top of page




Centlec verwelkom diewe se vonnis
Bloemfontein se kragverskaffer Centlec verwelkom die vonnis van twee mans wat skuldig bevind is aan die diefstal en vandalisering van kritieke elektrisiteitsinfrastruktuur in Bloemfontein. Volgens ‘n mediaverklaring is die twee in September verlede jaar in hegtenis geneem nadat hulle Centlec-toerusting gesteel en beskadig het. PVC-koperkabel ter waarde van meer as R74 000 is in hul besit gevind. Die voorval het veroorsaak dat inwoners van Batho vir ’n geruime tyd sonder elek

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 5


Wateronderbreking raak dele van Bfn
Bloemfonteiners word gewaarsku oor ’n tydelike wateronderbreking weens noodherstelwerk aan ’n pyplyn in Navalsig. Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit kan die onderbreking vandag tot ongeveer 12 ure duur. Die areas wat geraak kan word sluit in Unionweg, Fawkeslaan in Navalsig, asook dele van Waverley en omliggende gebiede. Mense word aangeraai om vooraf genoeg water te stoor terwyl herstelwerk aan die pyplyn gedoen word. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 4


Die Vrystaatse anti-bende-eenheid slaan toe in Bfn
Die Vrystaatse anti-bende-eenheid het in twee afsonderlike operasies in Bloemfontein ’n onwettige vuurwapen en dwelms met ’n geskatte straatwaarde van sowat R65 000 gekonfiskeer. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het beamptes vroeër die week tydens ’n operasie in Navalsig ’n man in hegtenis geneem nadat ’n vuurwapen met ’n afgevylde reeksnommer in ’n voertuig gevind is. Die man het glo probeer vlug toe polisie die voertuig wou deursoek. In ’n tweede opera

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 4


Die metro ontken kennis van ‘n groep by die noordelike stortingsterrein
Alhoewel die Mangaung Metro Munisipaliteit erken dat onwettige herwinningsbedrywighede by Bloemfontein se noordelike stortingsterrein plaasvind, sê hulle hulle is nie bewus van lede van die sogenaamde Born to Kill-groep wat die terrein beset nie. Volgens Netwerk24 volg die verduideliking ná berigte oor beweerde besetting by die stortingsterrein. Die metro se waarnemende hoofwoordvoerder, Nicolette Maysiels, sê ’n proses is tans aan die gang om herwinners formeel te registree

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 4


AfriForum verwyder meer as 100 ton vullis in Bloem
AfriForum se vullisverwyderingsinisiatief het tonne vullis gedurende Januarie en Februarie vanjaar uit verskeie gemeenskappe in Bloemfontein verwyder. Volgens die organisasie is sowat 107 ton vullis in dié tydperk verwyder, terwyl spanne byna 4 000km afgelê het om skoonmaakaksies in woonbuurte en openbare ruimtes te ondersteun. AfriForum sê in ‘n mediaverklaring die inisiatief is deel van pogings om gemeenskappe skoner en veiliger te hou. Die organisasie se distrikskoördineer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 4


Cholota se regspan is optimisties
Voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule se oud-persoonlike assistent, Moroadi Cholota, en haar mede-beskuldigdes was Dinsdag weer in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein oor die asbes-tendersaak. Volgens News24 sê Cholota se regspan daar is ’n redelike kans op sukses met haar aansoek om appèl. Die aansoek volg nadat haar spesiale pleit, waarin sy die wettigheid van haar uitlewering uit die Verenigde State en die hof se jurisdiksie betwis het, verlede maand van di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 3


Openbare gesondheid in Bloem kry ‘n hupstoot
Openbare gesondheidsorg het ’n hupstoot gekry met die bekendstelling van ’n nuwe digitale PET/CT-skandeerder by die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein. Die toerusting is deur die Universiteit van die Vrystaat se Departement Kerngeneeskunde in gebruik geneem en help met vinniger en meer akkurate diagnose, veral in kankerbehandeling. Volgens ‘n aanlyn artikel van die universiteit maak die tegnologie dit moontlik om siektes vroeër op te spoor en behandeling beter te beplan. Mee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 3


Meeste ernstige misdaad in die Vrystaat daal
Volgens die jongste provinsiale misdaadstatistiek wat in Bloemfontein bekend gemaak is, het die meeste ernstige misdaadkategorieë in die Vrystaat afgeneem. Tydens ’n mediakonferensie by die Metpol-gebou in Bloemfontein het waarnemende provinsiale polisiekommissaris, generaal-majoor Apaphia Modise, gesê kontakmisdade het met meer as 8% gedaal. Moord-, verkragting- en aanrandingsake toon almal ’n afname oor die afgelope kwartaal. Polisie het egter kommer uitgespreek oor ’n toen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 3


