top of page

Nuus


Opperman se vermeende moordenaar bly in aanhouding
Eertydse regimen-sersant-majoor, Albertus Opperman, se vermeende moordenaar sal na verwagting weer in Desember in die Bloemfontein landdroshof verskyn. Volgens Netwerk24 is die verdagte se borgtog vroeër suksesvol teengestaan, en hy bly in aanhouding. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag sê dit is om tyd te gun vir ‘n belissing deur die direkteur van openbare vervolgens (DOV). Die woordvoerder voeg by is daar verskeie kwessies wat in die dossier vervat is waarv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Daar kom dalk verligting vir huiseienaars
Daar kom dalk binnekort verligting vir huiseienaars, met ekonome wat nóg ’n 25-basispunt-renteverlaging vir November verwag. Dit beteken dat, saam met vorige verlagings sedert November verlede jaar, die gemiddelde maandelikse verbandbetaling met sowat eenduisend-438 rand sal verminder. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het reeds rentekoerse met 125 basispunte die afgelope jaar gesny. Dit kan voortgaan as inflasie stabiel tussen 2.7 en 3.3% bly. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Rowers slaan wéér op winkel in Westdene toe
Gewapende mans het die Talk2Me Vodacom-winkel in Pres. Steynstraat, Westdene, beroof. Volgens winkeleienaar, Gerda le Roux, is dit die vyfde keer dat haar winkel beroof word. Bloemnuus berig drie vroue is na die kombuis geneem waar hulle hande met kabelbinders vasgebind is. Le Roux wat in haar kantoor langs die winkel gesit het, het alles sien gebeur en die paniekknoppie gedruk. Volgens haar het die winkel heelwat voorraad vir hul Black-Friday-aanbiedinge gehad. Die rowers h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Die hoof van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie ontvang ‘n doodsdreigement
Die hoof van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie, advokaat Andrea Johnson, sê sy het ‘n doodsdreigement direk op haar selfoon ontvang. Johnson het Donderdag voor die parlement se ad hoc-komitee verskyn wat polisiekorrupsie ondersoek. Sy sê die dreigement het gekom nadat haar eenheid die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, in hegtenis geneem het in verband met beweerde onwettige senior aanstellings. Johnson sê die dreigement het haar en haar

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 7, 2025


Neushoringvoëls word ook nou die teiken van onwettige dierehandel
Neushoringvoëls word ook nou die teiken van onwettige dierehandel en -smokkelary. Volgens Maroela Media blyk dit uit 'n onlangse internasionale verslag. Handel sluit in lewende voëls, skedels en vere, en dit word van verskeie dele van Afrika uitgevoer. In die verslag waarsku wetenskaplikes dat hierdie handel verskeie spesies moontlik tot uitwissing kan dryf. Private speurder en eienaar van Specialised Security Services (SSS), Mike Bolhuis, sê Suid-Afrika is die tuiste van ver

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 7, 2025


'n Boer lok glo kinderoppassers om hulle te bedwelm en verkrag
'n Boer van Aberdeen in die Oos-Kaap word daarvan beskuldig dat hy van 2020 tot 2023 werksgeleenthede aan jong vroue uit moeilike maatskaplike omstandighede aangebied het, net om hulle glo te bedwelm en seksueel aan te rand. Netwerk24 berig die vroue kon óf nie die seksdade onthou nie óf hulle was nie in staat om dit te keer nie. Die beskuldigde, Louis Lategan, het glo aan die vroue gesê hulle wóú seks gehad het wanneer hulle die volgende oggend naak in sy bed wakker word. Vi

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 7, 2025


Watersekerheid in Suid-Afrika is onder bedreiging
Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake se jongste verslag oor plaaslike regering bevestig dat meeste munisipaliteite in die land bankrot is en nie basiese water- en sanitasiedienste kan lewer nie. Volgens die verslag styg skuld aan Eskom en waterrade, infrastruktuur verval, en kontantvloei bly ’n krisis. AfriForum se hoof van omgewingsake, Lambert de Klerk, sê dit is kommerwekkend aangesien groot hoeveelhede geld

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 7, 2025


Bestuurslisensies is dalk binnekort digitaal
Suid-Afrikaners kan binnekort hul fisiese plastiekbestuurslisensiekaart met ‘n digitale een vervang. Die Presidensie se Digitale Dienseenheid het na bewering reeds in net drie maande ‘n werkende digitale bestuurslisensie ontwikkel, hoewel dit steeds getoets word. Sodra dit bekendgestel is, sal aansoekers hul bestuurslisensie volledig deur ‘n enkele mobiele toepassing kan aansoek doen, hul identiteit verifieer, betaal en stoor. Business Tech berig dat die skuif volg op toeneme

