top of page

Nuus


De Brug: 'Amerika sal nie gelukkig wees nie'
Die Chinese regering se betrokkenheid by die herontwerp en bou van die weermag se mobilisasiesentrum op De Brug buite Bloemfontein laat vrae ontstaan oor wat die motief daarvoor is. Verder is die betrekkinge tussen Suid-Afrika en Amerika reeds op ’n “absolute laagtepunt” en diplomatiek gesproke is die Chinese projek ook nie goed daarvoor nie. Netwerk24 berig 'n kenner van die internasionale politiek verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), Theo Neethling, sê dit i

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


Glen-kinders: Klein Onkarabetse se liggaam is gevind
Die lewelose liggaam van die vyfjarige Onkarabetse Leeu is gevind. Rosestad-nuus het vroeër berig die seuntjie is Saterdag deur sy ma as vermis aangemeld. Volgens 'n polisieverklaring van luitenant-kolonel Thabo Covane is hy Woensdag onder 'n kartondoos in digte bosse by die suidelike wyke van die Glen-lokasie gekry. 'n Saak van moord en ontvoering is by die Glen-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie het ook Onkarabetse se 29-jarige tannie in hegtenis geneem, en sy sal

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


Die wêreld staan saam om 'n oud-Bloemfonteinse radiopersoonlikheid te help
'n Oud-Bloemfonteiner en bekende radiopersoonlikheid, Jaco de Wet, sê die ondersteuning wat hy en sy familie plaaslik en van regoor die wêreld kry, is ongelooflik. De Wet se kleindogter, Mia, is in China gebore en onlangs met Krabbe-siekte gediagnoseer. Dit is 'n seldsame genetiese opbergingsversteuring. Daar is geen kuur vir die siekte nie, maar daar is hoop in die vorm van ‘n stamseloorplanting. Volgens De Wet sal die prosedure die groei van die siekte vertraag en Mia ‘n ka

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


'n Ontbinde liggaam is in die Vrystaat gevind
Die ontbinde liggaam van 'n halfnaakte vrou is naby Welkom in die Vrystaat gevind. Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê in 'n verklaring 'n saak van moord en moontlik verkragting word ondersoek. Die polisie is op 8 November na 'n veld naby Sandania ontbied, waar die vrou se liggaam gevind is. Die vrou is vermoedelik in haar laat 20s, met 'n tattoeërmerk op haar linkerbors. Die motief vir die beweerde moord is onbekend, en die ondersoek duur voort. Ter illustrasie.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


Die DA en die SAKP sit nie om dieselfde vuur oor die mini-begroting
Die DA sê die 2025 mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring dui op ’n positiewe stap vir Suid-Afrika se openbare finansies. Die DA-woordvoerder vir finansies, Mark Burke, beklemtoon dat staatskuld vanjaar stabiliseer en ’n kleiner-as-verwagte tekort vordering toon. Die eerste tekens van ’n bestedingsoorsig kan R6,7 miljard bespaar, terwyl byna 9 000 gevalle van spookwerkers geïdentifiseer is. Die begroting ondersteun ook gerigte besteding aan digitalisering en vroeë kinderontw

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


Korrupsie en bedrog kos die verdedigingsdepartement miljarde rande
Korrupsie, bedrog en finansiële wanbestuur, wat miljarde rande beloop, is in die Departement van Verdediging en Militêre Veterane blootgelê. The Citizen berig die spesiale ondersoekeenheid se hoofadvokaat, Andy Mothibi, het aan die parlement gesê dat die korrupsie-ontdekkingseenheid diepgewortelde korrupsie, wanadministrasie, sowel as finansiële wanbestuur regoor die verdedigingsportefeulje ontdek het. Die ondersoeke sluit in onreëlmatige sagteware-transaksies, opgeblaasde Co