Verkeersbeamptes word in Bloemfontein vereer
Verkeersbeamptes is tydens ’n waarderingsgeleentheid by die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein deur die Manguang Metro Munisipaliteit vereer. Die munisipaliteit sê die geleentheid was bedoel om beamptes te erken vir hul diens, professionaliteit en volgehoue werk in die handhawing van wet en orde in die stad. Bestuurslui het tydens die geleentheid beklemtoon dat verkeersdienste ’n belangrike rol speel in openbare veiligheid en dienslewering aan inwoners. Beamptes het sertifika

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 3


Daar is probleme by Bloem se suidelike stortingsterrein
Bloemfonteiners word waarsku oor bedryfsprobleme by die suidelike stortingsterrein weens masjinerie wat tans buite werking is. Volgens ‘n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit is geen toerusting tans operasioneel nie, wat dienslewering en terreinbestuur beïnvloed. Bloemfonteiners word versoek om intussen van die noordelike stortingsterrein gebruik te maak totdat die probleem opgelos is. Die metro beklemtoon dat afval slegs by aangewese stortingsterreine gestort m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 2


Steenhuisen is in Bfn
Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, is in Bloemfontein waar hy toesig hou oor die voortgesette massainentingsveldtog teen bek-en-klouseer in die Vrystaat. Luidens ‘n plasing op die Vrystaatse landboudepartement se sosiale media blad het hy, saam met die Vrystaatse Landbou-LUR Elzabe Rockman en provinsiale amptenare, die inentingsprogram by die Glen-landboukollege besoek - waar staatsveeartse ’n demonstrasie van die inentingsproses gehou het. Die departement sê die ine

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 2


‘n Kindermoordsaak sal ná die beskuldigde se bevalling voortgaan
Die kindermoordsaak teen ’n vrou van Glen is vroeër in die Bloemfonteinse landdroshof tot einde April ná haar bevalling uitgestel. Volgens Netwerk24 bly Vuyiswa Joyce Leeuw in aanhouding nadat haar borgtogaansoek onsuksesvol was. Die staat het aangevoer dat die moord op haar vyfjarige kleinneef glo vooraf beplan is en uit wraak gepleeg is ná die dood van haar eie dogter, Katleho Joyce Leeuw. Die pa van die vyfjarige seuntjie staan intussen tereg op aanklagte wat verband hou

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 2


Regter Loubser druk vir vordering in die Vrystaatse asbes-verhoor
Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het Maandag kortliks gesit in die langlopende asbes-tendersaak, met die voorsittende regter wat duidelik gemaak het dat verdere vertragings nie geduld sal word nie. Volgens News24 het Regter Phillip Loubser gesê onredelike uitstel sal die belange van geregtigheid, sowel as dié van die staat en beskuldigdes, benadeel. Die saak teen voormalige premier Ace Magashule en verskeie mede-beskuldigdes spruit uit ’n 2014-projek van sowat R2

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 2


Nog ‘n BKS-geval is in die Mangaung-metro bevestig
Nog ’n geval van bek-en-klouseer is in die Mangaung Metro Munisipaliteit bevestig, wat die totale aantal uitbrake in die Vrystaat op minstens 381 en in die metro op 2 te staan bring. Volgens die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling is tien nuwe gevalle onlangs in verskeie dele van die provinsie aangemeld, insluitend Vrede, Reitz, Tweeling, Boshof en Thaba 'Nchu. Owerhede sê inentingsprogramme is reeds aan die gang, met duisende entstofdosisse wat toege

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 2


Stappe word geneem om pasiëntevervoer te verbeter
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê stappe word geneem om pasiëntevervoer te verbeter. Dit ná klagtes oor toestande waarin chroniese en psigiatriese pasiënte vanaf Qwaqwa na Bloemfontein vervoer word. Pasiënte wat behandeling by onder meer Universitas-, Pelonomi- en die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks ontvang, het volgens Sunday World kommer uitgespreek oor oorvol ambulansvervoer oor lang afstande. Departementele woordvoerder Mondli Mvambi het bevestig dat ou...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 2


‘n Plaaslike eierprojek bring hoop vir die Thaba ‘Nchu-gemeenskap
Danksy ’n gemeenskapsgerigte lêhoenderprojek op die plaas Blijdskap. kan inwoners van die Thaba 'Nchu-omgewing kan nou vars, plaaslik geproduseerde eiers aankoop. Volgens Maroela Media het die projek onlangs sy eerste eiers aan gemeenskapslede verkoop, met die doel om toegang tot bekostigbare en voedsame kos te verbeter. Die inisiatief fokus veral daarop om swanger vroue en jong kinders van proteïenryke voedsel te voorsien. Die projek word deur verskeie rolspelers ondersteun

