top of page




Hysbakprobleme knou diens by Bloemfonteinse hospitale
Verouderende infrastruktuur by verskeie hospitale in die Vrystaat knou glo die lewering van gesondheidsdienste. Volgens Sunday World sluit dit onder meer Pelonomi Tersiêre Hospitaal en Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein in, asook verskeie ander hospitale in die provinsie. Hysbakke by sommige van dié fasiliteite is glo in sekere gevalle al jare buite werking, wat die beweging van pasiënte bemoeilik. Personeel moet na bewering soms pasiënte tussen afdelings dra.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 16


Doktor Alan Boesak beskryf Lekota as 'n eerlike en nederige mens.
Doktor Allan Boesak het gister die medestigter van Cope, Mosiuoa Lekota, beskryf as ‘n man wie se ware nalatenskap in sy eerlikheid, dissipline en nederigheid lê. Lekota is Saterdag in Bloemfontein in die Vrystaat ter ruste gelê. Boesak sê Lekota se nalatenskap begin en eindig nie met Cope nie. Hy sê sy waarde as persoon en sy waarde as vriend, is veel belangriker as die politieke party wat hy gestig het. Mosiuoa Lekota Begrafnis. FOTO: EWN

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 15


'n Bloemfontein stiefpa is gevonnis vir seksuele aanranding van 'n minderjarige
Parkweg-polisie verwelkom die vonnisoplegging van ’n 42-jarige stiefpa van Bloemfontein wat skuldig gepleit het op ’n aanklag van seksuele aanranding. Volgens 'n verklaring van die kantoor van die provinsiale kommissaris in die Vrystaat het die saak aan die lig gekom toe ’n 13-jarige leerder by die Jim Fouché Laerskool haar vertroue in ’n skoolmaatskaplike werker gestel het en ontstellende voorvalle by die huis aangemeld het. Volgens ondersoekers het die beskuldigde die minde

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 14


Mangaung-studenteverblyfverskaffers moet bouregulasies nakom
Nakoming van bouregulasies in die Mangaung Metro Munisipaliteit is nie onderhandelbaar nie. So sê die munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, in ‘n Facebook-plasing ná gesprekke met verskaffers van studenteverblyf in die metro. Nthatisi voeg by die gesprekke het Donderdag plaasgevind ná die Safer City Indaba wat onlangs deur die metro aangebied is. Hy sê studente wat in Mangaung kom studeer bring miljoene rand na die stad, onder meer deur NSFAS en selfbe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 13


‘n Bloemfonteinse reeksverkragter sit lank agter tralies
’n Reeksverkragter wat verskeie vroue en skoolmeisies naby die Mangengenene-begraafplaas aangeval het gaan lank agter tralies deurbring. Die Bloemfontein-hooggeregshof het gehoor dat die aanvalle oor ’n tydperk plaasgevind het. Slagoffers is tussen 2021 en 2023 met ’n mes gedreig, ontvoer en verkrag terwyl hulle deur die begraafplaasgebied geloop het. Jeremia Tsoanyane het tydens die verhoor skuld op verskeie aanklagte van ontvoering en verkragting erken. Hy het twee lewensla

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 13


Die hof word versoek om ‘n stokkie voor die verkoop van ikoniese Bloem-eiendomme te steek
’n Hofaansoek is ingedien om die beoogde verkoop van verskeie munisipale eiendomme in Bloemfontein te stuit. Die eiendomme sluit onder meer Tempe-vliegveld en die Franklin-natuurreservaat op Naval Hill in. Volgens AfriForum se takke in Bloemfontein is die aansoek teen die Mangaung-metro gebring om te keer dat die eiendomme verkoop of verhuur word voordat die regte prosesse gevolg is. Die organisasie sê hoewel die metro 14 projekte in ’n openbare kennisgewing gelys het, behels

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 13


Swendelaars lei Bloem-leerders om die bos
Leerders van ’n hoërskool in die suide van Bloemfontein is glo deur swendelaars om die bos gelei. Die voorval het volgens een van die leerlinge se ma ná skool plaasgevind. Sy sê aan Rosestad-nuus die man het glo die seuns gevra waar die naaste bank is en hulle daarna om hulp gevra om, teen betaling, kontant te tel en vir hom te bring. Die man het glo tydens die voorval met die seuns se selfone gevlug. Volgens polisiewoordvoerder Lt. Kol. Thabo Covane het die Parkweg-polisiek

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 12


Slim ID-dienste is ook in Bfn beskikbaar
Bloemfonteiners kan ook plaaslik vir hul Slim-ID-kaarte aansoek doen. Volgens Capitec se webtuiste bied die bank nou die diens by geselekteerde takke, insluitend Bloemfontein Plaza, in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake. Kliënte kan sonder ’n vooraf bespreking by ’n selfdiens-terminaal in die tak vir hul slim-ID aansoek doen. Die aansoekproses is volledig digitaal en neem volgens Capitec minder as vyf minute om te voltooi. Die kaart kos R150 wat die standaar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 12


