top of page



Bloemfonteiners ontvang eersdaags etlike maande se medikasie in een besoek
Met die bekendstelling van die 6-maandelikse uitreiking gesondheidsorgstrategie, sal stabiele Bloemfontein-pasiënte 'n voorraad medikasie vir etlike maande in 'n enkele besoek ontvang. Dit in plaas van maandelikse hervullings. Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse gesondheidsdepartement sal die benadering die aantal kliniekebesoeke verminder. Dit sal dit ook makliker maak vir pasiente om hul behandeling na te kom terwyl dit die werklas op gesondheidsfasiliteite verlig

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Bloemfontein trek glo ook voordeel uit Suid-Afrika se lening
Die Suid-Afrikaanse regering het byna R16-miljard by die Wêreldbank geleen. Dit is deel van ’n ongeveer R52.5 miljard-inisiatief om groot metro’s te help om infrastruktuur op te gradeer en dienslewering te verbeter. Die program bevoordeel agt metro’s, insluitend Johannesburg, Kaapstad en eThekwini - wat saam 85% van die land se ekonomiese aktiwiteit lewer. Die Mangaung Metro Munisipaliteit sal volgens MoneyWeb ook voordeel uit die lening trek. Newskoop berig verder volgens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


New Beginnings staak alle bedrywighede
Tot verdere kennisgewing staak New Beginnings alle bedrywighede. Die Bloemfonteinse nie-winsgewende organisasie sê in ‘n plasing op sosiale media dit is nog nie eers Desember nie en hul sukkel om kop bo water te hou. Hulle voeg by hulle het siek diere wat behandeling benodig, nuwe reddingsdiere het ingekom, en byna 40 diere in hul skuiling moet nog gevoer en versorg word. Ongelukkig kan hulle, totdat hulle genoeg fondse ontvang om uit die rooi te kom, eenvoudig nie voortgaan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


Die N1 tussen Bloem en Winburg word opgradeer
Die grootste deel van die N1 tussen Bloemfontein en Winburg word opgegradeer. Netwerk24 berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se R4 miljard inspuiting sal broodnodige werkgeleenthede skep. Volgens Sanral se provinsiale hoof in die Vrystaat, Marlize Nel-Verwey, het die projek reeds begin en sal in Julie 2028 voltooi wees. Intussen is Sanral ook besig om ‘n nuwe provinsiale kantoor in Bloemfontein te vestig. Die aantal paaie wat die Vrystaatse regering die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Nóg ‘n kleuter van Glen word vermis
Die Glen-polisie in Bloemfontein het die publiek se hulp versoek om die vyfjarige Onkarabetse Leeuw op te spoor. Volgens Onkarabetse se ma het hy Saterdagmiddag sy huis omstreeks 16:00 verlaat om ʼn pet by ʼn maat te gaan optel. Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring hy is laas gesien in met ‘n grys-en-swart T-hemp met lang moue. Hy het ʼn geel kortbroek en wit tekkies aangehad. Onkarabetse se verdwying volg kort nadat die driejarige Katleho Leeuw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Thabo Bester wil sy tronkvoorwaardes verslap
Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester wil hê dat die Departement van Korrektiewe Dienste sy tronkvoorwaardes verslap. Bester wil eerder as ‘n verhoorafwagtende persoon as ‘n veroordeelde gevangene behandel word. Verder wil hy ook hê dat die departement kontakbesoeke met sy familie en regsverteenwoordigers moontlik moet maak. Hy sê dat die departement dit vir hom onmoontlik maak om normaal te funksioneer en voor te berei vir sy komende verhoor. Bester en sy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Klein Bloemfonteinertjie se poets boemerang
‘n Klein Bloemfonteiner wat haar ma ‘n poets wou bak, se plan het geboemerang. Netwerk24 berig sy wou voorgee dat haar vinger in die bad se kraan vas sit, maar toe sit haar so vinger so vas dat die brandweer die kraan moes kom afsny. Die agtjarige Phatsimo Sinyanya, het kort na sy haar vinger in die kraan gedruk het, besef dat sy hom nie weer kan uitkry nie. Haar ma Lucy sê hulle het alles probeer, van skottelgoedseep tot room. Na vele probeerslae het hulle besluit om die no