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 2


Informele nedersettings verhoog brandrisiko
Informele nedersettings verhoog die risiko van brandvoorvalle en plaas toenemende druk op verouderende infrastruktuur. Dit volgens die hoof van die Nasionale Rampbestuursentrum, Elias Sithole. Volgens ’n plasing op die Mangaung Metro Munisipaliteit se sosiale media beklemtoon Sithole dat die uitbreiding van informele nedersettings tot ’n merkbare toename in brande landwyd bydra. Hy sê by die Nasionale Branddienste-indaba in Bloemfontein, beter hulpbrontoewysing, sterker bepla

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 27


Watervoorsiening by Maselspoort is herstel
Watervoorsiening aan gebiede wat deur die kragonderbreking by die Maselspoort-watersuiweringsaanleg geraak is, is nou herstel. Volgens 'n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit het die kragonderbreking vroeër die week die aanleg se werking ontwrig en waterlewering aan verskeie dele van die stad beïnvloed. Hoewel toevoer weer ingestel is, bly die stelsel kwesbaar vir verdere kragonderbrekings. Die metro sê die reservoirs is tans in ’n herstel- en hervulfase, wat ka

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 26


Dienslewering gaan voort ná werkers ‘n nuuskonferensie vertraag
Ontevrede munisipale werkers het ’n nuuskonferensie in Bloemfontein met sowat 45 minute vertraag nadat hulle oor onbetaalde oortyd gekla het. Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit het die werkers antwoorde gesoek, en voeg by dienslewering sal nie onderbreek word nie. Netwerk24 berig die vergadering het oor die onlangse ontploffing by die Bayswater-substasie en die impak daarvan op krag- en waterlewering gehandel. Die ontploffing het ’n wye impak gehad nadat duisende Bloem

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 26


Daar is oor ’n Vrystaatse ontwikkeling beslis
’n Skikking oor die omstrede Wonderfontein-ontwikkeling naby Sasolburg is in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein bereik. Die ooreenkoms bepaal dat alle voorwaardes wat in 2019 deur die Metsimaholo-dorpsbeplanningstribunaal gestel is, binne vyf jaar volledig nagekom moet word voordat erwe geproklameer mag word. AfriForum het hof toe gegaan om die beweerde onwettige ontwikkeling te stop. Die organisasie se streekshoof vir die sentraalstreek, Jaco Grobbelaar, sê die hof

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 26


‘n Bfn-kunstenaar verteenwoordig Suid-Afrika op ‘n Afrika-verhoog
’n Bloemfonteiner in murg en been gaan Suid-Afrika by die African Monologue Challenge in die Ivoorkus verteenwoordig. Melane Hamman sê aan Rosestad-nuus die kompetisie is ’n Pan-Afrika storievertellings- en kulturele diplomasie-inisiatief wat Afrika-stemme en eenheid bevorder. Sy is die enigste deelnemer uit Bloemfontein én die enigste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in die kompetisie se Top 10 — ’n prestasie wat sy as ’n groot eer beskryf. Sy vertrek einde Maart na die I

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 26


Bea se fietsreis vorder flink
’n Jong Bloemfonteiner trap tans fiets van Bloemfontein tot in Kaapstad om geld vir kinders in nood in te samel. Bloemnuus berig die 22-jarige biokinetikus, Bea Labuschagne, het Sondag die pad gevat met haar projek Cycling with Christ . Sy samel geld in om leerders met ekstra klasse en sportuitgawes te help. Langs haar roete besoek sy skole waar sy haar eie ervaring deel van hoe ander haar tydens moeilike tye ondersteun het. Sy sê dit is nou haar beurt om terug te gee. Ten s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 26


‘n Jongklomp pak padveiligheid by Bloem-skole aan
AfriForum Jeug se Bloemfontein-tak het onlangs verskeie projekte aangepak om pad- en leerderveiligheid by skole in die stad te verbeter. Voetoorgange is by Laerskool Sand du Plessis oorgeverf, terwyl die voetoorgange en stopstraat-merke by Hoërskool Sand du Plessis ook opgeknap is. Om padveiligheid te bevorder is vier slaggate in Mayostraat ook herstel. Volgens die organisasie vorm die inisiatief deel van ’n breër poging om gemeenskapsveiligheid deur praktiese selfdoenaksies

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 26


Centlec word geprys vir hulle vinnige optrede
Verskeie Bloemfonteiners het die stad se kragvoorsiener, Centlec, op sosiale media geprys vir die vinnige herstel van krag ná die ontploffing by die Bayswater-verspreidingsentrum. Ten spyte van die omvang van die skade is krag binne die beraamde tyd herstel. Intussen berig SABC News dat sommige inwoners van Vanderbijlpark in die Vaal reeds vir dae sonder krag is ná ’n ontploffing by ’n hoofsubstasie. Die onderbreking raak verskeie woongebiede, met inwoners wat sê hulle moes

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 25
bottom of page

