëlmatige kontrakte beskuldig
Voormalige bestuurders van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) word van onreëlmatige kontrakte ter waarde van R2.8 miljardtussen 2010 en 2019 beskuldig. Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het die ondersoek in Desember 2023 voltooi, maar die verslag het vertroulik gebly tot die publikasie daarvan hierdie naweek. Die ses senior bestuurders het toesig gehou oor ‘n lang tydperk van verkrygingsonreëlmatighede. Hulle het ook kontrakte toegeken sonder om behoorlike

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


FW de Klerk-stigting verwerp Trump se leuens
Die FW de Klerk-stigting sê hulle verwerp die Amerikaanse president Donald Trump se leuens oor Suid-Afrika. Dit kom nadat Trump onlangs op sosiale media aangekondig het dat geen Amerikaanse verteenwoordigers die G20-beraad in Johannesburg later vandeesmaand sal bywoon nie weens die volksmoord van Afrikaners. Die stigting sê Suid-Afrikaners kan nie toekyk terwyl herhaalde leuens oor die land versprei word nie. Die stigting se uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê S

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 10, 2025


Interne vakatures is glo vir die nie-funksionerende Mangaung-dieretuin geadverteer
Interne vakatures is glo vir die Mangaung-dieretuin in Bloemfontein geadverteer terwyl die dieretuin, kragtens ’n hofbevel wat deur die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings verkry is, steeds gesluit is. Die metro het vroeër ’n verlies van R1,76 miljoen gely nadat van die diere nie opgespoor of hervestig kon word toe die dieretuin in 2019 gesluit is nie. 'n Totaal van 79 diere is verloor. Die dieretuin is in Desember 2019 gesluit omdat die metro nie aan al die regula

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 10, 2025


'n Bloemfonteinse polisiebeampte is glo deur 'n kollega doodgeskiet
'n Bloemfonteinse polisiebeampte is na bewering deur 'n mede-beampte doodgeskiet. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (IPID) ondersoek die skietvoorval, wat Saterdag by die Bloemspruit-polisiestasie plaasgevind het. Die verdagte en slagoffer se identiteite is nie bekend gemaak nie. Nova News berig IPID-woordvoerder Phaladi Shuping sê die beamptes was op parade, waarna die twee met 'n dienspistool besig was. Die ander beamptes het glo 'n geweerskoot gehoor, waarna di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 10, 2025


'n Sekuriteitsbeampte in die Vrystaat is vir moord in hegtenis geneem
Die polisie in die Vrystaat het ‘n man vir moord in Vredefort in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder Josephine Rani sê in 'n verklaring die verdagte is gevind waar hy na die oorledene gewys het, wat met skietwonde op die grond gelê het. Die verdagte, wat vir ‘n private sekuriteitsmaatskappy werk, het die oorledene na bewering aangekeer vir die diefstal van koper. ‘n Worsteling het ontstaan, en die verdagte het verder beweer dat die oorledene probeer het om hom te ontwapen, w

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 10, 2025
bottom of page