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Deon en Dattie pak Ironman vir die Vrystaat Nasorgsentrum aan
Om fondse en bewusmaking vir die Vrystaat Nasorgsentrum in Bloemfontein te skep, sal Deon Barnard en sy broer, Dattie, aan die Ironman 70.3 deelneem. Die wedloop vind op die 16de November in Mosselbaai plaas. Luidens ‘n plasing op die sentrum se facebook-blad spruit Danie-hulle se besluit uit ‘n persoonlike terugkeer na gesondheid, beweging en betekenis. Die voorbereiding was uitdagend, maar deur vasbyt, geloof en toewyding het hulle hul doel bereik. Dattie is nou 13 jaar kan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Opperman se vermeende moordenaar bly in aanhouding
Eertydse regimen-sersant-majoor, Albertus Opperman, se vermeende moordenaar sal na verwagting weer in Desember in die Bloemfontein landdroshof verskyn. Volgens Netwerk24 is die verdagte se borgtog vroeër suksesvol teengestaan, en hy bly in aanhouding. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag sê dit is om tyd te gun vir ‘n belissing deur die direkteur van openbare vervolgens (DOV). Die woordvoerder voeg by is daar verskeie kwessies wat in die dossier vervat is waarv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Rowers slaan wéér op winkel in Westdene toe
Gewapende mans het die Talk2Me Vodacom-winkel in Pres. Steynstraat, Westdene, beroof. Volgens winkeleienaar, Gerda le Roux, is dit die vyfde keer dat haar winkel beroof word. Bloemnuus berig drie vroue is na die kombuis geneem waar hulle hande met kabelbinders vasgebind is. Le Roux wat in haar kantoor langs die winkel gesit het, het alles sien gebeur en die paniekknoppie gedruk. Volgens haar het die winkel heelwat voorraad vir hul Black-Friday-aanbiedinge gehad. Die rowers h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


‘n Nuwe aanbouing by die Oorlogsmuseum in Bloem is byna voltooi
Die bou van ‘n lewensgrootte drieverdieping-blokuis uit die Anglo-Boereoorlog by die Oorlogsmuseum van die Boererepubliek in Bloemfontein, is byna voltooi. Bloemnuus berig die aanbouing sal ‘n nuwe perspektief gee op die lewensomstandighede in en om dié geboue wat deur die Britse magte opgerig is. Netwerk24 het vroeër berig afmetings is verlede jaar geneem en tekenaar Hennie van Zyl is aangestel om die planne op te trek. Die Tierpoort-blokhuis is in 1999, net voor die 100-

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 6, 2025


UV-studente is weer in die hof
Die ses manstudente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat glo ‘n petrolbom na ‘n kampusingang gegooi het, het weer in die Bloemfontein landdroshof verskyn. Dit op aanklag van openbare geweld. Volgens Netwerk24 is hulle almal vroeër op eie verantwoordelikheid vrygelaat nadat hulle in Oktober in hegtenis geneem is. Vier van die studente mag tydelik na die manskoshuis op kampus waar hulle tuisgaan terugkeer om hul eksamen af te lê. Daar was ook versoek dat die saak tot

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


‘n Vermeende kinderverkragter van Bloemfontein moet vir waarneming gaan
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die driejarige Katleho Leeuw van Glen buite Bloemfontein verkrag en vermoor het, moet na die Vrystaatse Psigiatriese Sentrum vir waarneming gaan. Netwerk24 berig die 30-jarige Kholisiwe Jonas het vir die tweede keer in die Bloemfontein landdroshof verkyn. Jonas het sy borgtogaansoek laat vaar, en die saak is tot 4 Desember vir die aanhoor van die psigiatriese- en verdere misdaadondersoek uitgestel. Katleho se liggaam is verlede maand

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


Die polisie verwyder dwelms van Heidedal se strate
Terwyl die Vrystaatse polisie met hul veiliger feesseisoen-aktiwiteite besig is, het hulle inligting oor dwelmsmokkelary in Morrisonstraat, Ashbury, ontvang. Die polisie het tydens hul soektog op verskeie dwelms beslag gelê insluitend dagga, mandrax-tablette en kristalmetamfetamien. Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covan, sê in ‘n mediaverklaring kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is, is ook gekonfiskeer. ‘n 33-jarige man is dadelik in hegtenis geneem, e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


Bloemskou 2026 se beplanning vorder flink
Beplanning vir die 2026 Bloemskou is reeds volstoom aan die gang. Die skou se hoof-uitvoerende beampte, Elmarie Prinsloo, sê die skou vind volgende jaar van 23 April tot 2 Mei plaas. Dit onder die vrolike en opwinde Beach Party-tema wat beloof om ‘n somerpartytjie atmosfeer na Bloemfontein te bring. Vanjaar se skou het byna 6 000 vee-inskrywings in die landbou-afdeling en meer as 100 000 besoekers gehad. Volgende jaar se skou toon reeds groot belangstelling met landboukampioe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Die Metro wil glo Naval Hill óók verkoop
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgereik van hul voorneme om 14 bates te verkoop of te verhuur. Een van hierdie is Naval Hill in die middel van die stad, wat die Franklin-natuurreservaat huisves. Die reservaat is volgens Bloemnuus een van net drie reservate oor die wêreld heen wat binne ‘n stad geleë is. Stigter van die Vriende van Franklin, Andri Grobbelaar, sê hulle sien net in die media van hierdie voorneme en daar was nog geen gesprekke met hulle n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