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 7, 2025


'n Ambassadeur dros uit 'n Brusselse vergadering
Suid-Afrika se ambassadeur in Duitsland, Stone Sizani, het glo sonder om verskoning te maak weggebly van ʼn oorsigsessie in Brussel. Die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking het sy ernstige kommer hieroor uitgespreek. Die voorsitter van hierdie komitee, Supra Mahumapelo, sê hulle beskou dit as ʼn geleentheid wat Sizani misgeloop het om op opbouende wyse met die parlement te vergader en verslag te doen oor hoe sy werk in Duitsland bydra tot die bevord

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 7, 2025


Koeberg Kernkragstasie verseker 20-jaar lisensieverlenging
Eskom het aangekondig dat die Nasionale Kern-reguleerder ‘n 20-jaar lisensieverlenging vir Koeberg Kernkragstasie Eenheid 2 goedgekeur het, wat voortgesette bedryf tot 9 November 2045 moontlik maak. Dit volg op Eskom se suksesvolle en omvattende aansoek. Die kragverskaffer sê die goedkeuring is ‘n belangrike stap in die versterking van Suid-Afrika se langtermyn-energiesekerheid en weerspieël sy verbintenis tot die handhawing van wêreldklas kernveiligheidstandaarde. Die eenhei

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 7, 2025


Minstens 12 mense is in die UPS-vragvliegtuigongeluk oorlede
Die dodetal van die UPS-vragvliegtuig wat neergestort het terwyl dit vanaf ‘n lughawe in Kentucky in die Verenigde State opgestyg het, het tot ten minste 12 gestyg. Die vragvliegtuig het vroeër die week ontplof toe dit Louisville Muhammad Ali Internasionale Lughawe verlaat het. Luidens berigte het die linker enjin aan die brand geslaan en tydens opstyg van die vlerk geval. Kentucky se goewerneur, Andy Beshear, sê die dodetal kan steeds styg, terwyl owerhede bevestig het dat o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 6, 2025


Airlink staak vlugte tussen die OR Tambo-lughawe en Lesotho
Airlink het aangekondig dat hulle hul daaglikse vlugte tussen Johannesburg se OR Tambo Internasionale Lughawe en Maseru, Lesotho, opgeskort het. SABC News berig dit is volgens Airlink weens ‘n gebrek aan bruikbare brand- en reddingstoerusting by die Moshoeshoe Internasionale Lughawe. Volgens die lugrederyn sal normale dienste eers hervat word sodra die lughawe-operateur by Moshoeshoe Internasionale Lughawe die gereguleerde noodreaksievermoëns herstel het. Hulle raai kliënte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 6, 2025


Die produksie van slangteengif is hervat
Na daar reeds langer as ‘n jaar ‘n tekort aan teenmiddels in Suid-Afrika is, is die produksie van slangteengif hervat. Die tekort is weens probleme soos kragvoorsiening en opgraderings wat die land se enigste teengifproduksie-aanleg ondervind het. Volgens Landbouweekblad het die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens aangekondig dat die eerste 536 dosisse polivalente teenmiddel in September vervaardig en reeds versprei is. Boomslang-, spinnekop- en skerpioenteengif sal ook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 6, 2025


Suid-Afrikaners is in Oekraïne vasgekeer
Sewentien Suid-Afrikaners, meestal jong mans van KwaZulu-Natal, is in Oekraïne se oorloggeteisterde Donbas-streek vasgekeer. Berigte dui daarop dat hulle gewerf is met beloftes van lonende geleenthede om by buitelandse huursoldaatmagte aan te sluit. President Cyril Ramaphosa het die uitbuiting van kwesbare jongmense veroordeel en ‘n ondersoek na die situasie gelas. Hy sê hulle werk deur diplomatieke kanale om die jong mans se veilige terugkeer te verseker. Ter illustrasie. FO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 6, 2025


Die Metro sê hulle gaan nie bates verkoop nie
Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, kan berigte dat bates verkoop word nie verder van die waarheid wees nie. Hy voeg by die metro probeer sy bates ten voordeel van hul inwoners aanwend. Netwerk24 berig dit volg byna 50 besware teen die plan om Tempe-vliegveld te verkoop vir die ontwikkeling van ‘n privaat landgoed ingedien is. Die Franklin-natuurreservaat op Naval Hill is ook op die lys van bates waarvoor planne beraam word. More voeg by

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 6, 2025


‘n Nuwe aanbouing by die Oorlogsmuseum in Bloem is byna voltooi
Die bou van ‘n lewensgrootte drieverdieping-blokuis uit die Anglo-Boereoorlog by die Oorlogsmuseum van die Boererepubliek in Bloemfontein, is byna voltooi. Bloemnuus berig die aanbouing sal ‘n nuwe perspektief gee op die lewensomstandighede in en om dié geboue wat deur die Britse magte opgerig is. Netwerk24 het vroeër berig afmetings is verlede jaar geneem en tekenaar Hennie van Zyl is aangestel om die planne op te trek. Die Tierpoort-blokhuis is in 1999, net voor die 100-

