top of page




Die provinsiale rede vind eersdaags in Bloem plaas
Die Vrystaatse Premier Maqueen Letsoha-Mathae sal Vrydag haar provinsiale rede by die Old Greys-sportterrein in Bloemfontein lewer. Volgens die People’s Assembly is die provinsiale rede ’n jaarlikse toespraak waarin die Premier die stand van die provinsie en die regering se planne vir die jaar uiteensit. Die rede fokus op politieke en sosio-ekonomiese kwessies, asook die amptelike opening van die Vrystaatse Wetgewer. Die premier sal ook die regering se prioriteite, uitdagings

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 18


‘n Bloemfonteinse dubbelmoord-verdagte bly in aanhouding
’n Dubbelmoordverdagte, 'n 34-jarige man wat teregstaan in verband met die moord op twee vroue in Bloemfontein, bly in aanhouding. Dit, nadat sy saak in die Bloemfonteinse landdroshof tot 19 Maart vir verdere ondersoek uitgestel is. Luidens ‘n mediaverklaring is twee vroue in die vroeë oggendure in Namibia Square-gebied aangetref. Hulle is in die straat naby ’n woonperseel gevind met skietwonde aan die agterkant van hul koppe. Die ontdekking het gevolg op ’n voorval in die Bl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 17


Bedrywighede gaan voort by Loch Logan
Die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein bly ten volle operasioneel ondanks die staking van sy kragtoevoer deur Centlec. Die winkelsentrum het in ‘n mediaverklaring bevestig dat Centlec die elektrisiteit ná ’n onlangse hofverrigting, wat verband hou met beweerde wanbetaling, gestaak het. Krag word tans deur kragopwekkers voorsien en volgens bestuur handel 99% van winkels normaal voort, sonder ontwrigting vir huurders of kliënte. Die sentrum sê daar is ’n lopende regsgeskil t

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 17


AfriForum eis die herprioritisering van Bloem se besteding
Die AfriForum-takke in Bloemfontein doen ’n dringende beroep op die Mangaung Metro Munisipaliteit om besteding te herprioritiseer ten gunste van basiese dienslewering. Luidens ‘n mediaverklaring volg dit te midde van volgehoue agteruitgang in vullisverwydering, water- en padinstandhouding en kragvoorsiening. Die organisasie beweer die metro ken steeds hulpbronne toe aan sekondêre projekte, waaronder die beplande heropening van die Bloemfontein-dieretuin, terwyl kritieke infra

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 17


Die Metro erken uitdagings
Burgerlike organisasies in die Mangaung Metro Munisipaliteit sê politieke inmenging, nepotisme en ’n gebrek aan deursigtigheid vererger die diensleweringskrisis in Bloemfontein. Die metro hou egter vol dienslewering bly ’n kernprioriteit, hoewel daar “fundamentele uitdagings” is. SABC News berig die Mangaung Concerned Community en die Mangaung Service Delivery Forum beweer inwoners ly onder slaggate, rioolstortings, vullis wat ophoop en ’n agterstand in emmerstelsels. Hulle

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 17


Dagsorg-moorde: 'Een slagoffer is gemartel'
Een van die vroue wat in Junie 2023 by die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein vermoor is, is doodgemartel. Dit is volgens ’n senior staatspatoloog verbonde aan die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Naas Ferreira, se getuienis in die Bloemfonteinse hooggeregshof. Netwerk24 berig Ferreira getuig die vermeende moordenaars het Janine Theron op verskillende maniere om die lewe probeer bring, en al die verskillende pogings en beserings dui op marteling. Ferreira voeg by dit lyk

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 17


AfriForum keer 'n vermeende inbreker aan
’n Vrou is ná ’n beweerde poging tot inbraak op die hoek van Skimmel- en Dapperstraat in Fleurdal aangekeer. Volgens AfriForum Bloemfontein is ’n klagte van die AfriForum Fleurdal Noodgroep ontvang oor persone wat glo toegang tot ’n perseel probeer verkry het. AfriForum911 se Reaksie-Eenheid S1 en die plaaslike buurtwag het gereageer, met bystand van Fidelity ADT. Die organisasie sê ’n vrou is met behulp van die polisie se blitspatrollie-eenheid op die toneel aangekeer. Sak

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 16


Bloem DBV reageer ná diere nadelige reaksies toon
Volgens Bloemfontein se Dierebeskermingsverenining (DBV) het verskeie diere nadelige reaksies getoon ná ’n uitreik-dipprogram die afgelope naweek in Oranjesig. Hulle sê op sosiale media hulle is ná Saterdag se program in kennis gestel dat ’n dipoplossing verkeerd gemeng is. Diere wat simptome getoon het, het veeartsenykundige sorg ontvang en word steeds gemonitor. Die DBV sê die betrokke produk se gebruik is onmiddellik opgeskort en regstellende maatreëls is ingestel om herha

