top of page

Nuus


UV-studente is weer in die hof
Die ses manstudente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat glo ‘n petrolbom na ‘n kampusingang gegooi het, het weer in die Bloemfontein landdroshof verskyn. Dit op aanklag van openbare geweld. Volgens Netwerk24 is hulle almal vroeër op eie verantwoordelikheid vrygelaat nadat hulle in Oktober in hegtenis geneem is. Vier van die studente mag tydelik na die manskoshuis op kampus waar hulle tuisgaan terugkeer om hul eksamen af te lê. Daar was ook versoek dat die saak tot

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


Suid-Afrika se kernprobleme spruit vanuit swak regeringsbeleid
Suid-Afrika se kernprobleme naamlik misdaad, vervalle infrastruktuur en ’n tekort aan kundigheid spruit alles vanuit swak regeringsbeleid. So sê die landbouorganisasie, TLU SA. Die organisasie het hierdie opmerking gemaak in die lig van die middeltermyn-begroting wat volgende week Woensdag aangebied word. Volgens die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, moet die regering duidelik ʼn keuse maak tussen ’n vryemarkpad of sosialisties-geïnspireerde beleid wat belegging stui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


Vrystaters word teen ‘n rondloper leeu gewaarsku
Verskeie aanvalle op vee naby die Rietfontein en Astral-plase dui daarop dat daar dalk n rondloper leeu of leeus in die omgewing is. Die Vrystaatse plaaslike munisipaliteit, Dihlabeng, sê in ‘n kennisgewing hulle werk nou saam met die plaaslike owerhede en kundiges in wildlewe om die stituasie aan te spreek. Intussen doen hulle ‘n beroep om die plaasgemeenskap naby hierdie gebiede om versigtig te wees en binnenshuis te bly. Hulle voeg by meer inligting sal deurgegee word soo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


‘n Vermeende kinderverkragter van Bloemfontein moet vir waarneming gaan
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die driejarige Katleho Leeuw van Glen buite Bloemfontein verkrag en vermoor het, moet na die Vrystaatse Psigiatriese Sentrum vir waarneming gaan. Netwerk24 berig die 30-jarige Kholisiwe Jonas het vir die tweede keer in die Bloemfontein landdroshof verkyn. Jonas het sy borgtogaansoek laat vaar, en die saak is tot 4 Desember vir die aanhoor van die psigiatriese- en verdere misdaadondersoek uitgestel. Katleho se liggaam is verlede maand

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


Sacca sê hulle staak nie
Die personeelvereniging vir kajuitbemanning, Sacca, sê hulle staak nie. Dit ondanks ’n uitsluiting deur die laekoste-lugredery FlySafair oor ’n loonverskil. Volgens Sacca se president, Christopher Shabangu, het lede ’n 5.7% verhoging aanvaar, maar FlySafair het glo sonder oorleg nuwe klousules bygevoeg, insluitend ’n omstrede middagete-uur opoffering. Hy sê kajuitpersoneel is gereed om te werk en dat die lugredery die publiek mislei deur te beweer daar is ’n staking. Onderhan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


Haglike toestande in informele nedersettings moet aangespreek word
‘n Nuwe verslag deur die organisasie Amnesty International dring daarop aan dat die Suid-Afrikaanse regering vinnig moet optree om die haglike toestande in informele nedersettings aan te spreek. Veral in Johannesburg, Kaapstad en Durban. Volgens die verslag leef byna vyf miljoen mense in ellende. Hulle swak lewensomstandighede word dikwels vererger deur oorstromings wat met klimaatsverandering verband hou. Amnesty International sê regeringsversuim en swak hulpbronne het milj

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


'n Vrystaatse man is vir die rig van 'n vuurwapen in hegtenis geneem
'n Man is op 'n plaas naby Ficksburg in die Vrystaat vir die rig van 'n vuurwapen in hegtenis geneem. Die provinsiale anti-bende-eenheid (AGU) is Dinsdag na die plaas ontbied nadat 'n klagte oor die rig van 'n vuurwapen ontvang is. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het die AGU met hul aankoms op die toneel die verdagte opgespoor en gekonfronteer. Die swart nagemaakte 9mm vuurwapen is in die plafon van 'n ander huis gevind waar dit versteek was, en die ver

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


'n Jong Vrystaatse seun verdrink in 'n rivier
'n Jong seun het in in Qwaqwa in die Oos-Vrystaat verdrink. 'n Gemeenskapsleier in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit, Sello Moeti, sê die agt-jarige Rapelang Mabote het saam met vriende in die Kgoptjane-rivier gaan swem. Netwerk24 berig hy het onder die troebel water verdwyn en sy vriende het weggehardloop omdat hulle geglo het ’n "waterslang het hul maatjie ingesluk". Polisiewoordvoerder, adjudant-offissier Mmako Mophiring, sê die polisie het beklemtoon dat die lewe van el

