top of page

Nuus


Winckler bemark 'n Christelike dieet
Die sanger en lekeprediker Heinz Winckler se vrou, Aletté, verkoop ’n Christelike dieetprogram op Facebook wat glo help om “demone in jou selle” te verwyder. Netwerk24 berig in haar bemarkingsplasings sê Winckler die program is meer as ’n dieet, maar ’n totale herstel van liggaam, siel en gees, wat glo help met ontgifting, hormoonbelyning, parasiet-reiniging en die hoor van God se stem. Vir die aanlyn dieetprogram, genaamd die Exodus Eperience, word 'n sogenaamde "detox kit"

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 10, 2025


'n Bloemfonteinse tweeling se Grens-dood word roerend herdenk
'n Vrou en haar broerskind het in 'n roerende oomblik kranse gelê ter herinnering van die vrou se identiese tweelingbroers van Bloemfontein wat saam in die Grensoorlog in 1982 oorlede is. Volksblad berig Piekie Halgryn en haar broerskind Bernard Kruger het op Herinneringsdag kranse namens die familie by die Oorlogsmuseum vir haar broers, Ockert en Pieter Kruger, gelê. Die Kruger-tweeling is op 20 Januarie 1982 in Angola dood toe ’n militêre voertuig ’n landmyn afgetrap het. H

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 10, 2025


'n Vrystaatse munisipaliteit gaan gebuk onder gebrekkige dienslewering
Die Mafube Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat staar ’n groeiende krisis in dienslewering in die gesig, met inwoners wat sukkel weens watertekorte, gebroke paaie en rioolprobleme. Munisipale werknemers weet ook steeds nie wanneer hul salarisse betaal sal word nie, terwyl basiese dienste agteruitgaan. Die waarnemende munisipale bestuurder, Jamela Selapyane, het spyt oor die vertragings uitgespreek, maar geen tydlyn gegee nie. Privaat maatskappye het tydelike ondersteuning

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 10, 2025


‘n Ongeluk eis die lewe van drie kinders
‘n Ongeluk op die R76 naby Viljoenskroon het die lewe van drie kinders geëis. Parys Gazette berig volgens die voorsitter van die Road Incident Management System en die Vrystaatse Nood Mediese Dienste, Sipho Towa, het die ongeluk Saterdagaand plaasgevind. Die bestuurder van ‘n 7-sitplek voertuig wat van ‘n kerkdiens in Kroonstad onderweg terug na Sasolburg was, het glo beheer oor die voertuig verloor. Naas die drie kinders wat in die ongeluk oorlede is, het nog twee kinders k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Asbesdak-huise in Botshabelo word gesloop
Die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings het begin om twee-kamer huise met asbesdakke te sloop. Volgens ‘n plasing op sosiale media sal n totaal van 16 eenhede deur 'n spesialis-asbeshanteringskontrakteur, in Botshabelo, oos van Bloemfontein, gesloop word. Die eehede sal deur Breaking New Ground Houses vervang word. ' SABC News berig die projek is deel van die departement se geoormerkte befondsingsprojek van R30 miljoen. Die departement beoog om 80 met eenhede a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Die N1 tussen Bloem en Winburg word opgradeer
Die grootste deel van die N1 tussen Bloemfontein en Winburg word opgegradeer. Netwerk24 berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se R4 miljard inspuiting sal broodnodige werkgeleenthede skep. Volgens Sanral se provinsiale hoof in die Vrystaat, Marlize Nel-Verwey, het die projek reeds begin en sal in Julie 2028 voltooi wees. Intussen is Sanral ook besig om ‘n nuwe provinsiale kantoor in Bloemfontein te vestig. Die aantal paaie wat die Vrystaatse regering die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Soldate is betrap toe hulle glo kabels wil smous
Twee soldate is met ’n militêre bakkie vol kabels betrap toe hulle glo op pad was om die kabels as skrootmetaal te gaan verkoop. Volgens bronne is albei soldate verbonde aan die militêre polisieskool in Thaba Tshwane. Rapport verneem ‘n weermagoffisier het hulle by ‘n groot skrootmetaalmaatskappy voorgekeer. ‘n Weermagwoordvoerder het bevestig dat die saak deur die militere polisie ondersoek word. Die bevelvoerende general van die polisie beskou die aantygings in ‘n ernstige

