top of page




‘n Vrystaatse wildsveearts is deur ‘n buffel gegaffel
’n Bekende wildsveearts van Kroonstad, JW Eksteen, is in ʼn ernstige toestand nadat hy deur ʼn buffel aangeval is. Volgens Maroela Media word hy tans onder sedasie in die intensiewesorgeenheid van die Mediclinic-hospitaal in Bloemfontein behandel. Luidens ʼn Facebook-plasing het Eksteen glo ʼn hek van ʼn kamp met buffels probeer toemaak toe dit vasgehaak het. Hy het geval en in die kamp beland, waarna ʼn buffelbul hom herhaaldelik gegaffel het. Hy is later in ʼn plas bloed gevind e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 12


Een van die verdagtes in ’n Bloem-dubbelmoord verskyn in die hof
‘n Verdagte het vlugtig in die Bloemfontein Landdroshof verskyn in verband met die moord op twee vroue in Namibia Square. Volgens Daily Sun is hy die naweek saam met vier ander mans in hegtenis geneem nadat die liggame van twee vroue in die straat gevind is. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê beamptes op roetinepatrollie het die vroue met noodlottige skietwonde aan die agterkop aangetref. Nooddienste het hulle op die toneel dood verklaar. Die beskuldigde staan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 11


Registrasie is nou verpligtend by Bloem se stortingsterreine
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het aangekondig dat registrasie voortaan verpligtend is vir alle herwinbare materiaalversamelaars wat by die metro se stortingsterreine werksaam is. Volgens ’n openbare kennisgewing volg die besluit ná verskeie brande en berigte van kriminele aktiwiteite by die terreine. Die doel is om veiligheid te verbeter, onwettige optrede te beperk en te verseker dat die stortingsterreine ordelik en veilig bly. Versamelaars moet onder meer ’n gesertifise

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 11


Lourierpark: Die Metro moet ontwikkeling staak
Die Mangaung Metro moet alle voorbereidings van werk op die grondgebied wat deel vorm van die Brandkop-plaas en in die omgewing van Lourierpark staak. Dit is volgens 'n tussentydse bevel van die hooggeregshof in Bloemfontein ná die DA en die Geluksdam-plaasvereniging se skrywes. Bloemnuus berig werknemers is die afgelope tyd waargeneem waar hulle paaie skraap en voorbereidings tref om dienste te installeer in die grondgebied tussen Lourierpark, Bloemdal en Ferreira. Rosestad-

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 10


Beweerde dagmoeder-moordenaars se saak word uitgestel
Die verhoor van ’n oudwerker van ’n dagsorgsentrum in Bloemfontein en haar kêrel, wat weens die moord op haar eertydse werkgewer teregstaan, is in die hooggeregshof in die stad uitgestel weens teenstrydige instruksies aan hul regsverteenwoordiger. Hulle staan tereg weens die driedubbele moord op die eienares van die Byenes-dagsorgsentrum, Betsie Kruger, en haar dogter en skoonseun, Janine en Christo Theron, in 2023. Netwerk24 berig Mpheng Anna Ntsoeu en Katlego Ronald Moroe s

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 10


Die liggaam van ’n jong vrou is op ’n plaas buite Bfn ontdek
Die liggaam van ’n 27-jarige vrou is in ’n vlak graf op ’n plaas in die Kloofeind-gebied buite Bloemfontein ontdek. Volgens die polisie het deeglike misdaadintelligensie-ondersoeke, asook inligting oor ’n beweerde besoek aan ’n sangoma deur die verdagte, tot die ontdekking gelei. Polisiewoordvoerder, lt kol Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring ’n span misdaadtoneelkenners het reeds vanaf 10:00 Maandagoggend op die plaas langs die N8-hoofweg tussen Bloemfontein en Petrusburg

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 10


‘n Gebore Bloemfonteiner is as DA-burgemeesterskandidaat aangewys
’n Gebore Bloemfonteiner, Werner Pretorius, is as die DA se burgemeesterskandidaat vir die Mangaung Metro Munisipaliteit aangewys. Die aankondiging is Maandag tydens ’n geselligheid by The Edge-restaurant bo-op Naval Hill gemaak. Volgens Bloemnuus kom die aanwysing te midde van toenemende druk op die metro wat die afgelope drie dekades deur die ANC regeer word. Die DA sê Pretorius is gekies omdat hy Bloemfontein verstaan en die kapasiteit het om dienslewering, soos water, ele

