top of page




Bester se aansoek is van die hand gewys
Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester, se aansoek van die hand gewys waarin hy aangevoer het dat sy reg tot ’n billike verhoor geskend word. Volgens Eyewitness News het Bester toegang tot ’n skootrekenaar versoek en aangevoer dat sy aanhouding vir 23 uur per dag ongrondwetlik is. Hy het ook beweer dat hy nie voldoende tyd vir regsverteenwoordiging ontvang nie en dat beperkte privaatheid tydens konsultasies sy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 25


‘n Nasionale indaba plaas die kollig op groeiende brandrisiko’s
Die twee-dae lange Nasionale Branddienste-indaba wat eersdaags in Bloemfontein gehou word, plaas die kollig op Suid-Afrika se groeiende brandrisiko’s en die versterking van brandbeskerming landwyd. Volgens die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sal verskeie rolspelers uit die regering, branddienste, georganiseerde plaaslike regering asook tradisionele leierskap, akademie en die private sektor aan die gesprek deelneem. Dié indaba vind plaas teen die agt

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 25


Owerhede wag op besluit ná ‘n Bloemfonteinertjie deur ‘n hond aangeval is
Ná talle oproepe van bekommerde Bloemfonteiners oor die twee-jarige seuntjie wat dood is nadat ‘n hond hom glo aangeval het, het Rosestad-nuus met die polisie en die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) gepraat. Volgens die polisie wag hulle tans op ’n besluit van die Senior Staatsaanklaer oor hoe om met die saak voort te gaan. Die DBV sê hulle mag nie ’n hond summier van sy eienaars verwyder nie en kan slegs optree op versoek van die polisie. Alternatiewelik kan inspe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 24


Kragskade-eise kan by Centlec ingedien word
Kragskade-eise vir versekeringdoeleindes kan by Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, ingedien word. Dit volg terwyl misleidende inligting oor die eisproses tans op sosiale media versprei word. Volgens Centlec is die inligting wat versprei word nie deur die hulle uitgestuur nie en meld ook die verkeerde kontakpersoon. Hulle sê aan Rosestad-nuus eise kan wel ingedien word deur Doreen Mathe te kontak. Kontakbesonderhede: doreen.mathe@centlec.co.za | 051 409 2294. Ter illus

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 24


‘n Bloemfonteinertjie is ná ‘n honde-aanval oorlede
’n Tweejarige Bloemfonteinertjie is ná ’n honde-aanval by die Lakeview Plotte oorlede. Volgens Bloemnuus ondersoek die Bloemspruit-polisie ’n saak van strafbare manslag. Geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die voorval het helder oordag plaasgevind toe die kind saam met sy ma gestap het. Volgens voorlopige inligting het ’n hond, glo ’n Boerboel, deur ’n opening in ’n heining gekom en die slagoffers op straat aange

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 24


‘n Geskrapte advokaat verskyn vir beweerde eiendomsbedrog in die hof
’n Geskrapte advokaat wat na bewering byna R890 000 van voornemende huiskopers bekom het, het in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Lerata Mashee staan op aanklagte van bedrog, geldwassery en die oortreding van die Wet op Regspraktyk tereg. Daar word aangevoer dat slagoffers tussen 2019 en 2022 bedrae in sy bankrekeninge gedeponeer het nadat eiendomme in ’n plaaslike koerant geadverteer is, en hy as oordragbesorger opgetree het. Slagoffers het agterdogtig geraak toe tyd ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 24


Bloemfonteiners word gemaan om voor te berei
Bloemfonteiners word aangeraai om praktiese voorsorgmaatreëls te tref terwyl herstelwerk ná die ontploffing by die Bayswater-verspreidingsentrum voortduur. Volgens 'n kennisgewing van die DA-Mangaung kan herstelwerk aan hoëspanningsinfrastruktuur van sowat 24 uur tot verskeie dae duur, afhangend van die omvang van die skade. Inwoners word aangemoedig om yskas- en vrieskasdeure toe te hou om kos te bewaar, drinkwater te stoor en spaarsaam te gebruik, asook om selfone en noodsa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 24


Dele van Bloem gaan vir minstens 24 uur sonder krag wees
’n Ontploffing by die Bayswater-verspreidingsentrum het veroorsaak dat dele van Bloemfontein vir na raming sowat 24 uur sonder krag sal wees. Volgens Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, het die ontploffing Maandagaand by een van die transformators plaasgevind en ’n brand veroorsaak. Die Mangaung-brandweer is ontbied en het die brand op die toneel geblus. Luidens Centlec se mediaverklaring sal ’n voorlopige ondersoek die oorsaak van die ontploffing en die omvang van die s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 24