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Die Hugenoot-tonnel sluit snags
Om na die brandvoorval kritieke permanente herstelwerk te doen, sal die Hugenoot-tonnel met tye gesluit wees. Luidens ‘n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is noodherstelwerk reeds verlede maand voltooi, en is die tonnel veilig. Die tonnel sal vir die res van November elke Dinsdag-, Woensdag- en Donderdagaand - van nege-uur die aand tot ses-uur die oggend vir verkeer gesluit wees. Na beraming sal minder as 10% van die tonnelverkeer deur hi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Die G20-beraad sal met of sonder die VSA voortgaan
Volgens President Cyril Ramaphosa sal die Verenigde State se besluit om die komende G20-beraad in Johannesburg te boikot, nie keer dat die beraad voortgaan nie. Washington se stap volg ná meningsverskille met Pretoria oor die beraad se agenda, wat die VSA as teen-Amerikaans beskryf het. Die beraad, wat op 22 en 23 November plaasvind, is die eerste wat op Afrika-bodem gehou word. Ramaphosa sê die VSA se afwesigheid is hulle verlies en dat belangrike wêreldbesluite steeds genee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Helpende Hand pak skooltasse vol skryfbehoeftes én ‘n Bybel
Om behoeftige gr. 1-leerders te help, het vrywilligers van Solidariteit Helpende hand altesaam 140 skoolstasse vol skryfbehoeftes en ‘n Bybel gepak. Maroela Media berig die skooltasse vorm deel van die 2 000 Skooltassies-projek. Skryfbehoeftes soos ʼn skêr, gom en inkleurkryte gee die kinders akademiese vlerke en bevorder selfvertroue. Dit terwyl die Bybel as ʼn grondslag vir hoop, waardes en karaktervorming dien. Streekorganiseerder van die Groter Centurion-streek, Liani Louw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Oorbevolking by ‘n Vrystaatse natuurreservaat bedreig diere se welstand
Die oorbevolking van wildspesies by die Vrystaatse Wolhuterskop-natuurreservaat buite Bethlehem bedreig nie net die welstand van die diere nie, maar ook die biodiversiteit. VrystaatKroon berig volgens die huidige wildtelling, wat deur SANParke gedoen is, oorskry die reservaat se wildbevolking die ekologiese dravermoë met 150%. Die ekologiese balans is in gevaar, en daarom is ‘n aanbeveling gemaak dat 1 200 blesbokke en 40 elande verwyder moet word. Die Dihlabeng-munisipalite

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Vroeë reën is ‘n bekommer vir ‘n Bloemfonteinse mielieboer
’n Mielieboer in Bloemfontein het sy kommer oor die onlangse vroeë reën uitgespreek. Volgens Laurens Schlebusch is die vroeë reën is nie bevorderlik vir die aanplant van mielies nie. SABC News berig volgens Schlebusch is die vroeë reën ’n teken dat die provinsie mid-somer droogte kan ervaar wat nadelig vir mieliegroei kan wees. Hy sê die Vrystaat het swaar reën in die oostelike dele ervaar. Schlebusch het egter tevredenheid uitgespreek met die reën, aangesien hulle kan werk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Die regering kan miljarde bespaar
Die regering kan R6.7 miljard bespaar deur lae-prioriteit of onderpresterende programme oor die mediumtermyn te verwyder. Dit volgens die minister van Finansies, Enoch Godongwana. Godongwana sê die Gerigte en Verantwoordelike Besparingsinisiatief identifiseer sistematies duplisering, elimineer vermorsing én herorganiseer programme om waarde vir geld te lewer. Volgens die minister is die uitskakeling van vermorsing en ondoeltreffendheid in die regering ononderhandelbaar as hul

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Vodacom en Starlink bereik ‘n ooreenkoms
Die Vodacom-groep het ‘n ooreenkoms met Elon Musk se satellietbreëbandverskaffer, Starlink, aangekondig. Vodacom sê dat hulle daarop gemik is om hoëspoed-breëbandinternet met lae spoedvertraging aan miljoene besighede regoor Afrika te lewer en landelike netwerkdekking uit te brei. Hulle voeg by die integrasie van Starlink se satelliet-terugvoer in Vodacom se mobiele netwerk sal die uitbreiding van netwerkdekking versnel terwyl dit netwerkprestasie in landelike gebiede verhoog

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Inwoners van Delhi word aangemoedig om binnenshuis te bly
Dokters in Indië het inwoners, veral kinders en ouer mense in Delhi aangeraai om, tensy dit absoluut noodsaaklik is, nie buitentoe te gaan nie. Dit kom nadat die luggehalte in die hoofstad tot ernstige vlakke versleg het. Volgens die owerhede kan die besoedeling gesonde individue aantas en diegene met bestaande siektes ernstig beïnvloed. Skole is gevra om hibriede klasse vir laerskoolleerders aan te bied, en nie-noodsaaklike konstruksieaktiwiteite is nou verbied. Ter illu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Die hemele kan dalk 'n ligskou lewer
Suid-Afrikaners gaan Woensdagaand die geleentheid kry om dalk die Aurora Australis te besigtig. Dit aangesien die eerste van drie voorspelde sonstorms die aarde Dinsdag begin tref het. Weens die energie van die deeltjies in die boonste atmosfeer kan die hemele in die suidelike halfrond moontlik skouspelagtig verlig word. Volgens Cape Town Etc kan inwoners tot in die Vrystaat moontlik die ligvertoning sien. Kenners raai aan dat jy jou kamera en 'n bietjie geduld saam bring. FO

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025


Die regering hersien die inflasieteiken na drie persent
Die regering het besluit om Suid-Afrika se inflasieteiken tot 3% te verlaag, met ‘n toleransieband van een persentasiepunt. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die aankondiging Woensdag gemaak met die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring. Hy sê dit sal die lewenskoste en leenkoste vir huishoudings, besighede en die regering verminder, wat hoër langtermyn ekonomiese groei en werkskepping sal ondersteun. Godongwana sê die toleransieband van een persentasiepunt