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 10


Derduisende rande se dwelms is in Bloem se middestad gekonfiskeer
Polisie-optrede teen onwettige dwelmhandel het resultate opgelewer met die inhegtenisneming van ’n verdagte in Bloemfontein se middestad. Volgens ’n mediaverklaring het lede van die Provinsiale Anti-Bende-eenheid op intelligensie-inligting gereageer oor ’n man wat glo by dwelmhandel betrokke is. Die span het die verdagte by ’n plaaslike supermark in die middestad opgespoor - waar ’n deeglike deursoeking gelei het tot die ontdekking van dwelms met ’n beraamde straatwaarde van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 9


Die verval by Tempe wek vrae oor weermagprioriteite
Die toestand van fasiliteite by die Tempe Militêre Basis in Bloemfontein het die afgelope tyd toenemende kommer onder personeel gewek. Dit te midde van grootskaalse besteding aan nasionale weermagvieringe. City Press berig kantore van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens op die basis sukkel glo met ernstige infrastruktuurprobleme, insluitend oorlopende toilette, gebarste waterpype en beskadigde mure en plafonne. Volgens personeel veroorsaak aanhoudende waterlekke da

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 9


Die DA gaan hof toe oor Lourierpark
Die DA het die Hooggeregshof in Bloemfontein dringend genader ná wat hulle beskryf as die Mangaung Metro Munisipaliteit se voortgesette, onwettige voorbereiding van grond vir bewoning in en rondom Lourierpark. Volgens ’n mediaverklaring volg die stap nadat die munisipaliteit versuim het om te verseker dat alle aksies wat grondbesetting kan moontlik maak, gestaak word. Die DA voer aan dat die grond nie geskik is vir menslike bewoning nie, en reeds onderhewig is aan ’n bestaand

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 8


Vyf mans is in hegtenis ná moorde in Bfn
Vyf mans tussen 31- en 40-jaar-oud is in hegtenis geneem in verband met die moord op twee vroue in Namibia Square in Bloemfontein. Luidens ‘n mediaverkalring volg die inhegtenisname ure nadat polisielede die liggame van die twee vroue tydens patrollies aangetref het. Albei slagoffers is met noodlottige skietwonde aan die agterkant van die kop gevind en op die toneel dood verklaar. ’n Intelligensie-gedrewe ondersoek het tot ’n deurbraak gelei toe ’n wit Toyota Quantum in diese

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 8


'n Botsing eis vyf op die N1 buite Bloem
Vyf mense is oorlede in ’n noodlottige reg-van-voor-botsing op die N1, sowat 40 kilometer suid van Bloemfontein, naby Tierpoort. Arrive Alive berig Priority-Care Ambulansdiens en paramedici, saam met die Mangaung Brandweer en Reddingsdienste, is kort ná elfuur Saterdagaand na die toneel ontbied. Met hul aankoms is bevind dat die insittendes van albei voertuie noodlottige beserings opgedoen het, en hulle is op die toneel dood verklaar. Die pad is vir ’n tydperk gesluit terwy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 8


Die polisie ondersoek drie vrouemoorde in Bfn
Die polisie doen ‘n dringende beroep om hulp ná die ontdekking van drie vermoorde vroue in Bloemfontein. Volgens ‘n mediaverklaring is twee onbekende vroue vroeg Saterdagoggend tydens roetine-patrollies in Namibia Square aangetref. Albei slagoffers, na raming in hul laat twintigs, is met noodlottige skietwonde aan die agterkant van die kop gevind en op die toneel dood verklaar. Die voorval volg op ’n vroeëre ontdekking langs Meadowsweg, waar die liggaam van ’n onbekende vrou

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 8


Bfn DBV ontvang ‘n welkome skenking
Die Bloemfontein Dierebeskermingsverenining (DBV) het onlangs ’n besonderse skenking ontvang. Dit kom nadat hulle op sosiale media hulp gevra het vir ’n nuwe of tweedehandse skootrekenaar. Volgens die DBV het MSI Suid-Afrika vorendag gekom en nie een nie, maar twee splinternuwe MSI Modern 14-skootrekenaars aan die organisasie geskenk. Die DBV sê die toerusting gaan ’n groot verskil maak in hul daaglikse bedrywighede, insluitend administrasie, inspeksies, welsynswerk en kommun