Dele van Bloem sit sonder water
Ná ’n kragonderbreking by die Maselspoort-waterbehandelingsaanleg het seker dele in die noordelike deel van Bloemfontein nie water nie. Volgens die Mangaung Metro Munispaliteit word gebiede soos Bayswater, Heuwelsig en Pentagon Park saam met verskeie omliggende woonbuurte geraak. Tegniese spanne werk tans saam met die elektrisiteitsverskaffer om die probleem op te los, en sê watertoevoer sal herstel word sodra krag by die aanleg weer beskikbaar is. Die metro het om verskoning

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 23


Bfn Spaza-winkels moet aan munisipale vereistes voldoen
Spaza-winkels in Bloemfontein moet binne die volgende paar weke aan streng munisipale vereistes voldoen of die risiko loop om nie meer wettig te kan handel dryf nie. Eienaars moet onder meer in besit wees van ’n geldige sake-lisensie en die voorgeskrewe aansoekproses voltooi om aan wetlike vereistes te voldoen. Dit volg volgens ’n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit, wat ’n tydperk van 14 werksdae toegestaan het vir nakoming. Die sperdatum vir voldoening is 16

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 23


Omstredenheid woed oor ‘n voormalige Grootvlei-gevangene
Omstredenheid woed voort oor die aanstelling van ’n veroordeelde bedrieër as hoof-uitvoerende beampte van ’n Vrystaatse openbare hospitaal. Dit nadat hy ’n deel van sy tronkstraf in die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein uitgedien het. Sunday World berig Zongezile Zumane is in Julie verlede jaar as hoof van die Sinorita Nhlabathi-hospitaal in Ladybrand aangestel. Zumane is in 2012 saam met ses ander aan bedrog en geldwassery skuldig bevind toe meer as R170-miljoen geplunde

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 23


’n Memorandum oor landboupaaie word in Bfn onderteken
Met die fokus op die versterking van Suid-Afrika se voedselsekerheid, is ‘n memorandum van samewerking oor die opgradering en instandhouding van belangrike landboupaaie in Bloemfontein onderteken. Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean McPherson, sê die herstel van paaie wat deur boere gebruik word is noodsaaklik om landbouproduksie te ondersteun en die vloei van voedsel te beskerm. Hy sê boere voed nie net die land nie, maar skep ook werksgeleenthede vir d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 23


Bouwerk aan die Pantsermuseum se gedenkmuur begin
Die fondasie vir die Pantsermuseum in Bloemfontein se nuwe gedenkmuur is reeds gelê en bouwerk is aan die gang. Inligting wat op die museum se sosiale mediablad gedeel is, dui daarop dat die muur die Pantserskool en 1 SA Tenkregiment sal vereer. Baksteenwerk het reeds begin, wat ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling van die herdenkingsprojek merk. Volgens die museum is die SA Ingenieursformasie bedank vir hul bystand met die konstruksieproses. Die Hoof van die Suid-Afrika

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 20


Hoogtepunte van die Vrystaat se provinsiale rede
Die Vrystaatse provinsiale rede is Donderdag by die Old Greys-sportterrein in Bloemfontein gelewer - waar premier MaQueen Letsoha-Mathae op die herstel van plaaslike regering, ekonomiese groei en beter dienslewering gefokus het. Sy sê baie munisipaliteite sukkel steeds met swak finansiële bestuur, dienslewering en bestuurstabiliteit, maar dat ingrypings reeds aan die gang is. Volgens die premier bly werkskepping, die bekamping van armoede en die bou van ’n bekwame staat kernp

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 20


Vragmotorbestuurders word ná ‘n kaping gewaarsku
Vragmotorbestuurders word gemaan om nie in donker of afgeleë gebiede stil te hou nie en om eerder aangewese, veilige vragmotorstasies te gebruik. Die Vrystaatse polisie waarsku ook bestuurders om nie vragbesonderhede met vreemdelinge te deel nie, om noodnommers op spoedskakel te hê, roetes vooraf te beplan en kapingsbrandpunte te vermy. Bestuurders moet ook nie rylopers oplaai nie en moet aanhou ry indien hulle deur verdagte voertuie genader word. Polisiewoordvoerder, sersant

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 20


Naval Hill neem BKS ernstig op
Te midde van die huidige uitbraak van bek-en-klouseer (of te wel BKS) - is streng biosekuriteitsmaatreëls by die Franklin Wildreservaat op Naval Hill in Bloemfontein ingestel. Die hoogs aansteeklike virussiekte raak gesplete hoefdiere diere, insluitend wildspesies wat op Naval Hill voorkom, en die stappe is nodig om hul gesondheid te beskerm en moontlike blootstelling te beperk. Daar word verder in ‘n kennisgewing genoem dat alle voertuie wat die reservaat binnegaan met goedg

