top of page



Friends of Franklin vat hul besware na die ombudsman
Friends of Franklin het formeel ‘n 5-bladsy klagtebrief aan die nuut aangestelde tussentydse Ombudsman van die Manguang Metro Munisipaliteit gestuur. Dit nadat geen terugvoer van die stadsbestuur se kantoor in die afgelope twee weke ontvang is nie. Luidens die eerste bladsy van die dokument is die verklaring om formeel beswaar te maak teen die geadverteerde voorneme om Naval Hill en die Franklin-natuurreservaat te verkoop of te verhuur vir die ontwikkeling van 'n pretpark. Di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


Bloem groet ‘n geliefde brandweerman
Bloemfontein groet ‘n brandweer- en skouman met ‘n groot hart. Chris van der Walt is in die ouderdom van 64 jaar oorlede. Bloemnuus berig volgens sy groot vriend en kollega by die Manguang-brand en reddingsdiens, Braam van Zyl, het hy vinnig agteruit gegaan na hy die afgelope paar weke in die hospitaal vir 'n bosluis-byt behandel is. Van der Walt was ook altyd tussen die sierduiwe by die Bloemskou bedrywig. Dié skou sê in ‘n plasing op sosiale media hy was ‘n kosbare siel w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


‘n Bloemfontein-akademie dink ‘buite die kraal’
Die Internasional Agricultural Academy for Africa (i3A) in Bloemfontein en die Ba Isago-Universiteit van Botswana dink buite die kraal om Afrika se landbou-uitdagings aan te pak. Netwerk24 berig ‘n ooreenkoms om die eerste private Baccalaureusgraad in landbou in Suider-Afrika aan te bied, is onderteken. Die graad stel studente in staat om plaasbestuurders, tegniese verkoopadviseurs asook onder andere primere veeprodusente of landbou-verkoopsverteenwoordigers te word. Student

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Die metro se gesloer beroof die stad
Die Mangaung Metro Munispaliteit se gesloer om ’n ooreenkoms met die Vrystaatse Rugbyunie (VRU) vir die gebruik van die Toyota-stadion te finaliseer, kos Bloemfontein miljoene, én beroof die stad van die geleentheid om weer toetswedstryde aan te bied. Bloemnuus berig volgens VF Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer, Armand Cloete, moes die munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, Dinsdag aan die Vrystaatse wetgewer verslag doen oor die vordering met die o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Vermeende Bloem-rowers is uit die hospitaal en eersdaags in die hof
Twee vermeende rowers wat juwelierswinkels in Bloemfontein beroof het, is uit die hospitaal ontslaan. Hulle het behandeling ontvang vir die wonde wat hulle tydens ‘n skietery met die polisie by die Vaal Plaza Tolhek op die N1-nasionale pad opgedoen het. Volgens Bloem Express sal die twee eersdaags in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van sakeroof, onwettige besit van vuurwapens asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die twee w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Twee mans is vas oor ‘n ietermago in hul kattebak
Mans met ʼn ietermago in hul kar se kattebak is naby Bloemfontein in hegtenis geneem. Maroela Media berig polisiewoordvoerder, Lt.kol. Thabo Covane, sê twee mans is op die N8 naby ʼn vulstasie van die pad afgetrek en die voertuig is deursoek. In die kattebak is ʼn blou staalgereedskapskis, toegesluit met ʼn hangslot, gevind. Die mans het aangevoer hulle het nie ʼn sleutel vir die slot nie, waarna die bestuurder toestemming gegee het dat die polisie die slot breek. In die kis is

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Groot feesvieringe wag vir ‘n Bloem-gemeente
Groot feesvieringe wag wanneer die gemeente van die St. Paulus Lutherse kerk in Dan Pienaar, Bloemfontein, hul 150ste bestaansjaar herdenk. Bloemnuus berig die gemeente is in die beginjare in ‘n ou kerk in St Georgesstraat gehuisves, maar vergader sedert 1968 in die besonder mooi kerkgebou langs Emily Hobhouseplein. St. Paulus is ‘n klein, lewenskragtige gemeente, waar die eredienste in Afrikaans, Duits en Engels gehou word sodat almal verstaan. Die gemeente se pastoor, Gide

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


‘n Groot boom in die gereg val
Die eerste vroulike regter in Suid-Afrika en oud-Bloemfonteiner, Leonora van den Heever, is in die ouderdom van 99 oorlede. Cape Town Etc. berig sy het in 1969 by die regbank aangesluit toe sy in die Noord-Kaapse afdeling aangestel is. Haar aanstelling het regsgeskiedenis gemaak en ‘n presedent vir vroue in die regbank geskep. Sy het later ook op die appèlbank gedien en na aftrede 'n aktiewe regsdenker gebly. Haar loopbaan bly 'n hoeksteen vir diegene wat werk om die reg meer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