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025


Die Menseregtekommissie vra dat die regering aandag skenk aan skole
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het die Departement van Basiese Onderwys gevra om dringend die sistemiese probleme in openbare skole aan te spreek. Die kommissie het Woensdag sy Toestand van Skole-verslag bekendgestel. Die kommissie sê dat ’n opname van 150 skole in al nege provinsies ernstige gebreke in infrastruktuur, swak sanitasie en ongelyke toegang tot kwaliteit onderwys blootgelê het. Kommissaris Tshepo Madlingozi sê die verslag is ’n oproep tot aksie en nie ie

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025


'n Oud-Bloemfonteiner lei nou 'n Nieu-Seelandse universiteit
ʼn Voormalige akademikus aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein, Pierre Venter, is as die nuwe visekanselier van die Massey Universiteit in Nieu-Seeland aangewys. Volgens Maroela Media is die instelling wêreldwyd bekend vir sy sterk fokus op landbou, wetenskap en innovasie. Venter was vir jare die direkteur van navorsing en ontwikkeling by die suiwelreus Fonterra. Hier het hy ʼn groot strategiese portefeulje gelei en sy span het verskeie internasiona

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025


Die Vrystaat se oudste huis kry nuwe lewe
Die oudste huis in die Vrystaat word tans gerestoureer deur die familie van die Franse sendeling wat dié huis in 1832 gebou het. Jean Pierre Pellissier, ’n sendeling van Parys in Frankryk, het dié huis in Bethulie in 1832 gebou. Die Pellissier-woonbuurt in Bloemfontein is ook na die familie genoem. Vanaf 1972 is die huis as dorpsmuseum gebruik, maar toe die Vrystaatse regering in 2015 dit nie meer in stand kon hou nie, is dit aan die Pellissier-familie terugverkoop. Netwerk24

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025


‘n Man sit lewenslank vir twee verkragtingvoorvalle
'n Man is in die Bloemfonteinse streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê Tsebo Johannes Lepelesane se skuldigbevinding spruit voort uit twee afsonderlike voorvalle van seksuele geweld wat in 2015 in die Bloemfontein-gebied plaasgevind het. In een voorval is ‘n vrou oorval terwyl sy na haar woning in Rocklands gestap het. Sy het opgemerk dat die verdagte haar volg, en probeer weghardloop. Die verdagte, gewapen met ‘n mes,

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025


Suid-Afrika se werkloosheidsyfer daal
Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal tot 31.9% gedaal. Dit is minder as die 33.7% van die vorige kwartaal. Die jongste data van Statistieke Suid-Afrika toon dat 17.1 miljoen mense nou in diens is, maar ongeveer 8 miljoen is steeds werkloos. Die Statistikus-generaal het die syfers Dinsdadg vrygestel, en voeg by hoewel die afname positief is, bly werkloosheid een van die land se mees volgehoue ekonomiese uitdagings. Intussen sê die Good-party Suid-Afrika

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Argentinië se president gaan glo ook nie die G20 bywoon nie
Die president van Argentinië, Javier Milei, het aangedui dat hy glo ook besluit het om die G20-leiersberaad later hierdie maand in Johannesburg te boikot. Volgens ʼn Argentynse nuuswebwerf is dit om te bewys dat Argentinië se optrede ooreenstem met die beleid van die VSA. President Donald Trump het vroeër die maand gesê dat nie hy of enige Amerikaanse amptenaar die geleentheid in Suid-Afrika sal bywoon nie. Die stap is nog nie deur die Suid-Afrikaanse regering bevestig nie en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Bloemfonteiners ontvang eersdaags etlike maande se medikasie in een besoek
Met die bekendstelling van die 6-maandelikse uitreiking gesondheidsorgstrategie, sal stabiele Bloemfontein-pasiënte 'n voorraad medikasie vir etlike maande in 'n enkele besoek ontvang. Dit in plaas van maandelikse hervullings. Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse gesondheidsdepartement sal die benadering die aantal kliniekebesoeke verminder. Dit sal dit ook makliker maak vir pasiente om hul behandeling na te kom terwyl dit die werklas op gesondheidsfasiliteite verlig

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


DNS-pionier James Watson is oorlede
Die Amerikaanse nobelpryswenner, James Watson is in die ouderdom van 97 oorlede. Watson was een van die mede-ontdekkers van die DNS-struktuur. BBC berig in een van die grootste deurbrake van die 20ste eeu het hy die dubbelheliksstruktuur van DNS in 1953 saam met die Britse wetenskaplike Francis Crick geïdentifiseer. Dit het die weg vir vinnige vooruitgang in molekulêre biologie gebaan. Sy dood is deur die Cold Spring Harbor Laboratory, waar hy dekades lank gewerk en nagevors

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025
bottom of page