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 20


NALN sal glo einde Maart ten volle herstel wees
Hoewel die kontrakteurs nog aangestel moet word, sál herstelwerk aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein teen einde Maart afgehandel wees. Dit is volgens die woordvoerder van die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, Tankiso Zola. Netwerk24 berig die meer as R2,6 miljoen vir dié opknappingswerk moet teen 31 Maart bestee wees, anders moet dit aan die provinsiale tesourie teruggegee word. Rosestad-nu

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 20


AfriForum help om misdaad in Bfn te bekamp
AfriForum se Gemeenskapsveiligheidsentrum in Bloemfontein het gedurende Januarie altesaam 95 keer op noodgevalle en misdaadvoorvalle in die stad reageer. Volgens ’n mediaverklaring sluit dit reaksie op brande, diefstal en motorongelukke in. Agt inhegtenisnemings is ook uitgevoer, terwyl vier verdagte persone of voertuie aangemeld is. Die sentrum werk saam met AfriForum911, plaaslike buurtwagte en ander veiligheidsrolspelers om voorvalle te hanteer. Statistiek toon inwoners ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 19


Nóg ’n Vrystaatse stad begin dienste afsny
Dis nie net in Bloemfontein waar beweerde wanbetalers se elektrisiteit afgesny word nie. In ’n mediaverklaring sê Welkom se plaaslike munisipaliteit besighede, instellings en staatsdepartemente skuld die munisipaliteit meer as R1 miljard aan uitstaande diensrekeninge. Dié agterstallige bedrae raak volgens dié Vrystaatse munisipaliteit sy vermoë om infrastruktuur te onderhou en noodsaaklike dienste te lewer. As deel van ’n finansiële herstelplan sal water- en kragdienste ontko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 19


‘Sokker ster’ loop glo Bloem-besighede in
’n Man wat homself glo as ’n professionele Premier Sokkerliga-speler voorgedoen het, het glo verskeie ondernemings in Bloemfontein uit geld geswendel. Volgens ‘n mediaverklaring het die verdagte, wat onder die naam Junior Mahlangu bekend staan, sake-eienaars oortuig dat hy onlangs van Gauteng na Bloemfontein oorgeplaas is om by ’n plaaslike PSL-span aan te sluit. Met dié storie het hy glo die vertroue van ondernemings, insluitend vulstasies, restaurante en gastehuise, gewen..

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 19


Pretorius verwerp bewerings oor die Lourierpark-hofsaak
Die DA verwerp bewerings deur die uitvoerende burgemeester van die Mangaung Metro Munisipaliteit, Gregory Nthatisi, dat die party se hofsaansoek in Lourierpark oor politieke beheer gaan. In ’n persverklaring het die DA se Mangaung-burgemeesterskandidaat, Werner Pretorius, gesê die aansoek is gebring om inwoners te beskerm en verantwoordelike ontwikkeling te verseker. Pretorius meen die metro moet duidelikheid gee oor nakoming van sy eie wetgewing en beplanning. Pretorius voeg

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 19


Die Safer City Indaba fokus op ’n veiliger Bfn
Rolspelers by die Safer City Indaba by die Bloemfontein Stadsaal fokus op ’n veiliger stad om in te woon, werk en belê. Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit bring die byeenkoms verskeie belanghebbendes byeen om praktiese oplossings vir veiligheid en misdaad te bespreek. Die munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, het beklemtoon dat die Indaba daarop gemik is om veiligheid daadwerklik aan te spreek en samewerking te versterk. Die Vrystaatse premier,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 18


Die Bloem-akteskantoor se krag is afgesny
Die akteskantoor in Bloemfontein kan nie funksioneer nadat elektrisiteit weens agterstallige rekeninge onderbreek is. Volgens inligting is die krag deur die stad se kragvoorsiener, Centlec, afgesny en word die aangeleentheid tans deur die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling ondersoek. Die DA sê op sosiale media die akteskantoor speel ’n sleutelrol in eiendomsoordragte, verbandregistrasies en sake-transaksies. Hulle voeg by die onderbreking het ’

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 18


Die hof wys Cholota se aansoek van die hand
Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het Moroadi Cholota se aansoek om haar korrupsieverhoor te stop, van die hand gewys. Volgens SABC News het die hof uitspraak gelewer in haar saak waarin sy probeer het om vervolging in die R255-miljoen-asbesdakverwyderingskandaal te vermy. Die Konstitusionele Hof het die aangeleentheid vroeër na die Hooggeregshof terugverwys nadat bevind is dat Cholota se uitlewering uit die VSA nie volgens prosedure was nie, maar dat Suid-Afrikaa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 18
bottom of page