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 6, 2025


‘Ramaphosa gaan nog nie bedank nie’
President Cyril Ramaphosa sal nie ná die G20-leiersberaad later vandeesmaand uit sy posisie tree nie. Die president se spesiale gesant na die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Bejani Chauke, het Woensdag op die sosiale mediaplatform X gerugte oor Ramaphosa se bedanking van die hand gewys, en dit ontstellend en ongegrond genoem. Hy beweer dat die gerugte daarop gemik is om die suksesvolle opbou van die eerste G20-beraad ooit op die vasteland in die gedrang te bring. Intussen beri

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


'n Egoli-hartebreker is dood nadat hy geval het
Die bekende akteur Phillip Henn, wat bekend is vir sy rolle as Johann Vorster in Egoli en dr. Chris van Deventer in Binnelanders , is in die ouderdom van 63 oorlede. Maroela Media berig volgens familie is nooddienste Sondag ontbied nadat Henn by ʼn huis in Oesterbaai, Oos-Kaap, geval het. Hy is Woensdagoggend aan bloeding op die brein oorlede. Netwerk24 berig Henn het vroeër vanjaar ʼn hartomleiding van die aorta by die Universitas-hospitaal in Bloemfontein ondergaan. Dokters h

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


Parlementêre komitees besoek binnekort Heidedal se steengroef
Twee parlementêre portefeuljekomitees sal binnekort ’n toesigbesoek aan Heidedal in Bloemfontein se Witherowdam-steengroef bring. Netwerk24 berig die portefeuljekomitee oor minerale en petroleumhulpbronne sowel as die portefeuljekomitee oor polisie is geskok dat, ondanks meer as ’n dekade se gemeenskapsversoeke en talle verdrinkings, geen stappe gedoen is om die terrein te beveilig of die verantwoordelike partye tot verantwoording te roep nie. Die voorgenome besoek kom ná ’n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


Die Metro word gedruk om sy swak presterende derdeparty-skuldinvorderingskema te beëindig
Die Mangaung Metro Munisipaliteit staar toenemende druk in die gesig om sy swak presterende derdeparty-skuldinvorderingskema te beëindig. Verslae toon dat kontrakteurs oor vier maande slegs een persent van uitstaande skuld ingevorder het. Dit terwyl hulle meer as R6 miljoen in kommissie ontvang het. Kritici meen die reëling bevoordeel private invorderaars ten koste van die munisipaliteit se finansiële stabiliteit. Die DA-raadslid, Hardie Viviers, sê die Metro behoort skuldinv

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


'n Bekende joernalis se huis brand gedeeltelik af
Die veteraanjoernalis en nuusleser Freek Robinson en sy vrou, Liza de Villiers, is uit hul slaap geruk toe ʼn brand ’n gedeelte van hul huis in Greenside in Johannesburg in puin gelê het. Maroela Media berig die egpaar se seun, Daniel, het hulle wakker gemaak nadat hy twee harde geluide gehoor en vlamme in die huis opgemerk het. Die gesin is fisiek ongedeerd, maar groot dele van die huis is heeltemal verwoes, insluitend die voorkant van die woning waar die kombuis, sitkamer, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


'n Vrystaatse man word vermis nadat hy glo sy geslag wou verander
'n Jong man van Welkom in die Vrystaat het vermis geraak kort nadat hy glo op aanlyn kletsgroepe betrokke geraak en sy geslag van manlik na vroulik wou verander. Christopher Cloete se ma, Doreen, sê hy het kort voor sy verdwyning vroueklere aanlyn bestel en wou sy geslag op sy identiteitsdokument verander. Sy beweer haar seun het nooit enige tekens gewys dat hy gay of transgender is nie. Netwerk24 berig Doreen sê haar seun se motor is voor ’n bushalte gevind. Sy vermoed ieman

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


Voorlopige belastingbetalers het nog tyd vir opgawes
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens herinner voorlopige belastingbetalers daaraan dat hulle nog tot 19 Januarie volgende jaar het om hul belastingopgawes in te dien. Voorlopige belastingbetalers is diegene wat inkomste buite vaste vergoeding ontvang. Dit is gewoonlik Suid-Afrikaners wat hul eie besighede bedryf, soos vryskutwerkers, eenmansake en onafhanklike kontrakteurs. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


Hamas oorhandig nog oorskot aan die Rooikruis
Hamas het ’n kis met die liggaam van nog ’n oorlede gyselaar aan die Rooikruis oorhandig. Die oorskot is aan Israeliese magte vir identifikasie oorhandig. Kragtens die Amerikaanse bemiddelde skiet-stilstand-ooreenkoms moes Hamas binne 72 uur al 20 lewende en 28 oorlede gyselaars teruggee, maar Israel beskuldig die groep daarvan dat hulle die proses vertraag. Indien bevestig bly daar ses gyselaars – beide van Israel en die buiteland – nog in Gasa terwyl vredesonderhandelinge s

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025
bottom of page

