top of page




Bfn DBV ontvang ‘n welkome skenking
Die Bloemfontein Dierebeskermingsverenining (DBV) het onlangs ’n besonderse skenking ontvang. Dit kom nadat hulle op sosiale media hulp gevra het vir ’n nuwe of tweedehandse skootrekenaar. Volgens die DBV het MSI Suid-Afrika vorendag gekom en nie een nie, maar twee splinternuwe MSI Modern 14-skootrekenaars aan die organisasie geskenk. Die DBV sê die toerusting gaan ’n groot verskil maak in hul daaglikse bedrywighede, insluitend administrasie, inspeksies, welsynswerk en kommun

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 7


Die Internasionale Klarinet-ekstravaganza sluit af in Bloem
Bloemfontein is Saterdag die gasheer vir die groot afsluiting van die ZA Internasionale Klarinet-ekstravaganza - ’n weeklange musiekfees wat wêreldgehalte-klarinetspel vier. Volgens Bloemnuus word die fees om 19:00 afgesluit met ’n gala-konsert waartydens internasionale soliste, ’n 60-ledige klarinetkoor en die Vrystaatse Simfonie-orkes saam op die verhoog sal wees. Leerders, onderwysers en internasionale gaste het werksessies en optredes bygewoon. Dit het nie net opvoedkund

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 7


‘n Bloemfonteinse ma en dogter is in die hof oor beweerde begrafnispolis-moorde
’n Ma en haar dogter van Rocklands in Bloemfontein het hul eerste verskyning in ‘n voorverhoor in die hooggeregshof in die stad gemaak. Dit op aanklagte dat hulle glo begrafnispolisse op niksvermoedende slagoffers uitgeneem en daarna hul dood beplan het. Netwerk24 berig die saak is tot later vandeesmaand uitgestel. Hulle staan tereg op 16 aanklagte, waaronder moord, bedrog, geldwassery en uitbuiting. Volgens die klagstaat is ‘n man in Januarie 2022 vermoor nadat ’n polis van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 6


Voertuie word in Bloem-middestad geskut
Voertuie is geskut, ondernemings beboet en vervalde produkte van winkelrakke verwyder tydens ’n multi-dissiplinêre nakomingsoperasie wat in Bloemfontein se middestad uitgevoer is. Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit se sosiale media het die operasie ten doel gehad om stadsverordeninge af te dwing. Verskeie rolspelers was by die optrede betrokke, waaronder Mangaung Verkeer en Wetstoepassing, die Departement van Arbeid, Omgewingsgesondheid en Centlec. Elektrisiteitsmeters

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 6


’n Ma word vir mishandeling en verwaarlosing gevonnis
Die Bloemfonteinse Streekshof het ’n 34-jarige ma tot 10 jaar direkte gevangenisstraf vir die mishandeling en verwaarlosing van haar twee minderjarige kinders gevonnis. The Citizen berig die vrou het in 2024 skuldig gepleit op verskeie aanklagte van aanranding en kinderverwaarlosing. Die hof het gehoor dat sy in September 2024 haar negejarige dogter aangerand het nadat die kind haar bed natgemaak het. Die ma het die kind gedwing om te bad en haar kop herhaaldelik onder water

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 6


Die VF Plus waarsku teen “kosmetiese” skuldverhaling
Die VF Plus eis dat salarisaftrekkings vir munisipale skuld in die Mangaung Metro Munisipaliteit meer moet wees as net ’n kosmetiese oefening. Bloemnuus berig die party sê die skuldkrisis word nie werklik aangespreek nie, aangesien die totale agterstallige skuld steeds hoog bly. Volgens VF Plus-raadslid Elizabeth Snyman-van Deventer laat dit die vraag ontstaan of nuwe skuld opgebou word terwyl ou skuld sogenaamd afbetaal word. Die party eis dat alle raadslede en munisipale w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 5


Centlec gee Bloemfonteiners amnestie
Centlec het ’n 60-dae-algemene amnestie ingestel vir Bloemfonteiners wat betrokke is by meterpeutery, onwettige kragaansluitings of ongemagtigde verskuiwing van kragmeters. Volgens ’n mediaverklaring volg die besluit ná ’n resolusie wat einde Januarie deur die Mangaung Metro Munisipaliteit se raad goedgekeur is. Die amnestie is deel van die kragverskaffer se pogings om finansiële volhoubaarheid te herstel en infrastruktuur te beskerm. Mense wat hulself binne die tydperk aanme

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 5


Die reënseisoen bring verligting én weerlig vir Bloemfonteiners
Met die reënseisoen wat nou begin, bring donderstorms verligting van die hitte, maar ook ’n ernstige gevaar: weerlig. Suid-Afrika is een van die lande met die meeste weerligaktiwiteit ter wêreld, en dele van die Vrystaat, insluitend Bloemfontein, bly ’n hoërisikogebied. Die Mangaung Brandweer en Reddingsdienste waarsku Bloemfonteiners op sosiale media teen die gevare. Weerlig eis jaarliks talle lewens, met mense wat dikwels buite tydens storms betrap word. Mense word aangeraa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 5
bottom of page