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 7


Die Internasionale Klarinet-ekstravaganza sluit af in Bloem
Bloemfontein is Saterdag die gasheer vir die groot afsluiting van die ZA Internasionale Klarinet-ekstravaganza - ’n weeklange musiekfees wat wêreldgehalte-klarinetspel vier. Volgens Bloemnuus word die fees om 19:00 afgesluit met ’n gala-konsert waartydens internasionale soliste, ’n 60-ledige klarinetkoor en die Vrystaatse Simfonie-orkes saam op die verhoog sal wees. Leerders, onderwysers en internasionale gaste het werksessies en optredes bygewoon. Dit het nie net opvoedkund

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 7


‘n Bloemfonteinse ma en dogter is in die hof oor beweerde begrafnispolis-moorde
’n Ma en haar dogter van Rocklands in Bloemfontein het hul eerste verskyning in ‘n voorverhoor in die hooggeregshof in die stad gemaak. Dit op aanklagte dat hulle glo begrafnispolisse op niksvermoedende slagoffers uitgeneem en daarna hul dood beplan het. Netwerk24 berig die saak is tot later vandeesmaand uitgestel. Hulle staan tereg op 16 aanklagte, waaronder moord, bedrog, geldwassery en uitbuiting. Volgens die klagstaat is ‘n man in Januarie 2022 vermoor nadat ’n polis van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 6


Voertuie word in Bloem-middestad geskut
Voertuie is geskut, ondernemings beboet en vervalde produkte van winkelrakke verwyder tydens ’n multi-dissiplinêre nakomingsoperasie wat in Bloemfontein se middestad uitgevoer is. Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit se sosiale media het die operasie ten doel gehad om stadsverordeninge af te dwing. Verskeie rolspelers was by die optrede betrokke, waaronder Mangaung Verkeer en Wetstoepassing, die Departement van Arbeid, Omgewingsgesondheid en Centlec. Elektrisiteitsmeters

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 6


’n Ma word vir mishandeling en verwaarlosing gevonnis
Die Bloemfonteinse Streekshof het ’n 34-jarige ma tot 10 jaar direkte gevangenisstraf vir die mishandeling en verwaarlosing van haar twee minderjarige kinders gevonnis. The Citizen berig die vrou het in 2024 skuldig gepleit op verskeie aanklagte van aanranding en kinderverwaarlosing. Die hof het gehoor dat sy in September 2024 haar negejarige dogter aangerand het nadat die kind haar bed natgemaak het. Die ma het die kind gedwing om te bad en haar kop herhaaldelik onder water

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 6


Die VF Plus waarsku teen “kosmetiese” skuldverhaling
Die VF Plus eis dat salarisaftrekkings vir munisipale skuld in die Mangaung Metro Munisipaliteit meer moet wees as net ’n kosmetiese oefening. Bloemnuus berig die party sê die skuldkrisis word nie werklik aangespreek nie, aangesien die totale agterstallige skuld steeds hoog bly. Volgens VF Plus-raadslid Elizabeth Snyman-van Deventer laat dit die vraag ontstaan of nuwe skuld opgebou word terwyl ou skuld sogenaamd afbetaal word. Die party eis dat alle raadslede en munisipale w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 5


Centlec gee Bloemfonteiners amnestie
Centlec het ’n 60-dae-algemene amnestie ingestel vir Bloemfonteiners wat betrokke is by meterpeutery, onwettige kragaansluitings of ongemagtigde verskuiwing van kragmeters. Volgens ’n mediaverklaring volg die besluit ná ’n resolusie wat einde Januarie deur die Mangaung Metro Munisipaliteit se raad goedgekeur is. Die amnestie is deel van die kragverskaffer se pogings om finansiële volhoubaarheid te herstel en infrastruktuur te beskerm. Mense wat hulself binne die tydperk aanme

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 5


Die reënseisoen bring verligting én weerlig vir Bloemfonteiners
Met die reënseisoen wat nou begin, bring donderstorms verligting van die hitte, maar ook ’n ernstige gevaar: weerlig. Suid-Afrika is een van die lande met die meeste weerligaktiwiteit ter wêreld, en dele van die Vrystaat, insluitend Bloemfontein, bly ’n hoërisikogebied. Die Mangaung Brandweer en Reddingsdienste waarsku Bloemfonteiners op sosiale media teen die gevare. Weerlig eis jaarliks talle lewens, met mense wat dikwels buite tydens storms betrap word. Mense word aangeraa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 5
bottom of page