AfriForum vat die Mangaung Metro Munisipaliteit hof toe
AfriForum se Bloemfontein-tak het hofstukke op die Mangaung Metro Munisipaliteit beteken. Dit aangesien die metro volgens hulle versuim om behoorlike vullisverwydering aan inwoners te lewer. Asook dat hulle glo weier om aansoeke vir kwytskelding van die dié diens te oorweeg. Luidens ‘n mediaverklaring volg die regstappe nadat talle inwoners aansoek gedoen het om hul munisipale vullisverwyderingsdiens te kanselleer en eerder van privaat diensverskaffers gebruik te maak. Afri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 1, 2025


Bloemfonteiners is nie gelukkig oor die verkoop van die Tempe-vliegveld nie
Die DA, saam met die Tempe-vliegveld en Groenvlei-gemeenskappe, het formele besware ingedien teen die Mangaung Metro Munisipaliteit se voorstel om dié vliegveld in Bloemfontein te verkoop. Dit glo vir 'n privaat landgoedontwikkeling. DA-raadslid, Johan Pretorius, sê in ‘n mediaverklaring meer as 50 skriftelike besware is reeds ingedien. Hy voeg by om die terrein vir privaat ontwikkeling te herbestem sal nie net Tempe se lugvaartstatus bedreig nie maar ook plaaslike werksge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


‘n Seun van Bloem verdrink byna by ‘n gastehuis
‘n 10-jarige seun het byna by ‘n gastehuis in Bloemfontein verdrink. Hy sterk tans aan in ‘n waakeenheid in die stad. Volgens Netwerk24 het die seun en sy gesin glo in die gastehuis tuisgegaan. Die eienaars van die gastehuis in Universitas het op ‘n WhatsApp-groep om hulp gevra, waarna verskeie nooddienste na die toneel gestuur is. Een van die mense op die toneel het gesê dat die kind vir omtrent twee minute onder die water was. Bystanders het dadelik KPR begin toepas, die k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


Leë polisiehuise in Bloemfontein word glo geplunder
Eiendom van die polisie word glo deur haweloses beset en geplunder in Bloemfontein. Netwerk24 berig in mees onlangste geval het ‘n huis in die Universitas-woonbuurt afgebrand. Luidens ‘n WhatsApp-groep word die huis al maande gevandaliseer, met onwettige besetters wat ingetrek en vuur in die huis gemaak het. Die huis is die naweek deur vlamme veswelg. Voorsitter van die Universitas-en-Universitas-Wes-woonbuurtvereniging, Frikkie Einsenberg, sê onwettige studentebehuising in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Vermeende inbrekes loop hul rieme styf in Bloem
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem na hulle inligting oor ‘n huisbraak in die Wilgehof-gebied ontvang het. Luidens ‘n mediaverklaring het die Parkweg Trio-taakspan ‘n wenk ontvang oor die voertuig wat die verdagtes bestuur het. Lede het vinnig gereageer en die voertuig opgespoor. Na 'n kort jaagtog is die verdagtes aangekeer. Die twee is onmiddellik in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê beamptes het vermoedelik gesteelde eiendom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


‘n Diabeet van Botshabelo kry glo per ongeluk ARV’s
Die familie van 'n 67-jarige diabetiese man van Botshabelo sê hulle is verpletter nadat hul pa se gesondheid versleg het deur per ongeluk antiretrovirale middels (ARV's) te gebruik. SABC News berig die man se seun het weke nadat sy pa siek geword het eers besef dat hy ARV’s gedrink het. Die bejaarde man het glo per ongeluk ARV’s in plaas van sy chronise diabetiese medikasie by ‘n plaaslike kliniek ontvang. Die man is hospitaal toe gehaas nadat hy sere ontwikkel het en nie ko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Bytmerkte lei polisie na ‘n Bloemfonteinertjie se vermeende moordenaar
Bytmerke verbind die man, wat daarvan beskuldig word dat hy die die driejarige Katleho Leeuw verkrag en vermoor het, met die misdaad. Volksblad berig die 30-jarige Kholisiwe Jonas het vlugtig in die Bloemfontein landdroshof op aanklagte van moord en verkragting verskyn. Luidens inligting wat in die hof bekend gemaak is, is Jonas in 2018 aan statutêre verkragting skuldig bevind. Hy is toe ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê. Daar is ook ‘n beskermingsbevel teen hom. Leeu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


Dele van Bloemfontein is eersdaags sonder water
As gevolg van herstelwerk aan die Heuwelsig-pompstasiepyplyn sal sekere dele van Bloemfontein Dinsdag sonder water wees. Luidens ‘n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit sluit dit Heuwelsig, Dan Pienaar en omliggende gebiede in. Watertoevoer sal van 8:00 vir 12 ure, weens die sluiting van kritieke kleppe, beinvloed word. Die munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, sê die metro vra omverskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak, en doen ‘n beroep op inwo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025
bottom of page