Werkers vind ‘n liggaam in stroom by Roodewal
’n Geregtelike doodsondersoek is geopen nadat ’n man se liggaam in ’n stroom naby ’n lodge in Roodewal buite Bloemfontein gevind is. Werknemers by die lodge het die ontdekking aangemeld waarna beamptes na die toneel op Maselspoortweg ontbied is. Polisieduikers het die liggaam van ’n man, vermoedelik in sy middel-dertigs, uit die stroom gehaal. Die man het sigbare wonde aan sy kop en bene gehad en paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Enigiemand met inligting word ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 12


Tydige hulp gee ‘n Vrystaat-tiener ‘n tweede kans
’n Anonieme weldoener het die koste van ’n operasie vir ’n Vrystaatse tiener betaal nadat sy haar arm in ’n perdry-ongeluk gebreek het. Die 15-jarige Mikyla Hattingh van Excelsior is in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein geopereer nadat sy haar regterarm ernstig beseer het. Volgens berigte sou haar ouers nie die koste van die operasie kon bekostig nie en sy sou moontlik lank vir dieselfde prosedure in ’n staatshospitaal moes wag. Dokters voeg by Mikyla kon die normal

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 12


Ramaphosa kom Bloemfontein besoek
President Cyril Ramaphosa en lede van die nasionale kabinet kom Bloemfontein besoek. Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, sê in ‘n meidaverklaring die besoek is vir die einde van die maand by die Eeufeeskompleks op die Universiteit van die Vrystaat geskeduleer. Volgens die premier vorm die besoek deel van pogings om samewerking tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regering te versterk. Verskeie sake sal na verwagting bespreek word, insluitend ekonomiese ontwi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 10


Bloem-suid sukkel met waterdruk
Bloemfonteiners in die suide kan moontlik lae waterdruk ervaar. Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê in ‘n kennisgewing dit volg ná ’n beduidende opbou van slik by die inlaatskerms van die Welbedacht-dam. Die slik het glo die wateronttrekkingskapasiteit verminder, wat veroorsaak dat die toevoer na die Brandkop- en Longridge-reservoirs tydelik verlaag is om die stelsel te beskerm. Gebiede wat moontlik geraak kan word sluit onderandere Vista Park, Rocklands, Pellissier, Fleurda

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 10


Rusland stel saam met die Oorlogmuseum ‘n nuwe geskiedenisreeks bekend
Die Russiese Ambassade in Suid-Afrika stel saam met die Anglo-Boer Oorlogmuseum in Bloemfontein ’n nuwe sosialemediareeks bekend wat fokus op Russiese vrywilligers wat tydens die Anglo-Boereoorlog saam met die boere geveg het. Die ambassade sê op hul sosiale media blad Russiese vrywilligers het as offisiere, verkenners en vegters binne Boere-kommando-eenhede gedien en vaardigheid, dissipline en moed na die konflik gebring. Baie het hul lewens op die slagveld verloor, terwyl a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 9


Supermarkkaarte word glo vir vervalste bestuurslisensies gebruik
Vervalste bestuurslisensies plaas die kollig op die risiko’s wat dit vir padveiligheid in Bloemfontein inhou. Free State World berig dit volg nadat verskeie verdagtes glo tydens ’n roetine-verkeersoperasie in Silver City met vals bestuurslisensies betrap is. Daar word beweer dat supermarkkaarte gebruik is om van die lisensies te vervaardig. Verkeersbeamptes het onmiddellik ingegryp en die dokumente as deel van voortgesette verkeerswetstoepassingsoperasies begin verifieer. FO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 9


‘n Anti-bende-eenheid slaan toe op misdaad in Bloemspruit
Drie verdagtes is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat polisie ’n vuurwapen wat onwettig besit is en ’n groot hoeveelheid dwelms in Bloemspruit gevind het. Luidens ‘n mediaverklaring het lede van die provinsiale anti-bende-eenheid op intelligensie reageer oor ’n moontlike vuurwapen by ’n woning in die gebied. ’n Deursoeking van die perseel het gelei tot die ontdekking van ’n vuurwapen wat buite tussen ’n sinkhut en bakstene versteek was. Polisie het ook ’n 32-jarige verda

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 9


Mangaung-gemeenskapspatrolleerders kry nuwe wiele
Gemeenskapspatrolleerders in Mangaung het nuwe toerusting ontvang nadat die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum as die Vrystaat se CPF van die Jaar aangewys is. As deel van die toekenning is verskeie hulpmiddels aan die patrolleerders oorhandig, insluitend fietse, helms, reflektorbaadjies, pette, lanterns en fluitjies. Die toerusting is geborg deur Coca-Cola om gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe te ondersteun. Polisie en CPF-leiers sê die bykomende hulpbronne sal help om pa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 7