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


Die parlement aanvaar die Wetsontwerp op Eenstop-grensposte
Die parlement het die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake se verslag oor die Wetsontwerp op Eenstop-grensposte aangeneem. Die wetsontwerp stel ‘n wetlike raamwerk vir gedeelde grensposte tussen Suid-Afrika en sy bure uiteen. Dit laat amptenare van beide lande toe om saam in gemeenskaplike beheersones te werk. Dit is daarop gemik om handel, reis en sekuriteit te verbeter terwyl streeksintegrasie onder die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (Saog) en die Afrika-konti

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


Vrystaatse spoorweg-infrastruktuur is geplunder
Die polisie in die Vrystaat het nege verdagtes by die Kamfersdale-spoorlyn naby die Staalbrug langs die N3 in hegtenis geneem. Die verdagtes is na bewering betrap terwyl hulle probeer het om 81 hout spoorwegdwarslêers los te skroef en te steel. Die polisie het inligting oor die beplande diefstal ontvang en die gebied onmiddellik onder toesig geplaas. ‘n Gekoördineerde operasie is in samewerking met private sekuriteit en Transnet-sekuriteitsbeamptes van stapel gestuur, wat gel

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


Heinz Winckler stig 'n organisasie nes dié van Charlie Kirk
Die sanger-prediker Heinz Winckler het 'n nuwe beweging, One80, gestig, wat deur die vermoorde Amerikaanse aktivis Charlie Kirk se organisasie, Turning Point USA, geïnspireer is. Volgens One80 se webtuiste is dit ’n beweging wat staan vir geloof, die gesin en vryheid wat geskep is “in reaksie op Kirk se opoffering en die impak daarvan wêreldwyd”. Netwerk24 berig Winckler het intussen ook direkteure bymekaar gekry om ’n organisasie sonder winsbejag te registreer. Volgens hom i

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


Die ACDP wil weet waarom net die Christelike sektor vir regulering geteiken word
Die ACDP het bevraagteken waarom die Christelike sektor vir regulering geteiken word, terwyl daar jaarliks dosyne seuns in inisiasierituele sterf, sonder enige behoorlike voorstelle tot dusver om dit aan te spreek. ACDP-LP Wayne Thring sê hulle het hierdie kwessie geopper tydens ‘n vergadering met die kommissie vir kultuur, geloof en taal (of CRL) nadat hulle kommer uitgespreek het oor pogings deur die CRL-kommissie om die kerk te reguleer. Thring het tydens die vergadering

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


Tesourie trek tydelik 'n buitelandse pensioen-belasting-voorstel terug
Die Nasionale Tesourie het sy plan om die belastingvrystelling op buitelandse pensioene vir Suid-Afrikaanse belastingbetalers te verwyder, tydelik teruggetrek. Die Tesourie sê dat die saak in ‘n hersiene vorm ná konsultasies weer voorgestel kan word. Hierdie besluit kom ná sterk openbare teenkanting en waarskuwings van kenners oor die negatiewe ekonomiese gevolge. Die voorstel is die eerste keer in Augustus gepubliseer as deel van die konsep-wysigingswetsontwerp op Belastingw

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


Suid-Afrikaners meen misdadigers word nie swaar genoeg gestraf nie
Statistieke Suid-Afrika se jongste Opname oor Bestuur, Openbare Veiligheid en Geregtigheid toon dat 55.2% Suid-Afrikaanse Huishoudings meen dat howe misdadigers nie voldoende straf nie. Die meeste meen dat strawwe wat opgelê word nie swaar genoeg is nie. Soveel as 71.2% van die respondente het aangedui dat die tronkstraf wat vir gewelddadige misdade opgelê word, te kort is. Suid-Afrikaners is wel tevrede dat daar meer skuldigbevindings is, en ook dat dit makliker is as ʼn paar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


Die polisie verwyder dwelms van Heidedal se strate
Terwyl die Vrystaatse polisie met hul veiliger feesseisoen-aktiwiteite besig is, het hulle inligting oor dwelmsmokkelary in Morrisonstraat, Ashbury, ontvang. Die polisie het tydens hul soektog op verskeie dwelms beslag gelê insluitend dagga, mandrax-tablette en kristalmetamfetamien. Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covan, sê in ‘n mediaverklaring kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is, is ook gekonfiskeer. ‘n 33-jarige man is dadelik in hegtenis geneem, e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


‘n Storm rig groot skade in die Oos-Vrystaat aan
Inwoners is nog besig met skadeberaming na ‘n storm groot skade aan eiendom aan die Oos-Vrystaatse dorp Rosendal aangerig het. Netwerk24 berig die donderstorm het voor die naweek ongeveer 10 huise beskadig en vier huise se dakke heeltemal afgewaai. Daar is gelukkig geen beserings aangemeld nie. Inwoners van die dorp sê hulle het nog nooit so ‘n erge storm ervaar nie. Sommige meen dit was ‘n tornado wat deur die dorp beweeg het. Daar het die afgelope naweek ook swaar hael in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


