top of page



‘n Bloem-leerder ontvang ‘n gesogte beurs
‘n Leerder van Jim Fouché Hoërskool in Bloemfontein, Jaco Deysel, is een van ses leerlinge wat ‘n gesogte beurs van R5 miljoen by die Eskom Expo Internasionale Wetenskapskou se nationale finaal ontvang het. Bloemnuus berig Jaco was deel van ‘n groep van 20 wat die Vrystaat by die jaarlikse expo verteenwoordig het. Die expo word daarop gemik om toekomstige wetenskaplikes te ontdek en sluit deelnemers van laer en hoërskole in. Ongeveer 300 kandidate uit 35 streke in Suid-Afrik

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Eunice se onderhoofmeisie wen Matrikulant van die jaar
Die onderhoofmeisie van die Eunice Hoërskool in Bloemfontein, Kiara Subramanian, is tydens 'n gala-geleentheid as die Matrikulant van die Jaar aangewys. Bloemnuus berig Kiara, wat volgende jaar medisyne aan die Universiteit van die Vrystaat wil studeer, sê sy voel dankbaar vir die eer wat haar te beurt geval het. Sy volg in die voetspore van 43 ander matrikulante wat oor die jare die toekenning gewen het. Onder die 14 finaliste wat van alle uithoeke van Suid-Afrika in Bloemf

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Die UV bereik ‘n ooreenkoms met studente
Die Uitvoerende Komitee van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Kampusstudenterade van hul drie kampusse het 'n ooreenkoms bereik oor die implementering van die uitfasering van voorlopige registrasie. SABC News berig daar is ooreengekom dat voorlopige registrasie oor 'n tydperk van twee jaar (2026-2027) uitgefaseer sal word. Die universiteit sê vanaf 1 Januarie 2026 sal alle studente op 'n volledig geregistreerde stelsel wees. Intussen sal die agt betogers, vermoed

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


SKOLE RUGBY: Lamla Mgedezi is as SuperSport Skolerugby se Deurbraakspeler van die Jaar 2025 aangewys
Grey Kollege in Bloemfontein se ster-heelagter, Lamla Mgedezi, is as SuperSport Skolerugby se Deurbraakspeler van die Jaar 2025 aangewys. Die 17-jarige Mgedezi het tydens vanjaar se Cravenweek uitstaande vertonings gehad met verskeie drieë vir die Vrystaat span, en dis juis hierdie vertonings wat sy plek in die Suid-Afrikaanse Skolespan verseker het. Mgedezi het aan Netwerk24 gesê dat aan die begin van jaar het hy nog tweede span gespeel met groot doelwitte - om eerste span t

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 15, 2025


‘n Bloemfonteiner is as semifinalis in die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys
Bloemfonteiner Mirna Butler is as semifinalis in die AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys. Volgens Butler is dit ‘n groot eer om as semifinalis aangewys te word, maar sy voeg by die ware beloning is die oorweldigende ondersteuning van die gemeenskap asook haar vriende en familie. Meer as 450 entrepeneurs het sedert 2017 vir die kompetisie ingeskryf en meer as 25 000 lede van die publiek het vir hul gunstelinge gestem. Finaliste word volgende

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


Bloemfontein is binnekort weer in pers getooi
Bloemfontein sal binnekort weer in pers getooi wees wanneer mans van regoor die stad, en die land, weer aan vanjaar se mees gewaagde pretdraf deelneem. Bloemnuus berig die Hollard Daredevil Run is nie net ‘n pretdraf nie – dit is ‘n herinnering om dapper te wees, en dus sal manne einde Oktober ter ondersteuning van kankerbewustheid, in niks anders as pers speedo’s en tekkies hardloop nie. Volgens KANSA se nasionale bestuurder van gesondheidsprogramme, Lorraine Govender, bied

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


Die UV sluit ‘n kampus en skort lesings op
Alle lesings is by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se hoofkampus in Bloemfontein sowel as hul Suid-kampus is tot verdere kennisgewing opgeskort. Verder word beweging tussen 19:00 en 7:00 beperk. FS-online berig die UV se QwaQwa-kampus is gesluit en studente was versoek om die kampus binne 24 uur te verlaat. Die sluiting volg na voortdurende protesoptogte oor die universiteit se besluit om voorlopige registrasie vanaf 2026 te beëindig, asook oor 'n betwiste skuldkonsess

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


‘n Bloem-leerder se vermeende ontvoerder is weer in die hof
Die Bloemfonteinse polisiesersant, Nzima Adoons, wat meer as vier maande gelede in hegtenis geneem is vir die beweerde ontvoering van die 19-jarige Kamogelo Baukadi, het weer vlugtig in die hof verskyn. Netwerk24 berig die saak is tot 1 Desember vir vedere ondersoek uitgestel. Adoons wat vroeër vanjaar op borgtog van R2 000 vrygelaat is, bly op vrye voet onder streng voorwaardes. Adoons word daarvan beskuldig dat hy saam met ander mans in polisie-uniform betrokke was by die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