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 16


BKS is in Bfn
’n Uitbraak van bek-en-klouseer is nou ook in Bloemfontein bevestig. Volgens ’n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling is een geval in die stad aangemeld. Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die Vrystaat op 344 te staan, met verskeie uitbrake wat reeds in verskillende munisipaliteite geïdentifiseer is. Die departement waarsku dat versuim om verdagte gevalle aan te meld, die verspreiding van die siekte kan vererger en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 16


Die polisie slaan ’n groot slag teen dwelms in Heidedal
’n Reeks hoë-impak operasies deur die provinsiale anti-bende eenheid het ’n groot slag teen die plaaslike dwelmhandel in Heidedal, Bloemfontein geslaan. Volgens ’n mediaverklaring is vier verdagtes in hegtenis geneem en dwelms met ’n geskatte straatwaarde van meer as R700 000 is gekonfiskeer. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê tydens deursoekings is onder meer kokaïen, dagga, khat, crystal meth en mandrax, asook kontant, by verskeie wonings gevind. In een geval

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 16


'n Jong Bloemfonteiner is dood in 'n motorfietsongeluk
’n Jong motorfietsryer van Bloemfontein is dood toe hy teen ’n voertuig gebots en ’n lamppaal getref het. Netwerk24 berig Louis Smith van Hospitaalpark is Saterdagoggend deur paramedici op die toneel dood verklaar. Volgens polisiewoordvoerder kol. Thabo Covane het Smith se motorfiets en 'n motor by die kruising van Currielaan en Napoleonstraat gebots. Die 19-jarige Smith was ’n oudleerling van die Martie du Plessis-skool. Die skool het op sy Facebookblad sy meegevoel aan Smit

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 16


Vrystaatse boere beleef verligting ná welkome reënval
Boere in die Vrystaat vier fees nadat onlangse reënval broodnodige verligting, voor die groeiseisoen, vir lande gebring het. Volgens Netwerk24 het swaar reënbuie verlede week aansienlike reën oor gebiede naby Bloemfontein gebring, wat baie produsente toegelaat het om uiteindelik te begin plant namate grondtoestande verbeter. Plaaslike produsente sê die reën het hoop op sterker oesopkoms versterk, veral vir sonneblomme en mielies wat stadig was om te vestig na droë toestande.

Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 14


Informele strukture is in Noordhoek in Bfn verwyder
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het hierdie week verskeie informele strukture wat deur plakkers in die Ryk Tulbachstraat-gebied van Noordhoek, Bloemfontein, opgerig is, verwyder. Volgens Netwerk24 het die aksie gevolg op ingryping deur die Demokratiese Alliansie (DA), wat kommer uitgespreek het oor ongereguleerde grondbesetting en die impak daarvan op veiligheid en openbare orde. Volgens DA-raadslid Selmé Pretorius is die plan om die bebosde gebied oop te sny weens die feit

Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 14


Die dagsorg-slagoffers het plastieksakke oor hul koppe gehad
Die drie slagoffers van die moord by die Byenes-dagsorgsentrum in Wilgehof in Bloemfontein het plastieksakke oor hul koppe gehad. Netwerk24 berig die operasionele bestuurder by die veiligheidsmaatskappy Recon Tactical, Wouter de Wet, het Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig die jong egpaar was ook met kettings aan mekaar vasgemaak. De Wet was een van die eerste mense op die moordtoneel van Betsie Kruger, haar dogter Janine Theron, en dié se man, Christo Thero

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 13


Daar is drama in Bloem oor ‘gekaapte’ skape
’n Bloemfonteinse boervrou beweer 249 van haar damara-skape is ‘gekaap’ en na ’n aangrensende plaas verskuif. Netwerk24 berig Amy MacLeod, wat op ’n plaas langs die N1 buite die stad boer, sê sy het die diere se spore gevolg tot op haar buurvrou se grond. Volgens haar is daar ’n Eskom-hek tussen die plase waarvan net haar buurvrou en Eskom sleutels het. Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle sê die skape is nie reg geoormerk nie, en moes ná regte na die naaste skut op Redde

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 13


BKS dreig nou naby Bfn
ʼn Moontlike geval van bek-en-klouseer naby Bloemfontein word tans ondersoek. Dit te midde van ʼn toename in gevalle in die Vrystaat. Volgens SABC News het die Vrystaatse Departement van Landbou 35 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal in die provinsie op 291 te staan bring. Uitbrake is reeds in verskeie gebiede aangemeld, met besmette plase onder kwarantyn en streng bewegingsbeheer binne ʼn radius van 10 kilometer. Die departement doen ʼn beroep op boere om enige vermoedelike g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 12


