top of page



‘n Uithou-vrou van Bloem is oppad Antartika toe
‘n Sakevrou van Bloemfontein, Woutri Mugglestone, is hard aan die oefen vir die Ultra Ice-ultramarathon in Antartika. Netwerk24 berig sy sal oor ‘n week of twee die Vrystaatse hitte vir die Antarktiese koue verruil om in een van die koudste en mees afgeleë wedlope ter wereld te gaan deelneem. Die 50-jarige Mugglestone is die eniste vrou uit Suid-Afrika wat aan die ysige ultramarathon gaan deelneem en het vir die 50km-wedloop ingeskyf. Sy oefen tans ‘n koelkamer waar die te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


Langenhovenpark kry dalk nog ‘n uitbreiding
Met infrastruktuur wat reeds swaar strek, is inwoners van Langenhovenpark, Bloemfontein, bekommerd dat nog ‘n uitbreiding dalk in die woonbuurt gebou gaan word. Netwerk24 berig die uitbreiding, genaamd Ceciliapark, sal glo op ‘n oop stuk grond agter die vierwielmotorfietsbaan en -klub, Stuck in the Mud, gebou word. Die stuk grond is egter nog altyd geoormerk vir ontwikkeling maar daar is nog geen aanduiding van wanneer dit gaan plaasvind nie. Volgens die DA se Jan-Hendrik Cr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


‘n Tiener is vir dwelmhandel in Bayswater aangekeer
‘n Tienerseun, met ‘n aansienlike hoeveelheid dwelms en kontant, is in die Bayswater-gebied deur die Provinsiale Anti-Bende-eenheid (AGU) in Bloemfontein aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het die AGU op inligting gereageer, en met die aankoms van die lede by die gegewe adres het hulle met ‘n soektog begin. Hulle het beslag gelê op dwelms en net oor die R93 000. Die 18-jarige is formeel aangekla en word vir dwelmhandel aangehou. Die saak is by

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


‘n Bloem-sekuriteitsmaatskappy spoor ‘n gesteelde motorfiets binne minute op
Bloemsec se Rapid Response Unit het vroegoggend ‘n steelde motorfiets opgespoor. Luidens ‘n plasing op hul sosiale media blad is die motorfiets as gesteel in Malanstraat, Wilgehof, aangemeld. Binne minute het hulle met behulp van Cartrack die motorfiets langs die N1 naby die Makro-brug gevind. Die Bloemfontein blitspatrolie is in kennisgestel en ‘n saak is by die Parkweg-polisie geopen. Ondersoeke is tans aan die gang om verdagtes met die diefstal te verbind. Intussen het B

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 26, 2025


‘n Vermiste Bloemfonteinertjie se liggaam is in bosse gevind
Die vermiste Bloemfonteinertjie, driejarige Katleho Leew, se liggaam is gevind. Volgens polisiewoordvoerder, Lt Col Thabo Covane, het ‘n soektog gelei deur Kaptein Jerry Motaung van die Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings, hulle vroeg Saterdagoggend na digte bosse ‘n entjie van die Glen-lokasie geneem. ‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat Katleho seksueel aangerand en vermoor is. Misdaadtoneelkundiges is tans opsoek na leidrade wat die onderso

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


Die Metro skommel hul burgemeesterskomitee
In ‘n poging om die uitvoerende komitee te versterk het die Mangaung Metro Munisipaliteit se burgemeester, Gregory Nthatisi, sy burgemeesterskomitee herskommel. SABC News berig Nthatisi het tydens ‘n media-inligtingsessie in Bloemfontein gesê die veranderinge word aangebring ingevolge Artikel 60 van die Munisipale Strukturewet. Onder die belangrikste veranderinge is adjunkburgemeester Lulama Titi-Odili nou hoof van Finansies, terwyl Logan Kruger na Openbare Veiligheid en Ver

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


‘n Verkleurmannetjie reis van Bloemfontein na KwaZulu-Natal
‘n Verkleurmannetjie wat vroeër die jaar deur die polisie in Bloemfontein gekonfiskeer is, is nou terug tuis in Howick, KwaZulu-Natal. Die Nasionale Museum in Bloem sê in ‘n plasing op sosiale media amptenare het hulle gekontak om die interessante “akkedis” te identifiseer – wat hulle gedoen het. Volgens natuurbewaringsbeamptes is dit ‘n Natal Midlands Dwarf Chameleon wat slegs in KwaZulu-Natal voorkom, en wat tans as ‘n bedreigde spesie gelys is. Die verkleurmannetjie het na