Bloemfonteiners word as die Vrystaat se top-jeugatlete vereer
Jong Bloemfonteiners is die naweek as 2025 se beste jeugatlete in die Vrystaat vereer. Netwerk24 berig Jayden Parkin, van Hoërskool sentraal, en Rumé Burger van C&N Sekondere Meisieskool Oranje, het die hoogste atletiektoekenning wat ‘n Vrystaatse atleet kan ontvang, die Barkhuizen-trofee, verower. Parkin het vanjaar sy stempel afgedruk toe hy onder andere die SA rekord in die 110m hekkies verbeter het. Burger het vanjaar aandag getrek met ‘n stroom rekords en internasiona

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


Bloemfontein-vroue raak vir 15 minute stil
‘n Groep vroue van Bloemfontein het Vrydag om 12-uur vir 15 minute saam gaan lê ter ere van die 15 vroue wat elke dag in Suid-Afrika vermoor word. Soortgelyke vreedsame protes-aksies is regoor die land gehou onder die hutsmerk #WomenForChange. In ooreenstemming hiermee het Chané Bruwer ‘n meer intieme byeenkoms in Bayswater gereël. Bruwer is verbonde aan She Creates Female-Led Networking, en sê hulle wou ‘n kleiner geleentheid reël vir vroue wat nie by die ander twee byeekoms

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


Die Glen neem afskeid van ‘n vermoorde Bloemfonteinertjie
Die Glen-gemeenskap het in groot getalle by die begraafplaas byeen gekom om afskeid te neem van die vermoorde 5-jarige Bloemfonteinertjie, Onkarabetse Leeuw. Hy is die tweede kleuter in net een maand wat in die area vermoor is. Netwerk24 berig verder terwyl Onkarabetse ter ruste gelê is, het sy pa se niggie, Vuyiswa Leeuw, in die Bloemfontein landdroshof op aanklag van sy moord verskyn. Haar driejarige dogtertjie, Katleho Leeuw, was die eerste slagoffer van wat inwoners nou ‘

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 21, 2025


‘n Toesigbeampte smokkel glo dwelms
‘n Toesigbeampte van die G4S oftewel Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein is Donderdag vir die smokkel van verbode goedere in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die polisie het die 36-jarige beampte se sluitkas deursoek. Byna 150 Mandrax-tablette sowel as saamgeperste dagga is die verdagte se kosblik tussen sy kos gevind. Hy is onmiddellik deur die sentrum se bestuurders en lede van die Bloemspruit sigbare polisiërings

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Dienste by Pelonomi en Universitas gaan soos normaalweg voort
Nie net sal dienste by beide die Pelonomi en Universitas Hospitale in Bloemfontein normaalweg voortgaan nie, die privaat-openbare vennootskap is ook veilig en operasioneel. Dit volgens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gesondheid. ‘n 23-jaar oue vennootskap tussen die gesondheidsdepartement en Netcare, wat einde November tot ‘n einde sou kom, se kontrak is met twee jaar hernu. Tydens die vennootskap is Pelonomi se nood- en traumafasiliteite opgegradeer, e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


AfriForum rus jong Bloemfonteiners met lewensreddende vaardighede toe
Omvattende selfverdeging- en noodhulpopleiding is aan sowat 70 kinders van die Engo Jeugsorg aangebied. Luidens ‘n mediaverklaring is die inistiatief van die AfriForum-tak in Bloemfontein se jeug en hul plaaslike protospan, daarop gemik om jongmense met praktiese, lewensreddende vaardighede toe te rus. Ook stel dit hulle in staat om reg en selfversekerd op te tree wanneer ‘n noodsituasie ontstaan. Gegewe die misdaadsituasie in die land sê AfriForum Jeug se beampte vir Struktu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


'n Bloemfonteinse man is vas oor 'n bebloede bul
Die eienaar van ’n bul is in Bloemfontein vir beweerde dieremishandegling in hegtenis geneem. Dit kom nadat 'n bekommerde lid van die publiek die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gekontak het toe hulle gister 'n geparkeerde sleepwa by die Fleurdal-winkelsentrum met 'n bebloede bul op gesien het. Volksblad berig DBV-inspekteur Lucky Olifant het op die bul afgekom waar hy glo besmeer met bloed met ’n tou aan die sleepwa vasgebind was. Albei die bul se horings was afgebreek en h

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


‘n Bloemfonteiner is tuis na haar ysige marathon
‘n Bloemfonteinse eiendomsagent en ma van twee is terug van die yskoue Antarktika waar sy 50km in die Ice Ultramarathon voltooi het. Bloemnuus berig die 50-jarige Woutri Mugglestone wat n oudleerlinge van die Hoër Meisieskool Oranje en voormalige verpleegkundige is, sê sy het dié wedloop aangepak om vir mense hoop te gee. Volgens Mugglestone het sy op ‘n punt in haar lewe gekom waar sy nie meer geweet het wat dit is om regtig te lewe nie. Sy het besef werk is nie alles nie,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


