top of page

Nuus


Daar is geen deernis vir ongelukslagoffers nie
Die Padongelukfonds se nuwe outomatiese eishanteringstelsel het nie deernis vir ongelukslagoffers nie. Dit volgens die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor). Volgens die fonds sal die stelsel na verwagting meer as R880-miljoen kos. Die stelsel het ook strenger beheermaatreëls in plek vir eisaansoeke. Skoor kritiseer die stelsel en sê sommige slagoffers sal moontlik tot R100 000 moet betaal om mediese kundiges te sien voordat hulle ‘n geldige eis indien. Ter illstrasi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 21, 2025


Bloemfontein-vroue raak vir 15 minute stil
‘n Groep vroue van Bloemfontein het Vrydag om 12-uur vir 15 minute saam gaan lê ter ere van die 15 vroue wat elke dag in Suid-Afrika vermoor word. Soortgelyke vreedsame protes-aksies is regoor die land gehou onder die hutsmerk #WomenForChange. In ooreenstemming hiermee het Chané Bruwer ‘n meer intieme byeenkoms in Bayswater gereël. Bruwer is verbonde aan She Creates Female-Led Networking, en sê hulle wou ‘n kleiner geleentheid reël vir vroue wat nie by die ander twee byeekoms

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


Die Glen neem afskeid van ‘n vermoorde Bloemfonteinertjie
Die Glen-gemeenskap het in groot getalle by die begraafplaas byeen gekom om afskeid te neem van die vermoorde 5-jarige Bloemfonteinertjie, Onkarabetse Leeuw. Hy is die tweede kleuter in net een maand wat in die area vermoor is. Netwerk24 berig verder terwyl Onkarabetse ter ruste gelê is, het sy pa se niggie, Vuyiswa Leeuw, in die Bloemfontein landdroshof op aanklag van sy moord verskyn. Haar driejarige dogtertjie, Katleho Leeuw, was die eerste slagoffer van wat inwoners nou ‘

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 21, 2025


Wysigings aan die skoolkalenderbeleid is vrygestel
Voorgestelde wysigings aan die skoolkalenderbeleid is deur die Departement van Basiese Onderwys vrygestel. Volgens die departement is die doel om ‘n enkele, volledige belynde nasionale skoolkalender te skep. Die departement se Terence Khala sê die hersiening verwyder verouderde reels, en skrap die langdurige kus- en binnelandse klusterstelsel. Dit beteken dat alle provinsies dieselfde kwartaaldatums sal volg. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 21, 2025


‘n Vrystater is vas oor koperkabels
’n 57-jarige Vrystater is in Parys vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels in hegtenis geneem. Parys Gazette berig 286kg kabels ter waarde van ongeveer R6 552.00 by ‘n skootwerf in die dorp se nywerheidsgebied gekry. Polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani sê daar word vermoed dat die kabels, wat in ‘n kamer op die perseel gekry is, by Telkom, Eskom en die plaaslike munisipaliteit gesteel is. Tydens die operasie is daar ook ‘n padblokkade gehou en verskeie twe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 21, 2025


G20: Die eerste besoekers land in Suid-Afrika
Verskeie leiers van toonaangewende ekonomieë het in Suid-Afrika aangekom om hierdie naweek se G20-beraad in Johannesburg by te woon. Leiers wat reeds in die land is, sluit in die Australiese premier, Anthony Albanese, en die president van die Europese Unie-kommissie, Ursula von der Leyen. Intussen het President Cyril Ramaphosa saam met Von der Leyen en die President van die Europese Raad, António Costa, vergader. Hulle het die versterking van die vernootskap tussen Suid-Afrik

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


Pandor se visum na die VSA is onttrek
Die voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, se visum na die VSA is sonder verduideliking herroep. Maroela Media berig die Amerikaanse konsulaat het Pandor vroeër vandeesweek per e-pos van dié besluit in kennis gestel. Die konsulaat het egter geen verduideliking verskaf oor waarom die voormalige minister, wat al verskeie kere na die VSA gereis het, se meervoudige besoekersvisum vir korttermynverblyf in die VSA herroep is nie. Volgens g

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


Die Vrystaatse polisie neem 'n verdagte twee jaar ná 'n beweerde moord in hegtenis
Die polisie in die Vrystaat het ‘n verdagte in hegtenis geneem wat gesoek word in verband met die beweerde moord op die 73-jarige Senyora Mofokeng in 2023. Dit volg op die ontvangs van forensiese resultate van die Polisiediens se Forensiese Laboratorium, wat die verdagte positief met die misdaadtoneel verbind het. Mofokeng is laas deur bure gesien nadat sy haar pensioengeld afgehaal het. Sy is ‘n paar dae later dood in haar huis gevind, waar sy alleen gewoon het. ‘n Nadoodse