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


‘n Driejarige Bloemfonteinertjie word vermis
‘n Driejarige Bloemfonteinse dogtertjie, Katleho Leeuw, word vermis. Volgens polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covane, het haar ma haar laas Donderdag middag gesien terwyl sy saammet kinders in hul agterplaas in die Glen Lokasie gespeel het. Sy het ‘n geel T-hemp, blou jeans en swart skoene aangehad. Katleho het volgroeide melktande, 'n ronde gesig en is donker van gelaat. Die polisie versoek die publiek om te help om haar op te spoor. Enige inligting kan op die MySAPS-toe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Nóg mense sal na Lourierpark gestuur word
Nóg mense sal volgens Mangaung Metro Munisipaliteit se burgemeester, Gregory Nthatisi, na Lourierpark gestuur word. Dit terwyl die huidige grondbesetters teen die einde van jaar na die Mountain View-gebied verskuif moet word. Volksblad berig Nthatisi het glo die uitlating tydens ‘n toesigbesoek gemaak. Alhoewel nie Nthatisi of die munisipale bestuurder, Sello More, nog op navrae hieroor gereageer het nie, sê DA-LPW, Dave McKay, hy het nie ‘n probleem dat nog mense op die stu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


‘n Gevangene ontsnap by die Bloemfontein landdroshof
Dit was chaos by die landdroshof in Bloemfontein toe ‘n gevangene uit aanhouding ontsnap het. Die hofgebou is Donderdag afgesper en ontruim nadat Brilliant Chikwauo voor sy hofverskyning uit die hofsaal ontsnap het. Netwerk24 verneem hy het glo ‘n sleutel in die hande gekry en homself vrygelaat voordat hy by een van die agterste hekke uitgeglip het. Hy was veronderstel om 26 aanklagte van diefstal en beskadiging van infrastruktuur te verskyn. Snuffehonde, asook die blitspatr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Verdagtes is op heterdaad met vervalste dokumente in Bloem betrap
Vinnige optrede deur lede van die Parkweg Misdaadvoorkoming het tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir die besit en vervaardiging van vervalste amptelike dokumente gelei. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring ‘n man het die polisiestasie in Central Park besoek om ‘n bestuurslisensie te sertifiseer. ‘n Polisielid het vermoed dat dit vervals is en het die verkeersdepartement gekontak wat die vermoede beaam het. ‘n Ondersoek het lede n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Steengroef-verdrinking: Benjamin se liggaam is gevind
Die liggaam van Benjamin van Wyk, wat verlede week in die berugte Witherow-steengroef buite Heidedal, verdrink het, is gevind. Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sal ‘n nadoodse ondersoek bepaal wat die presiese oorsaak van sy dood was. Van Wyk het saam met vriende in die groef geswem toe hy onder die water verdwyn het. Sy vriende het hom probeer red maar kom nie by hom uitkom nie. Die soektog het verlede week begin en is met die hulp van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Die UV neem kameelperd-navorsing na nuwe hoogtes
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal eersdaags amptelik die kameelperdnavorsingsprogram en infrastruktuurfasiliteit by die Amanzi Privaat Wildreservaat, naby Bloemfontein, bekendstel. Die program is 'n eerste van sy soort ter wêreld, en is toegewy aan die bevordering van plaaslike en internasionale studie en bewaring van kameelperde. Luidens ‘n aanlyn artikel merk die bekendstelling die volgende fase in 'n navorsingsreis wat die UV reeds aan die voorpunt van kameelperdw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Hein Griesel se tweede bundel is hier
In Bloemfontein is die naam Hein Griesel sinoniem met die Aasvoëlklub maar dit is nie al nie. Deur die jare het hy ‘n verskeidenheid kreatiewe dinge aangepak. Bloemnuus berig een daarvan was sy digbundel Die Vlieg wen in die ent , waarvan byna 500 kopieë verkoop is. Hy het ook ‘n Afrikaanse “Rock” Opera met die titel Bloemfontein Beach H otel geskryf. Nou het hy weer kreatief geraak en ‘n distopiese kortverhalebundel Water: 13 + 1 kortverhale met byt geskryf wat deur Nale

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


‘n Werklose Bloem-student het weer hoop
‘n Oud-Kovsie student wat twee maande gelede by ‘n verkeerslig in Bloemfontein met ‘n sertifikaat in die hand om werk gesmeek het, is deesdae gelukkig by sy nuwe werk. Netwerk24 berig Odirile Poghiso werk nou amptelik ‘n maand by Kloppers in die Loch Logan-waterfront. Kloppers se uitvoerende hoof, Rochelle Klopper, het die berig oor Poghiso gesien en dit aan hul menslikehulpbronbeampte gestuur – waarna Imelde van den Berg hom toe ‘n werk aangebied het. Poghiso sê hy is dol

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Opknappings by die Parkweg-polisiestasie is steeds nie klaar nie
Die gekose komitee oor veiligheid en justisie sê die vertragings in die opknapping van die Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein is kommerwekkend. Die komitee het vroeër vandeesweek die Parkweg-polisiestasie, die Mangaung Eenstop-kindergeregtigheidsentrum en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Tempe-infanteriebasis besoek. Lede het die doeltreffendheid en prestasie van veiligheids- en geregtigheidsinstellings regoor die land beoordeel. Die komitee se waarnemende voorsitt