‘n Bloem-duif is dalk die duurste Vrystaatse duif nog
Wedvlugduif, Salvo Rose, van Bloemfontein wat R550 000 op ‘n veiling behaal het, word as die duurste duif nog beskou wat in die Vrystaat geteel is. Netwerk24 berig die duif is die naweek deur ‘n Nederlandse wedvlugduif-teler gekoop. Altesaam het die 14 duiwe op die veiling meer as R2 miljoen behaal. Die veiling volg op die jaarlikse Afrikapro-wedvlug waarin Salvo Rose puik presteer het. President Cyril Ramaphosa se eendaghokke op sy plaas Phala Phala is vir die wedvlug gebrui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14, 2025


‘n Welkom-prokureur se borgtogaansoek word nou in Bloemfontein aangehoor
Die formele borgtogverrigtinge van ‘n Welkom-prokureur, Jan Maritz, is tot volgende week uitgestel, en sal in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor word. Volgens Nova News is hy na Maandag se verhoor in aanhouding geplaas en het die nag in die Welkom-selle deurgebring hangende sy vervoer na die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein. Maritz is in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, diefstal, geldwassery en oortredings van die Wet op Regspraktyk waarby sowat R15 miljo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14, 2025


Studente word op waarskuwing vrygelaat
Manstudente wat die naweek in hegtenis geneem is vir die die gooi van ‘n petrolbom na ‘n sekuriteitswagkamer op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus, het in die stad se landdroshof verskyn. Die ses studente is op waarskuwing vrygelaat, en sal volgens polisiewoordvoerder Lt Col Thabo Covane saam met die nege studente wat vroeër in hegtenis geneem is, weer op 4 November in die hof veskyn. Die ses staan tereg op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging en p

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14, 2025


AfriForum hou Bloemfontein skoon en veilig
AfriForum se Bloemfontein-tak het die afgelope maand bewys waarom samewerking en betrokkenheid deur die gemeenskap, die sleutel tot ’n...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 13, 2025


SASCO distansieer hulself van Bloem-studenteproteste
Die Suid-Afrikaanse Studentekongres (SASCO) aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het hulself gedistansieer van gewelddadige optrede...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 13, 2025


‘n Bloemfontein-versnit is onder Suid-Afrika se top-wyne
Die Vrystaat-wynproewersgilde het ‘n tweede plek in die jaarlikse nasionale Blaauwklippen-versnitkompetisie losgeslaan. Dit met ‘n...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 9, 2025


PLUIMBAL: Die Suid-Afrikaanse o.17 Pluimbal-kampioenskappe is tans onderweg in Bloemfontein
Die Suid-Afrikaanse o.17 Pluimbal-kampioenskappe wat tans by die Fichardtpark Sportklub in Bloemfontein plaasvind het ’n groot aantal...

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 9, 2025


2025 se Matrikulant van die Jaar word eersdaags bekend gemaak
Die wenner van vanjaar se Matrikulant van die Jaar word eersdaags in Bloemfontein bekend gemaak. Netwerk24 berig tydens die eindrondte...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 9, 2025


Bloem-taxiverenigings eis dat e-taxi-besteldienste opgeskort word
Taxiverenigings en operateurs in Bloemfontein, het die Vrystaatse Departement van Paaie en Vervoer versoek om sekere e-taxi-besteldienste...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 8, 2025


‘n Bloem-tienermodel wen ‘n gesogte kroon in Paraguay
'n Tienermodel van Bloemfontein, Nadia Mqonqo, is in Paraguay as Mej. Tiener Kontinentale Afrika gekroon. Bloem Express berig die...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 8, 2025


‘n Welkom-prokureur se saak móét nou begin
Genoeg is genoeg, die verhoor het ‘n lang geskiedenis en moet, soos die wet bepaal, afgehandel word. So het die regter in die...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 7, 2025


Mensehandel kom steeds in en om Bloemfontein voor
Mensehandel kom steeds in en om Bloemfontein voor, en daar is deurlopend twee tot vier slagoffers in die Redeeming Love-huis vir...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6, 2025


Die polisie vra Bloemfonteiners se hulp met ‘n strafbare manslag-saak
Die Navalsig-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag en versoek Bloemfonteiners se hulp om die oorledene se naasbestaandes op te...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6, 2025


FWA kry die Fichartpark Sportgronde vir pluimbaltoernooie gereed
Slaggate rondom die Fichardtpark Sportgronde, in Bloemfontein, is deur die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) herstel. FWA het aan...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 5, 2025


Klein Bloemfonteinertjie, Janique Venter, se gewas is terug
Die gewas in die klein Bloemfonteinertjie, Janique Venter, se nek het teruggekeer en reeds na haar brein versprei. Luidens ‘n plasing op...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 4, 2025


‘n Bloemfonteiner met ‘n groot hart is oorlede
‘n Bloemfonteiner met groot hart vir sy medemens, die 53-jarige David Garrett, is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorlede. Bloemnuus berig Garret, wat sedert die opening van Pick n Pay Reizis Square die assistent-bestuurder is, het diep spore in die gemeenskap getrap. Een van sy kollegas, Dawie van Zyl, sê Garret het verlede week sleg begin voel en hy het hom twee keer na Nasionaal-hospitaal geneem. Sy toestand het verder verswak en hy is in die Pelonomi-hospitaal

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 3, 2025
bottom of page