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Nóg ‘n kleuter van Glen word vermis
Die Glen-polisie in Bloemfontein het die publiek se hulp versoek om die vyfjarige Onkarabetse Leeuw op te spoor. Volgens Onkarabetse se ma het hy Saterdagmiddag sy huis omstreeks 16:00 verlaat om ʼn pet by ʼn maat te gaan optel. Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring hy is laas gesien in met ‘n grys-en-swart T-hemp met lang moue. Hy het ʼn geel kortbroek en wit tekkies aangehad. Onkarabetse se verdwying volg kort nadat die driejarige Katleho Leeuw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Thabo Bester wil sy tronkvoorwaardes verslap
Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester wil hê dat die Departement van Korrektiewe Dienste sy tronkvoorwaardes verslap. Bester wil eerder as ‘n verhoorafwagtende persoon as ‘n veroordeelde gevangene behandel word. Verder wil hy ook hê dat die departement kontakbesoeke met sy familie en regsverteenwoordigers moontlik moet maak. Hy sê dat die departement dit vir hom onmoontlik maak om normaal te funksioneer en voor te berei vir sy komende verhoor. Bester en sy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Die regering het ‘n nuwe makro-ekonomiese strategie
Die regering het ‘n nuwe makro-ekonomiese strategie wat daarop gemik is om die trae huidige ekonomiese groeikoers van ongeveer 1% tot 3.5% teen 2030 te verhoog. Die Groeiversnelling- en Insluitingsstrategie is onlangs deur die Kabinet aangeneem. Dit het ook ten doel om die vaste beleggingskoers van die huidige 14% van die BBP tot tussen 20 en 25% te verhoog. Die strategiedokument is na bewering nie ‘n nuwe ekonomiese plan nie en sal nie die mediumtermyn-ontwikkelingsplan verv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Boere besluit om hul eie Christelike landbou-kollege te bou
Die boeregemeenskap van Vivo in Limpopo gaan 'n 330 ha stuk grond, wat voorheen ʼn perdeplaas was, in ʼn splinternuwe Christelik-Afrikaanse Landboukollege omskep. Die oogmerk is om Afrikaner- jong mense in hul moedertaal op te lei in landbou- en ambagsvaardighede binne ʼn Christelike waarderaamwerk. 'n Bestuurslid en opvoeder van CVO Skool Vivo, Johan Koekemoer, het aan Maroela Media verduidelik dat die kollege as ʼn uitbreiding van die skool sal dien, maar spesifiek ten doel sal

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


Die Chinese regering gaan glo De Brug help vernuwe
Die Chinese regering is stil-stil betrek by die herontwerp en opgradering van die weermag se mobilisasiesentrum by De Brug, buite Bloemfontein. Rapport berig die reuse-projek sal sowat R500 miljoen kos. Die Chinese, wat glo beplan om die opgradering met hul eie tegnici te doen, is blykbaar tans besig met die ontwerpfase van die projek. Die weermag het die projek egter as “geklassifiseerd” en selfs “hoogs geheim’’ bestempel voordat dit glo later amptelik bekend gestel sal word

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


'n Ondersoek na die vliegtuigongeluk in Indië is in kontroversie gedompel
Byna vyf maande ná ‘n vliegtuigongeluk in Indië wat 260 mense se lewe geëis het, is die ondersoek in kontroversie gedompel. Vlug 171 was op 12 Junie op pad na Londen vanaf Ahmedabad in Wes-Indië. Dit het net 32 sekondes ná opstyg teen ‘n gebou neergestort. ‘n Tussentydse verslag is in Julie vrygestel, maar kritici voer aan dat dit onregverdig gefokus het op die optrede van die vlieëniers en die aandag afgelei het van ‘n moontlike fout met die vliegtuig. Die BBC berig dat ‘n r

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


Trump sê geen amptenare van die Verenigde State sal vanjaar se G20-beraad bywoon nie
President Donald Trump sê geen amptenare van die Verenigde State sal vanjaar se G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie. Hy het na die land se behandeling van wit boere verwys. Trump het gesê dat dit ‘n totale skande is dat die G20 in Suid-Afrika gehou word. Hy sê Afrikaners word doodgemaak en geslag, en hul grond en plase word onwettig gekonfiskeer. Trump sê geen Amerikaanse regeringsamptenaar sal bywoon solank hierdie menseregteskendings voortduur nie. Donald Trump. FOTO: CBS

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


Die meeste huishoudings neem finansiële besluite op grond van hul eie kennis
‘n Onlangse verslag het aan die lig gebring dat die meeste huishoudings finansiële besluite neem op grond van hul eie kennis. Volgens Momentum se 2025 Finansiële Adviesnavorsingsverslag neem 77% van huishoudings finansiële besluite op grond van hul eie kennis, terwyl 12% finansiële advies van familie of vriende kry. Ongeveer 1,8 miljoen uit 20 miljoen huishoudings maak gebruik van professionele finansiële adviseurs, terwyl die meeste huishoudings nie genoeg besteebare inkomst

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


Die Valke is 'n verbeurdverklaringsbevel in 'n veediefstalsaak toegestaan
Die Bloemfonteinse hooggeregshof het ‘n verbeurdverklaringsbevel aan die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid toegestaan vir ‘n voertuig ter waarde van R250 000. Die voertuig word verbind met ‘n veediefstalvoorval wat in 2022 in Steynsrus plaasgevind het. Die Isuzu-bakkie, wat aan Petrus Bolofo behoort, is onderskep terwyl gesteelde skape van Pandam-plaas in Steynsrus vervoer is. Bolofo kon nie bewys van aankope of eienaarskap van die vee lew