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Universitas-hospitaal is as ‘n sentrum van uitnemendheid erken
Die Departement Kerngeneeskunde by die Universitas Akademiese Hospitaal en die Universiteit van die Vrystaat, in Bloemfontein, is as 'n Kliniese Teranostiek Sentrum van uitnemendheid gesertifiseer. Luidens ‘n aanlyn artikel van die UV sluit die hospitaal nou aan by slegs twee ander sentrums in Suid-Afrika om hierdie gesogte erkenning te verwerf. Die sertifisering volg op 'n streng evalueringsproses deur die International Centers for Precision Oncology Foundation. Die stigting

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22, 2025


Militêre Veterane marsjeer na die OR Tambo-gebou
Die Verenigde Militêre Veterane het Woensdag na die OR Tambo-gebou in Bloemfontein gemarsjeer om hul memorandum van eise te oorhandig. Volgens SABC News eis hulle onder andere dat die kantoor van die premier die Wet op Militêre Veterane van 2011 moet implementeer. Hulle wil ook hê dat die Mangaung Metro Munisipaliteit hulle binne die munisipaliteit aanstel. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22, 2025


‘n Verkragter daag nie op vir sy bedrogsaak nie
'n Prokureur van Welkom wat drie lewenslange vonnisse uitdien vir seksuele oortredings teen minderjariges, het nie in die Welkom-landdroshof vir sy borgtogaansoek op bedrogklagte van R15 miljoen verskyn nie. Vistanews berig Jan Maritz is nie van die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein na Welkom vervoer vir sy geskeduleerde borgtogverhoor nie. Die aansoek is uitgestel tot volgende week. Maritz is vroeêr die maand in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, diefstal, geldwas

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22, 2025


‘n Bloemfontein-entrepreneur stel sy stokvel-toep bekend
Bloemfonteinse entrepreneur, Nicolase Lesapo, het ’n nuwe mobiele toepassing ontwikkel wat daarop gemik is om vertroue en deursigtigheid binne stokvelgroepe regoor Suid-Afrika en Lesotho te herstel. Free State World Online berig die innoverende platform, genaamd die Stockvel Management App, belowe om die bestuur en monitering van stokvels te transformeer. Vir dekades het stokvels – ’n gewilde spaarstelsel wat deur miljoene gebruik word – uitdagings van wantroue, swak rekordh

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 21, 2025


Centlec-raadslede bedank
Vier raadslede van Bloemfontein se elektrisiteitsverskaffer, Centlec, het volgens die stad se burgemeester, Gregory Nthatsi, vrywillig bedank. SABC News berig dit volg op berigte deur sommige raadslede wat beweer dat die ontbinding van die raad aan politieke inmenging toegeskryf kan word. Die raad sê dinge het driftig geraak toe hulle die kwalifikasies van die uitvoerende hoof, Malefane Sekoboto, aangevra het - na berigte wat beweer het dat hy nie gekwalifiseerd is om in die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 21, 2025


Bye pak vir Kortbroek-Gideon
Dit was so hittete of hy het dit nie gemaak nie, so vertel ‘n boer van Koppieskraal buite Bloemfontein, Gideon Geldenhuys - of te wel Kortbroek-Gideon, oor sy noue ontkoming met ‘n swerm woedende bye. Landbouweekblad berig Gideon was besig om ‘n land omteploeg toe hy teen ‘n miershoop vasploeg, hy het eers nie die bye gesien nie maar toe hy het ‘n tweede nes oop ploeg het die moeilikheid begin. Jannie Steyn, wat saam met hom boer, het die Koppieskraal-landbouvereniging laat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Die Metro se voorafbetaalde watermeter-situasie word aangespreek
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het 'n gesamentlike studiegroepvergadering aangebied om die situasie met voorafbetaalde watermeters in die stad te bespreek. Raadslede het die noodsaaklikheid beklemtoon dat die verantwoordelike departement 'n omvattende vervangingsprogram vir hierdie meters moet ontwikkel en implementeer, veral dié wat as stukkend of as omseil aangemeld is. Luidens die aanlyn artikel moet die omvattende program nuwe meterinstallasies ook insluit. Verder het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


‘n Verkragter sê hy lei geldelike verliese en word verwerp
‘n Welkom-prokukeur, wat erken het dat hy minderjariges verkrag het, het terwyl hy vir strafversagting getuig het, gesê hy het geldelike verliese gely, vriendskappe verloor en ‘n buitestander geword wat deur baie verwerp is. Netwerk24 berig Jan Maritz se vonnisverrigtinge het in die hooggeregshof in Bloemfontein begin. Hy is in Mei 2021 aan verskeie misdrywe, waaronder drie aanklagte van verkragting van minderjariges, skuldig bevind. Dit na hy skuld beken het. Die misdrywe i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025
bottom of page