Nóg ‘n ongeluk op die N8 eis die lewe van drie mense
Nóg drie mense is Maandagoggend in 'n botsing tussen twee voertuie op die N8 tussen Bloemfontein en Botshabelo oorlede. SABC News berig volgens die provinsiale noodmediese dienste se woordvoerder, Sipho Towa, is nog drie beseerdes is na ‘n hospitaal in Botshabelo geneem. Die ongeluk volg nadat talle mens die naweek is in 'n botsing tussen 'n bus en 'n vragmotor op dieselfde stuk pad oorlede is. Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


Twee juwelierswinkels is op een dag in Bloem beroof
In twee afsonderlike gevalle het groepe onbekende mans juwelierswinkels in Northridge Mall en Mimosa Mall in Bloemfontein beroof. Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, het die ses rowers glo die winkeleienaar en werknemers van die winkel in Northridge Mall opdrag gegee om op die vloer te sit. Hulle het toe die kasregister en rakke vol juweliersware agter in die winkel leeggemaak en van die toneel gevlug. Die gesteelde juweliersware word op R250 000 beraam. Kort d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘n Bloemfonteiner veg om haar lewe
‘n Slagoffer het om haar lewe by Rooidam buite Lourierpark, Bloemfontein geveg. Dit nadat twee mense haar aangeval het toe sy hulle kennis gegee het om haar perseel te ontruim. Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die winkeleienaar het na die slagoffer hul kontrak beëindig het, aangebied om haar na ‘n winkelsentrum te neem. Die eienaar en sy vriend het by Lourierpark afgedraai en haar met ‘n stomp voorwerp, vermoedelik ‘n gholfstok, aangeval. Di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘n Passasier se been word geamputeer na ‘n busongeluk buite Bloem
Een van die passasiers wat in die ongeluk tussen ‘n bus en ‘n trok op die N8 tussen Bloemfontein Botshabelo was, se been sal geamputeer word. Luidens ‘n plasing op sosiale media het die ongeluk Saterdag lewens geëis. Polelo Mahloane het vanuit sy hospitaalbed in die Pelonomi-hospitaal aan die Vrystaatse premier, Maqueen Letshoa-Matahe, gesê toe die vragmotor nader kom, het hy gewonder of die bestuurder dit kon sien. Teen die tyd dat hy vir haar geskree het om versigtig te wee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


Talle mense is in botsing buite Bloemfontein oorlede
Tien mense is Saterdagoggend in botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n bus is op die N8 tussen Bloemfontein en Botchabelo oorlede. Volgens Arrive Alive het nog ses mense ernstige en kritieke beserings opgedoen. Hulle is na die Pelonomi Trauma-eenheid geneem. Van die 41 mense betrokke in die ongeluk het vyf matige beserings opgedoen. 'n Volledige noodreaksie, met paramedici, brandweerdienste en wetstoepassingsbeamptes is op die toneel. Die ongeluk beïnvloed steeds verkeer in die g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025


Die ANC se MK-handelsmerk-appèl word in Bloemfontein aangehoor
Nadat die ANC hul aansoek verloor het om die gebruik van die MK-party se naam en logo te stop, sal die hulle nou in die Hooggeregshof van Appèl in Bloemfontein appeleer. SABC News berig voor die 2024 Algemene Verkiesing het die ANC onsuksesvol handelsmerkwetgewing in die Durban Hooggeregshof ingeroep. Regter Mahendra Chetty het die aansoek van die hand gewys, maar later die ANC verlof tot appèl toegestaan. In 'n verklaring sê die ANC dat hierdie saak oor die beskerming van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025


Motsoaledi sê ouers moet hul dogters teen MIV inspuit
Van volgende jaar af sal mense wat MIV-negatief is elke ses maande 'n inspuiting kry wat hulle immuun teen MIV-infeksie maak. So sê die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, tydens die bekendstelling van die 6-maandelikse uitreiking gesondheidsorgstrategie in Bloemfontein. Hy het ook ouers versoek om hul dogters van 16-24 jaar oud te bring om dié inspuiting te kry om hul sodoende teen infeksies te beskerm. Luidens 'n plasing op sosiale media sê hy daar moet in ‘n stadium

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


Vroeë reën is ‘n bekommer vir ‘n Bloemfonteinse mielieboer
’n Mielieboer in Bloemfontein het sy kommer oor die onlangse vroeë reën uitgespreek. Volgens Laurens Schlebusch is die vroeë reën is nie bevorderlik vir die aanplant van mielies nie. SABC News berig volgens Schlebusch is die vroeë reën ’n teken dat die provinsie mid-somer droogte kan ervaar wat nadelig vir mieliegroei kan wees. Hy sê die Vrystaat het swaar reën in die oostelike dele ervaar. Schlebusch het egter tevredenheid uitgespreek met die reën, aangesien hulle kan werk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025
bottom of page

