top of page

Nuus


‘n Mega-kerk se leier is in hegtenis geneem
Die leier van ‘n mega-kerk, ‘n regter en twee ander verdagtes is op aanklag van geldwassery in hegtenis geneem. SABC News berig die inhegtenisname spruit uit ernstige bewerings van korrupsie. Dit sluit pogings in om ‘n siviele saak wat tans voor die Pretoriase Hooggeregshof dien, te beinvloed. Daar word beweer dat die regter vergoeding van die hoofbeskuldigde ontvang het in ruil vir die lewering van 'n gunstige uitspraak. ‘n Ondersoek het verder die betrokkenheid van drie by

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Die metro se gesloer beroof die stad
Die Mangaung Metro Munispaliteit se gesloer om ’n ooreenkoms met die Vrystaatse Rugbyunie (VRU) vir die gebruik van die Toyota-stadion te finaliseer, kos Bloemfontein miljoene, én beroof die stad van die geleentheid om weer toetswedstryde aan te bied. Bloemnuus berig volgens VF Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer, Armand Cloete, moes die munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, Dinsdag aan die Vrystaatse wetgewer verslag doen oor die vordering met die o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Die Inkomstediens kondig veranderinge aan
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens spoor werkgewers in Suid-Afrika aan om vir die 2026 Werkgewer-indieningsseisoen te begin voorberei. Dit aangesien sommige verandering vroeg 2026 in werking sal tree. Die Inkomstediens het verklaar dat werkgewers vanaf Februarie nie meer Lopende Betaalstelsel (LBS)-versoenings sonder ‘n geldige inkomstebelastingverwysingsnommer vir alle werknemers sal kan indien nie. Die Inkomstediens sê dat versoenings sonder geldige inkomstebelastingnommer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Vrystaate munisipaliteite stort in duie
Munisipaliteite in die Vrystaat stort in duie met riviere vol riool, vullis wat in strate ophoop, en krane wag leeg loop. Dit luidens ‘n mediaverklaring van die DA se CoGTA-woordvoerder, Igor Scheurkogel. Tydens die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) se Provinsiale Week van 2025 het die Ouditeur-generaal bevestig dat nie een munisipaliteit in dié provinsie 'n skoon oudit het nie. Die DA het ‘n mosie ingedien om in die NRVP te debatteer om die Vrystaatse Provinsiale Regering

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


‘n Nuwe portaal help SAʼners om hul burgerskap terug te kry
Die Departement van Binnelandse Sake het ʼn toegewyde aanlyn portaal bekend gestel vir Suid-Afrikaners om hul burgerskapstatus te bevestig. Dit is veral vir diegene wat in die buiteland woon. Ook help die portal om burgerskapstatus terug te kry indien hulle dit verloor het. Dit kom, volgens Maroela Media , nadat die Konstitusionwele Hof in Mei vanjaar bevestig het dat Suid-Afrikaners wat hul burgerskap weens die verkryging van burgerskap in ʼn ander land verloor het, hul Suid-A

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Skrywer van die Siener van Rensburg-boeke is oorlede
Skrywer Adriaan Snyman is in die ouderdom van 87 in sy slaap oorlede. Netwerk24 berig hy is veral bekend vir die boeke Stem van ‘n profeet en Boodskapper van God oor Siener van Rensburg. Snyman het in 2001 saam met Chris Botha die sogenaamde Siener-toer deur Suid-Afrika onderneem om meer oor Van Rensburg en sy voorspellings te praat. Hy het sy eerste kortverhaal gepubliseer toe hy net 18 jaar oud was. Deur die jare het hy talle kortverhale, gedigte, 180 romans en jeugverhale

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Humanitêre hulp na Gasa word gestaak
Die omstrede VSA- en Israel-gesteunde Gaza Humanitarian Foundation (GHF) sê dat hulle hul hulpbedrywighede in die Palestynse gebied ná byna ses maande afskaal. Die organisasie het reeds hul drie voedselverspreidingsterreine in Gaza opgeskort nadat die wapenstilstand tussen Hamas en Israel ses weke gelede in werking getree het. Volgens die BBC het die GHF Maandag gesê dat hulle nou hul bedrywighede afskaal weens die suksesvolle voltooiing van hul noodmissie. ‘n Totaal van 3 mi

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


Suid-Afrika vier die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme-veldtog
Die regering het Dinsdag die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog afgeskop. Die bekendstelling kom terwyl geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord nou tot ‘n nasionale ramp verklaar is. Vanjaar se veldtog doen ‘n beroep op mans, vroue, seuns, meisies en mediahuise om saam te werk om die plaag van geweld te beëindig. Die adjunkminister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Steve Letsike, sê data toon dat die probleem verdiep. Letsik