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


'n Bloemfonteinse skoolhoof se huis is met 'n petrolbom bestook
’n Petrolbom is na die huis van die hoof van die Rosenhof Special School in Bloemfontein, Nthuseng Davids, gegooi. Dit is een van ’n reeks voorvalle by dié skool. ’n Bron wat bekend is met die gebeure, het Vrydag aand Netwerk24 gesê Davids glo iemand wat by die skool betrokke is – moontlik ’n leerling of personeellid – is verantwoordelik vir die voorval. Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, is niemand beseer nie, en 'n saak van poging tot brandstigting is by die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 8, 2025


Solidariteit beplan 'n groot rasveldtog tydens die G20-beraad
Solidariteit het aangekondig dat hulle ‘n volskaalse rasveldtog tydens die G20-beraad hierdie maand beplan. Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, aan die media gesê het dat hierdie veldtogte onbelangrik en sinneloos is. Solidariteit se veldtogaksie sal op rasse-onregverdigheid fokus. Hulle sal Maandag ‘n dokumentêr in Pretoria bekendstel en ‘n reeks groot advertensieborde op hoofroetes na die G20-beraad plaas wat die regering se rasse-onre

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 8, 2025


Die Loterykommissie se oudit is uiteindelik skoon
Die Nasionale Loterykommissie (NLC) het ná jare van skandale en wanbestuur ’n ongekwalifiseerde ouditmening van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika ontvang. Maroela Media berig die voorsitter, Barney Pityana, sê dié mylpaal is ’n duidelike teken dat die kommissie sy koers reggestel het. Hy sê alle bestuurskomitees, insluitend dié vir oudit en risiko, regsaangeleenthede, menslike hulpbronne en etiek, is nou ten volle funksioneel en speel ’n sleutelrol in toesig en aanspreekl

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 8, 2025


‘n Bejaarde Vrystater se vermeende aanranders is weer Desember in die hof
Die hofdatum vir die beweerde aanranding van ‘n brose 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is vasgestel. Volgens Vista sal die verhoor op 8 Desember in die Welkom-streekhof begin. Die hof het vandag gehoor dat die ondersoeke afgehandel is, en dat die staat gereed is om voort te gaan. Aanklagte teen die beskuldigdes sluit poging tot moord, marteling, mishandeling, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, asook ontvoering in. Die 64-jarige

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Klein Bloemfonteinertjie se poets boemerang
‘n Klein Bloemfonteiner wat haar ma ‘n poets wou bak, se plan het geboemerang. Netwerk24 berig sy wou voorgee dat haar vinger in die bad se kraan vas sit, maar toe sit haar so vinger so vas dat die brandweer die kraan moes kom afsny. Die agtjarige Phatsimo Sinyanya, het kort na sy haar vinger in die kraan gedruk het, besef dat sy hom nie weer kan uitkry nie. Haar ma Lucy sê hulle het alles probeer, van skottelgoedseep tot room. Na vele probeerslae het hulle besluit om die no

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Deon en Dattie pak Ironman vir die Vrystaat Nasorgsentrum aan
Om fondse en bewusmaking vir die Vrystaat Nasorgsentrum in Bloemfontein te skep, sal Deon Barnard en sy broer, Dattie, aan die Ironman 70.3 deelneem. Die wedloop vind op die 16de November in Mosselbaai plaas. Luidens ‘n plasing op die sentrum se facebook-blad spruit Danie-hulle se besluit uit ‘n persoonlike terugkeer na gesondheid, beweging en betekenis. Die voorbereiding was uitdagend, maar deur vasbyt, geloof en toewyding het hulle hul doel bereik. Dattie is nou 13 jaar kan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Matrieks is by die halfpadmerk
Die matriekklas van 2025 is by die halfpadmerk van die eindeksamen. Volgens die Departement van Basiese Onderwys verloop alles seepglad in alle provinsies. Maroela Media berig meer as 920 000 leerders lê tans die eksamen by sowat 6 800 eksamensentrums landwyd af. Die departement sê daar is ʼn paar geïsoleerde voorvalle aangemeld, dit is egter vinnig en effektief opgelos. Hulle neem ook kennis van die debat oor die moeilikheidsgraad van die twee wiskundevraestelle. Die departe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Vrystaatse gastehuise sukkel steeds met water
Terwyl die Vrystaatse LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ketso Makume, die toerisme-seisoen by Gariepdam geopen het, sit talle ondernemings en gastehuise hier sonder water. NovaNews berig dié dorp, reg langs die grootste dam in Suid-Afrika, voer al maande lank ‘n stryd teen waterbeperkings. Die Menseregtekommissie het reeds in sy November 2024-verslag gesê die Kopanong-munisipaliteit minag inwoners se regte tot toegang tot skoon water. Met die bekends

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025
bottom of page