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


'n Maties-advertensie sluit glo wit studente uit
Die Departement Agronomie van die Universiteit Stellenbosch (US) se Landboufakulteit adverteer tans twee internskappe vir junior navorsingsassistente, met wit studente wat uitgesluit word. Luidens die advertensie mag swart, bruin, Indiër- en Chinese aansoekers met ʼn Suid-Afrikaanse ID om twee internskap-poste aansoek doen. Maroela Media berig die VF Plus-LP en die party se hoofwoordvoerder oor onderwys, Wynand Boshoff, sê die advertensie spreek van direkte diskriminasie. Die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


G20: Die Withuis sê Ramaphosa versprei ‘fopnuus’
Die Amerikaanse Withuis beskuldig president Cyril Ramaphosa daarvan dat hy “fopnuus” versprei deur te sê dat Amerika op die nippertjie ’n U-draai gemaak en besluit het om aan die G20-beraad in Johannesburg deel te neem. SABC News berig Ramaphosa het laat Donderdagmiddag aangekondig dat Amerika ’n ommeswaai oor sy G20-deelname gemaak het nadat Trump einde verlede week ’n algehele boikot afgekondig het. Volgens Netwerk24 het die woordvoerder van die Withuis, Karoline Leavitt, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


G20: 'Sosiale beraad is 'n historiese mylpaal'
President Cyril Ramaphosa beskryf die G20- sosiale beraad as ‘n historiese mylpaal vir globale samewerking. Die idee van die sosiale beraad het in Brasilië begin, en Suid-Afrika het dit van 14 sosiale groepe na 22 uitgebrei. Suid-Afrika se sosiale beraad spog met die bekendstelling van sewe Nalatenskapsprojekte. Ramaphosa sê die beraad is moontlik die beste G20-beraad ten alle tye, want dit bring lande bymekaar met ‘n fokus op inklusiwiteit, eenheid en die gees van Ubuntu. LU

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


Die VSA gaan glo nou die G20 bywoon
Bronne het glo aan SABC News bevestig dat die Verenigde State van Amerika (VSA) nou die G20-beraad in Johannesburg wil bywoon. Dit ten spyte daarvan dat president Donald Trump voorheen gesê het dat die VSA nie sou deelneem nie. President Trump het vroeër aangekondig dat geen amptenaar aan enige G20-vergadering sou deelneem nie. Dit is nie duidelik wie die VSA in die besprekings sal verteenwoordig nie. Intussen het The Guardian vroeer berig dat Suid-Afrika die VSA daarvan be

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


‘n Toesigbeampte smokkel glo dwelms
‘n Toesigbeampte van die G4S oftewel Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein is Donderdag vir die smokkel van verbode goedere in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die polisie het die 36-jarige beampte se sluitkas deursoek. Byna 150 Mandrax-tablette sowel as saamgeperste dagga is die verdagte se kosblik tussen sy kos gevind. Hy is onmiddellik deur die sentrum se bestuurders en lede van die Bloemspruit sigbare polisiërings

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Intimidasie sal nie geduld word nie
Geen intimidasie wat voortspruit uit getuienis wat gelewer is, sal geduld word nie. So sê die Parlement se ad hoc-komitee wat beweerde polisiekorrupsie ondersoek. Dit volg nadat die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan glo Woensdagaand ‘n dreigende boodskap aan polisieminister Senzo Mchunu se stafhoof, Cedric Nkabinde, gestuur het. Nkabinde het voor die komitee getuig, en O’Sullivan in beweerde inmenging in polisiebedrywighede en die beïnvloeding van senior wetstoepassingsb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Oos-Vrystaatse appels is perfek vir Oosterse markte
Meer as 160ha appels wat die afgelope vyf jaar in die Oos-Vrystaat geplant is, is perfek in pas met die vereistes van die groeiende Oosterse markte. So sê die Suid-Afrikaanse vrugte-uitvoerder Freshgold se direkteur, Pieter von Maltitz. Landbouweekblad berig hy het op die onlangse simposium van Hoogland Vrugtekwekers naby Fouriersburg oor Suid-Afrika se plek in die internasionale appeluitvoeremark gepraat. Suid-Afrika beklee tans die sewende plek onder appeluitvoerlande, met