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


Die voormalige uitvoerende hoof van die POF versuim om voor Skoor te verskyn
Die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukfonds (POF), Collins Letsoalo, het versuim om voor die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) te verskyn. Skoor ondersoek ernstige finansiële wanbestuur, boeliegedrag en twyfelagtige besluite wat onder sy leierskap by die POF geneem is. Dit is nie die eerste keer dat hy versuim het om te verskyn nie. ActionSA doen nou ‘n beroep op Letsoalo se kriminele vervolging nadat hy geweier het om aan ‘n wettige dagv

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


'n Digitale argief vir Afrikaanse kultuurerfernis word bekend gestel
Nuuseum, ʼn maatskappy sonder winsbejag wat die breë Afrikaanse kultuurerfenis digitaal wil bewaar en ontsluit, is in Stellenbosch bekendgestel. In ʼn tyd waar fisiese argiewe onder druk verkeer, bied Nuuseum ʼn toeganklike ervaring danksy tegnologie en kundigheid. Maroela Media berig die uitvoerende hoof van Nuuseum, Lizabé Lambrechts, sê argiewe gaan nie net oor dokumentasie nie, maar oor gemeenskap, herinnering en nuwe moontlikhede. Daarom onderhou hulle ʼn digitale argief en

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


Freek Robinson lê die tuig neer
"Dit is tyd." So sê die veteraanjoernalis Freek Robinson in die verklaring waarin hy sy finale uittrede uit die aktiewe joernalisiek aankondig. Netwerk24 berig die 73-jarige Robinson se aftrede is vroeër as wat hy beplan het, maar onlangse rampspoedige gebeure het ’n nuwe perspektief gebring wat hom laat besluit het om halt te roep. In ’n verklaring sê die familie Robinson en sy gesin se huidige leefsituasie en “nomadiese bestaan” weens hul huis wat op 4 November deels in ’n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


'n Vrou oorleef ure in 'n oorstroomde Vrystaatse rivier
'n Vrystaatse vrou het vir meer as 12 uur in 'n oorstroomde rivier oorleef deur aan 'n boomtak vas te hou. Die Phuthaditjhaba-polisie ondersoek ‘n saak van poging tot verkragting, sowel as poging tot moord en roof nadat die vrou na bewering deur ‘n taxibestuurder in ‘n oorstroomde rivier gestoot is. Sy is Maandagoggend deur die polisie en munisipale duikers gered. Die vrou het Sondag ‘n taxi van Mabolela Village na Phuthaditjhaba geneem. Die bestuurder het egter na bewering n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


Die Tesourie dreig om Mangaung-fondse terug te hou
Die Nasionale Tesourie het 'n formele kennisgewing aan die Mangaung Metro Munisipaliteit uitgereik. Hierin word gewaarsku dat die Metro se Desember-billike-aandeeltoekenning moontlik teruggehou kan word. Dit weens ernstige en volgehoue oortredings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet. Luidens ‘n mediaverklaring van die DA is dit een van die ernstigste finansiële afdwingingsmaatreëls wat tot die Tesourie se beskikking is, en dui dat die Metro op die rand van fiskale mis

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Vermeende Bloem-rowers is uit die hospitaal en eersdaags in die hof
Twee vermeende rowers wat juwelierswinkels in Bloemfontein beroof het, is uit die hospitaal ontslaan. Hulle het behandeling ontvang vir die wonde wat hulle tydens ‘n skietery met die polisie by die Vaal Plaza Tolhek op die N1-nasionale pad opgedoen het. Volgens Bloem Express sal die twee eersdaags in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van sakeroof, onwettige besit van vuurwapens asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die twee w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


BKS: Boere omseil glo kwarantynprosesse
Een van die redes waarom bek-en-klouseer so drasties versprei het, is glo dat boere dikwels vee skuif sodra hul plaas of ‘n buurplaas tekens van die siekte toon. Vrystaat Landboou se visipresident, Friedl von Maltitz, sê aan Netwerk24 , mense vind ‘n manier om die kwarantynproses te omseil. Die Vrystaat Departement van Landbou het bekend bemaak dat die aantal bek-en-klouseer gevalle toegeneem het, en nou op 106 staan. I ntussen is Vrystaatse boere ook bekommerd oor slenkdalko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Harties se waterhiasinte hou ernstige gevare in
Met die Desember vakansie in sig moet mense liefs twee keer dink voor hulle bote of enige ander vaartuie op die Hartebeespoortdam, in die Noordwes, te water laat. Maroela Media berig volgens die Nasionale Seereddingsinstituut hou die groot hoeveelheid waterhiasinte in die dam ernstige en toenemende veiligheidsgevare in. Die drywende massa hiasinte bedek tans groot dele van die dam, en daar word verwag dat dit vinnig in die komende weke sal toeneem. Indien jou vaartuig in hia