SA sien ‘n toename in steun vir militêre bewind
Die jongste Afrobarometer-opname het aan die lig gebring dat steun vir militêre bewind in Suid-Afrika van 28% in 2022 tot 49% vanjaar toegeneem het. Die Sentrum vir Risiko-ontleding sê dit beteken egter nie dat Suid-Afrikaners hul hardverdiende demokratiese vryhede wil prysgee nie. Volgens die sentrum se uitvoerende direkteur, Chris Hattingh, toon die opname dat burgers gefrustreerd is met beperkte sosio-ekonomiese vooruitgang in die land. Hy sê landsburgers verlang na meer e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


FlySafair se kajuitpersoneel staak oor betaling en werkskedules
FlySafair se kajuitbemanning het hul gereedskap neergelê. SABC News berig die stakende werkers wat die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningvereniging verteenwoordig, eis hoër lone en die hersiening van die rooster. Volgens FlySafair verwag hulle geen ontwrigtings in hul vlugskedule nie. Die lugredery sê ook dat meer as twee derdes van hul kajuitbemanning hulle daartoe verbind het om aan te hou werk. Dit sluit nie-vakbondlede en vakbondlede in wat formeel die maatskappy se 5.7%...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


NUM se loononderhandelinge met Eskom begin
Die mynwerkersvakbond NUM het sy loononderhandelinge met Eskom begin. Die vakbond dring aan op ‘n salarisverhoging van 15% en ‘n behuisingstoelaag van R7 000 per maand vir sy lede. SABC News berig die huidige meerjarige ooreenkoms van 7% sal in April volgende jaar verstryk. Volgens NUM is die verhoging nodig om werknemers te beskerm teen die stygende lewenskoste, insluitend hoër voedsel-, brandstof- en elektrisiteitspryse. Die vakbond se woordvoerder, Livhuwani Mammburu, sê g

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


AfriForum sleep die metro hof toe oor vullisverwydering
AfriForum se tak in Bloemfontein het regstappe van stapel gestuur teen die Mangaung-metro weens sy “volgehoue versuim” om behoorlike vullisverwydering aan inwoners te lewer, asook die weiering om aansoeke vir kwytskelding van dié diens te oorweeg. Netwerk24 berig dit kom nadat talle inwoners, met AfriForum se ondersteuning, aansoek gedoen het om hul munisipale vullisverwyderingsdiens te kanselleer en eerder private diensverskaffers te gebruik. Volgens AfriForum se distrikskoö

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


Die Konstitusionele Hof moet besluit oor Cholota se uitlewering uit die VSA
Die voormalige persoonlike assistent van die gewese Vrystaatse premier, Ace Magashule, sê daar was nog nooit ʼn wet in Suid-Afrika wat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die mag gee om die uitlewering van voortvlugtiges uit ander lande aan te vra nie. Moroadi Cholota het dié stelling in hofstukke na die Konstitusionele Hof gemaak. Dit is in antwoord op die NVG wat die hof genader het om haar uitlewering uit die VSA wettig en geldig te laat verklaar. Die saak word Dinsdag in

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


Hamer-aanval: Nog niemand is in hegtenis geneem nie
Die familie van die vrou van Bothaville in die Vrystaat wat in Julie vanjaar met ’n hamer oor die kop geslaan en verkrag is, voel verslae en gefrustreerd omdat niemand nog weens die aanval in hegtenis geneem is nie. Volksblad berig die 60-jarige vrou, wat op 26 Julie in haar huis aangeval is, ly aan erge angs en is bang om alleen te wees, sê haar man. Polisiewoordvoerder, sers. Palesa Thabana, sê daar is nog DNS-toetse uitstaande voordat iemand in hegtenis geneem kan word. 'n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


Die regering van nasionale eenheid bly gefokus en sterk
Die leiers van die tien politieke partye wat die regering van nasionale eenheid lei, het hul verbintenis tot die sewende administrasie en die diens aan die mense van Suid-Afrika herbevestig. Hulle het Sondag en Maandag vergader. Alle partye het hul volle verbintenis tot die regering van nasionale eenheid herbevestig en besluit om meer gereeld te vergader. Die leiers het onderneem om dienslewering, werkskepping, voedselsekerheid en misdaadbekamping te versnel. Hulle sê die reg

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


Brendan Peyper is voorlopig gesekwestreer
Die sanger Brendan Peyper is voorlopig gesekwestreer. Dit volg op ’n aansoek wat die eienaar van SA Concerts, Eduard Hugo, vroeër teen hom ingedien het weens skuld van bykans R355 000 wat Peyper glo nie kon delg nie. Hugo se prokureur, Steven McLoughlin, het Maandag gesê Peyper het tot 2 Maart 2026 om redes aan die hof te gee oor hoekom die bevel teen sy boedel nie finaal gemaak moet word nie. Peyper se prokureur, Eloise Cilliers, het ná die uitspraak in die hooggeregshof in

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025
bottom of page