FWA trek ‘n vermeende fietsdief vas
ʼn Verdagte is kort ná middernag in Kommandostraat, Wilgehof, vir diefstal en onwettige betreding in hegtenis geneem. Volgens die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) in Bloemfontein se sosiale media-blad het ʼn veiligheidsbeampte ʼn man opgemerk wat aan hekke geruk en sakke oopgeskeur het. Verdere patrollies deur veiligheidsdienste het die verdagte later in ʼn parkie aangetref waar hy plat gelê het. Hy is vasgetrek nadat dit vasgestel is dat ʼn fiets uit ʼn perseel in Kommandost

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 12


‘n Massapatrollie in Bloem bring hoop vir kinders
Gemeenskapslede in Bloemfontein het saamgespan in ʼn massapatrollie ter ondersteuning van kinders wat met kanker gediagnoseer is. Luidens ‘n plasing op sosiale media het die inisiatief, wat vyf jaar gelede deur AfriForum Uitsig Buurtwag en CHOC begin is, gegroei tot ʼn sterk boodskap van hoop en eenheid. Verskeie veiligheidsdienste, mediese nooddienste en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag deelgeneem, terwyl die Bloemfontein Scottish Bagpipe Band vir ʼn besondere atmo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 12


Verdagtes is vas vir die besit van ‘n ietermagô
Drie mans van Kuruman sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte wat die besit van ʼn bedreigde spesie insluit. Luidens ‘n mediaverklaring het lede van die polisie inligting ontvang oor ʼn beweerde onwettige transaksie met ʼn ietermagô op die N8 in Bloemfontein. Die verdagtes was glo op pad vanaf die Noord-Kaap om die dier aan ʼn buitelandse koper teen R750 000 te verkoop. Die mans is in hul voertuig voorgekeer en die ongedeerde ietermagô is gekonfiskeer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 12


‘n Vrystaatse wildsveearts is deur ‘n buffel gegaffel
’n Bekende wildsveearts van Kroonstad, JW Eksteen, is in ʼn ernstige toestand nadat hy deur ʼn buffel aangeval is. Volgens Maroela Media word hy tans onder sedasie in die intensiewesorgeenheid van die Mediclinic-hospitaal in Bloemfontein behandel. Luidens ʼn Facebook-plasing het Eksteen glo ʼn hek van ʼn kamp met buffels probeer toemaak toe dit vasgehaak het. Hy het geval en in die kamp beland, waarna ʼn buffelbul hom herhaaldelik gegaffel het. Hy is later in ʼn plas bloed gevind e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 12


Een van die verdagtes in ’n Bloem-dubbelmoord verskyn in die hof
‘n Verdagte het vlugtig in die Bloemfontein Landdroshof verskyn in verband met die moord op twee vroue in Namibia Square. Volgens Daily Sun is hy die naweek saam met vier ander mans in hegtenis geneem nadat die liggame van twee vroue in die straat gevind is. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê beamptes op roetinepatrollie het die vroue met noodlottige skietwonde aan die agterkop aangetref. Nooddienste het hulle op die toneel dood verklaar. Die beskuldigde staan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 11


Registrasie is nou verpligtend by Bloem se stortingsterreine
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het aangekondig dat registrasie voortaan verpligtend is vir alle herwinbare materiaalversamelaars wat by die metro se stortingsterreine werksaam is. Volgens ’n openbare kennisgewing volg die besluit ná verskeie brande en berigte van kriminele aktiwiteite by die terreine. Die doel is om veiligheid te verbeter, onwettige optrede te beperk en te verseker dat die stortingsterreine ordelik en veilig bly. Versamelaars moet onder meer ’n gesertifise

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 11


Lourierpark: Die Metro moet ontwikkeling staak
Die Mangaung Metro moet alle voorbereidings van werk op die grondgebied wat deel vorm van die Brandkop-plaas en in die omgewing van Lourierpark staak. Dit is volgens 'n tussentydse bevel van die hooggeregshof in Bloemfontein ná die DA en die Geluksdam-plaasvereniging se skrywes. Bloemnuus berig werknemers is die afgelope tyd waargeneem waar hulle paaie skraap en voorbereidings tref om dienste te installeer in die grondgebied tussen Lourierpark, Bloemdal en Ferreira. Rosestad-

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 10


Beweerde dagmoeder-moordenaars se saak word uitgestel
Die verhoor van ’n oudwerker van ’n dagsorgsentrum in Bloemfontein en haar kêrel, wat weens die moord op haar eertydse werkgewer teregstaan, is in die hooggeregshof in die stad uitgestel weens teenstrydige instruksies aan hul regsverteenwoordiger. Hulle staan tereg weens die driedubbele moord op die eienares van die Byenes-dagsorgsentrum, Betsie Kruger, en haar dogter en skoonseun, Janine en Christo Theron, in 2023. Netwerk24 berig Mpheng Anna Ntsoeu en Katlego Ronald Moroe s

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 10
bottom of page