St Andrew’s groet ‘n geliefde oud-onderwyser
Die St Andrew’s School in Bloemfontein berei voor om ’n geliefde oud-onderwyser en mentor te groet wanneer Pierre Grobler se begrafnisdiens volgende week in die skool se kapel gehou word. Volgens Netwerk24 het talle leerders wat hy oor jare heen gementor het, gevra of hulle die diens kan bywoon – ’n teken van die groot invloed wat hy op generasies seuns gehad het. Die voormalige ouadjunkhoof en krieketafrigter by die skool was vir dekades lank deel van die Saints-gemeenskap.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 7


Veiligheidsrisiko’s op Bloemfontein-vullisterreine kort nóú aandag
AfriForum eis dat die Mangaung-metro dringend optree om veiligheidsrisiko’s by die noordelike en suidelike vullisterreine in Bloemfontein aan te spreek. Dit volg nadat die organisasie reeds in September verlede jaar twee strafregtelike sake teen die metro aanhangig gemaak het oor die bestuur van die terreine. Die organisasie betwis ook die metro se ontkenning dat georganiseerde bendes, soos die sogenaamde Born to Kill (BTK)-bende, op die vullisterreine teenwoordig is. Tydens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 7


Gesprekke oor die Lourierpark-saak gaan voort
Die Lourierpark-saak is in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein tot 16 April uitgestel. Die hof het ook beslis dat die bestaande hofbevel intussen van krag bly terwyl partye probeer om ’n werkbare oplossing vir die situasie in die gebied te vind. Luidens ‘n mediaverklaring van die DA-Mangaung handel die saak oor beplande behuisingsontwikkeling op die grond, asook die vraag of noodsaaklike munisipale dienste soos water, sanitasie en elektrisiteit behoorlik voorsien sal

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 6


Bloemfonteiners word oor erge donderstorms gewaarsku
Bloemfonteiners word gewaarsku om bedag te wees op erge donderstorms nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n vlak-5 waarskuwing vir Vrydag uitgereik het. Volgens die waarskuwing kan swaar reën, sterk winde en hael oor dele van die Vrystaat voorkom. Die Manguang Metro Munisipaliteit sê die toestande kan tot plaaslike oorstromings op paaie en in laagliggende gebiede lei, asook skade aan infrastruktuur en onderbrekings in munisipale dienste veroorsaak. Motoriste word aangeraai om

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 6


Die Smile Foundation help kinders in Bfn
Tot 20 kinders word by die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein geopereer as deel van die Smile Foundation se veldtog om gesigsafwykings te behandel. Woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, sê aan Rosestad-nuus die operasies verloop goed en die meeste is reeds suksesvol afgehandel. Altesaam 23 operasies was aanvanklik beplan, maar drie kon nie voortgaan nie nadat twee kinders griep opgedoen het en een nie opgedaag het nie. Die o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 6


Die Metro vergader oor veiligheid by studenteverblyf
Die Mangaung-metro se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, gaan volgende week met eienaars van studenteverblyf in Bloemfontein vergader oor veiligheid en regulasies by dié eiendomme. Die vergadering volg nadat veiligheid in en rondom studenteverblyf onlangs as ’n fokusarea tydens die Safer City Indaba geïdentifiseer is. Rosestad-nuus het vroeër berig oor kommer oor onwettige studenteverblyf in Sasolburg, waar huise glo in hoëdigtheidbehuising omskep word sonder behoor

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 5


‘n Bloemfontein-skool sluit weens veiligheidsoortredings
’n Laerskool in Bloemfontein moes sy deure sluit nadat ernstige gesondheids- en veiligheidsoortredings tydens ’n inspeksie aan die lig gekom het. Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die skool se onmiddellike sluiting gelas nadat inspekteurs verskeie gevare tydens ’n ondersoek gevind het. Dit sluit onder meer onhigiëniese toilette, blootgestelde elektriese bedrading, waterlekkasies naby elektriese toebehore en uiterste temperature in ’n kombuis en mobiele klaskamer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 5


Lekota word in Bfn ter ruste gelê
Die liggaam van die voormalige Vrystaatse premier en leier van COPE, Mosiuoa Lekota, het in Bloemfontein aangekom waar hy ter ruste gelê sal word. Volgens SABC News is Lekota gister in ’n hospitaal in Midrand, Johannesburg ná ’n lang siekte oorlede. Hy was 77 jaar oud. Die familie sê die begrafnis sal na verwagting tussen Vrydag en Saterdag volgende week plaasvind. Intussen sê die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie hulle treur oor die afsterwe van hul voormalige

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 5
bottom of page