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


‘n Spesiale skool in die metro se dakke waai af
‘n Spesiale skool in die Mangaung Metro Munisipaliteit, wat voorsiening maak vir 384 leerders met ernstige intellektuele gestremdhede, insluitend 44 outistiese leerders, het aansienlike skade gely. Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse onderwysdepartement is die Boitumelong Spesiale Skool in Thaba Nchu, erg geraak toe ‘n storm agt klaskamers se dakke afgewaai het. Sinkpate is oor die perseel en aangrensende gebiede versprei. ‘n Onderwyser is beseer toe ‘n plafon geval

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Nóg ‘n tornado woed in die Vrystaat
‘n Paar weke nadat ‘n tornado in Harrismith bevestig is, is nóg ‘n tornado – die keer in Heilbron, afgeneem. Parys Gazette berig volgens Vrystater, Tanya van Rooyen het sy gestop om stormagtige wolke af te neem. Dis toe dat sy die punt sien vorm, maar het nie gedink dis ‘n tornado nie. Sy sê al wat sy kon hoor was sterk wind en swaar donderweer. Tanya sê sy het gister net ‘n paar sekondes afgeneem voordat die storm bo-oor hulle getrek het. Sy konnie sien waar die tornado gaa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Twee mans is vas oor ‘n ietermago in hul kattebak
Mans met ʼn ietermago in hul kar se kattebak is naby Bloemfontein in hegtenis geneem. Maroela Media berig polisiewoordvoerder, Lt.kol. Thabo Covane, sê twee mans is op die N8 naby ʼn vulstasie van die pad afgetrek en die voertuig is deursoek. In die kattebak is ʼn blou staalgereedskapskis, toegesluit met ʼn hangslot, gevind. Die mans het aangevoer hulle het nie ʼn sleutel vir die slot nie, waarna die bestuurder toestemming gegee het dat die polisie die slot breek. In die kis is

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Die UV behaal platinumstatus
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) is as een van Suid-Afrika se top-presterende universiteite in kampusgesondheid en -welstand erken. Luidens ‘n aanlyn plasing het die instelling Platinumstatus in die FISU Gesonde Kampusprogram verwerf en 'n uitstaande 95% in die jongste sertifiseringsproses behaal. Hierdie prestasie weerspieël die UV se verbintenis tot holistiese welstand, volhoubaarheid en 'n studentgesentreerde kampuservaring – wat verseker dat hul studente en personee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Sekere troeteldierkos word van die mark onttrek
Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) en RCL Foods het ʼn landwye onttrekking van verskeie droë honde- en katkosprodukte aangekondig. Dit kom nadat te hoë vlakke van ʼn natuurlike gifstof in sekere sakke gevind is. Maroela Media berig dit geld vir meer as 55 000 sakke van Bobtail, Catmor, Canine Cuisine, Optimizor, Ultra Pet en Superwoof wat tussen 26 en 29 Mei, en ook op 4, 5 en 17 Junie 2025 vervaardig is. Volgens RCL Foods is ʼn mikotoksien wat natuurlik in graan soos miel

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


Suid-Afrika se eerste skoonheidskoningin is oorlede
Die eerste vrou wat Suid-Afrika ooit op die Mej. Wêreld-verhoog in Londen verteenwoordig het, is in die ouderdom van 90 oorlede. Netwerk24 berig Norma Foster (née Vorster) is in 1956 as die land se tweede Mej. Suid-Afrika gekroon, maar word wyd erken as die eerste, aangesien die kompetisie eers ná die stigting van die Mej. Heelal- en Mej. Wêreld-kompetisies amptelik bekend gestel is. Foster het in 1967 na Amerika verhuis, by die Screen Actors Guild aangesluit en in Columbia-f

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


G20: Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle presidentskap aangebied
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle G20-presidentskap afgehandel en lande gelei tot ooreenkoms oor komplekse globale kwessies. Hy het Maandag in sy weeklikse nuusbrief besin oor die land se G20-presidentskap, wat gefokus het op die temas van solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid. Meer as 130 vergaderings het duisende afgevaardigdes dwarsdeur die jaar na die land gelok voor die G20-leiersberaad. Volgens Ramaphosa was die G20 belangrik vir Suid-Afrik

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


'n Matriekmeisie is dood nadat 'n bus haar tref
'n Graad 12-leerder is dood nadat 'n bus haar getref het tydens 'n chaotiese insident by die Schaumburg Gekombineerde Skool in Hartbeespoortdam in Noordwes. NovaNews berig vier seuns het die skoolgronde onwettiglik betree en Graad 12-leerders gekonfronteer nadat hulle hul eksamens afgelê het. 'n Geveg het uitgebreek, en toe leerders van laer grade ook betrokke raak, het onderwysers orde probeer handhaaf deur die leerders na die vervoerbusse te lei. Hier het sommige leerders b

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025
bottom of page