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Trump onderteken die wetsontwerp om Epstein-dokumente vry te stel
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n wetsontwerp onderteken wat die Departement van Justisie beveel om alle lêers rakende die ontslape seksmisdadiger, Jeffrey Epstein, te openbaar. Die wet vereis dat dokumente, insluitend onderhoudstranskripsies, interne kommunikasie, vluglogboeke en materiaal wat tydens klopjagte verkry is, binne 30 dae in ’n deursoekbare formaat uitgereik word. Trump, wat vroeër die vrystelling teengestaan het, het van standpunt verander ná druk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Vrystaters moet waaksaam bly
Met toenemende volumes water wat na die noordelike dele van die Vrystaat vloei, doen die polisie 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly. Dit aangesien riviere, damme en laagliggende gebiede toenemend gevaarlik word. Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê in ‘n mediaverklaring beamptes, insluitend die provinsiale soek-en-reddings- en duikeenhede, is op hoë gereedheidsgrondslag om op enige noodgeval te reageer. Die veiligheid van inwoners bly hul topprioriteit, en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Dienste by Pelonomi en Universitas gaan soos normaalweg voort
Nie net sal dienste by beide die Pelonomi en Universitas Hospitale in Bloemfontein normaalweg voortgaan nie, die privaat-openbare vennootskap is ook veilig en operasioneel. Dit volgens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gesondheid. ‘n 23-jaar oue vennootskap tussen die gesondheidsdepartement en Netcare, wat einde November tot ‘n einde sou kom, se kontrak is met twee jaar hernu. Tydens die vennootskap is Pelonomi se nood- en traumafasiliteite opgegradeer, e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


‘n Vrystaat-pastoor sit lewenslank vir verkragting
‘n Pastoor van Kroonstad, in die Vrystaat, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis na hy een van sy kerklidmate, ‘n 11-jarige dogtertjie, verkrag het. Volgens Netwerk24 het die 43-jarige pastoor, Hendrick Tana, baie by die huisgesin gekuier, en het die ma hom as ‘n pa-figuur en familielid beskou. Die jong meisie het in camera getuig dat die pastoor op die dag van die verkragting geweet het haar ma is nie by die huis nie. Met sy aankoms het hy die huis se deur toegemaak, haar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


#WomenForChange: Geslagsgebaseerde geweld 'moet 'n nasionale krisis wees’
'n Nie-winsgewende organisasie vir die konstitusionele regte van vroue en kinders in Suid-Afrika, Women for Change, gaan 'n landwye protes-aksie uitvoer die dag voor die G20-beraad begin. NovaNews berig die vreedsame protes, genaamd die "G20 Women's Shutdown" doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om geslagsgebaseerde geweld 'n nasionale krisis te verklaar. Vroue word aangemoedig om op 21 November swart of pers aan te trek, en om 12:00 vir 15 minute in stilte te lê ter e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Politieke partye sit vas oor die Palestynse vlugtelinge
Politieke partye verskil steeds oor die Palestynse vlugtelinge wat verlede week onverwags op die O.R. Tambo-lughawe in Gauteng geland het. Good meen die Suid-Afrikaanse regering moet ʼn verklaring oor die vlugtelinge by die Wêreldhof indien. Ander partye, soos die IVP, sê hulle moes nooit toegelaat word nie, aangesien hulle nie wetlike prosedures gevolg het nie. Die regering hou vol hy het nie vooraf daarvan geweet het nie. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


'n Aberdeen-boer sê sy dade met au pairs was konsensueel
'n Boer van Aberdeen in die Karoo, wat van die verkragting en mensehandel van au pairs aagekla word, hou vol dat die seksuele verhoudings met die vroue konsensueel was. IOL berig Louis Lategan het Woensdag vir die eerste keer in die hooggeregshof in Makhanda getuig. Hy word daarvan beskuldig dat hy ses vroue na sy plaas gelok het onder die voorwendsel van au pair- werk, waar hy hulle na bewering bedwelm het en herhaaldelik verkrag het. Die aanklagte sluit mensehandel in. Hy i

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Die Heidedalse steengroef is uiteindelik besoek
'n Toesigbesoek aan die Witherow-steengroefdam in Heidedal in Bloemfontein is onderneem nadat die Menseregtekommissie (MRK) ’n omvattende verslag, wat oor vier jaar opgestel is, aan die parlement voorgelê het. Netwerk24 berig die om en by 50 sterftes, gebrekkige owerheidsoptrede en die omvang van protes vanuit die gemeenskap oor hierdie gevaarlike steengroef word in die verslag vervat. Die groef, waar daar dekades gelede grond vir bakstene uitgehaal is, is steeds nie omhein n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Die Vrystaatse polisie wil geslagsgebaseerde geweld uitroei
Die polisie in die Vrystaat is daartoe verbind om geslagsgebaseerde geweld uit te roei en die mees kwesbare lede van ons samelewing te beskerm. Hierdie verbintenis is versterk met die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging van ‘n 43-jarige man in die Kroonstad-streekhof. Die voorval het in 2019 in KoeKoe Village in Maokeng plaasgevind toe ‘n 43-jarige buurman ‘n 11-jarige slagoffer verkrag het. ‘n Saak van verkragting is by die Maokeng-polisiestasie geregistreer. ‘n.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025
bottom of page

