top of page

Nuus


Revolut bring nog 'n bank na Suid-Afrika
Die internasionale bankreus Revolut het formeel aansoek gedoen vir ‘n Suid-Afrikaanse banklisensie. BusinessTech berig die maatskappy het sy Artikel 12-aansoek by die Omsigtigheidsowerheid ingedien. Dit het sy plan bevestig om ná maande se oorweging ‘n volwaardige bank in die land te vestig. Revolut het sy voorneme om na Suid-Afrika uit te brei vir die eerste keer einde September tydens die bekendstelling van sy nuwe globale hoofkwartier in Londen onthul. Gaby Magomola is as

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Harvard-hoë tree uit die openbare oog nadat sy Epstein-e-posse ook vrygestel is
Die voormalige president van die Harvard Universiteit in die VSA, Larry Summers, tree terug uit openbare rolle nadat e-posse, wat sy voortgesette kontak met Jeffrey Epstein wys, deur die Amerikaanse Kongres vrygestel is. Summers sê hy is diep skaam en neem volle verantwoordelikheid, omdat hy tot die dag voor Epstein se 2019-arres vir mensehandel met minderjariges met hom gekorrespondeer het. Wetgewers gaan binnekort stem oor die vrystelling van alle oorblywende Epstein-dokume

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Suid-Afrikaner word ná 'n neo-Nazi-optog gedeporteer
'n Suid-Afrikaanse man wat 'n neo-Nazi-optog in Australië bygewoon het, se visa is teruggetrek, en hy sal nou na Suid-Afrika gedeporteer word. Die BBC berig Matthew Gruter, wat sedert 2022 in Australië woon, het vroeër vandeesmaand aan 'n anti-Joodse protes deelgeneem wat deur die National Socialist Network gereël is. Hy was een van ongeveer 60 mans in swart geklee, met baniere met die woorde "Abolish the Jewish Lobby". Australië se minister van binnelandse sake, Tony Burke,

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Oud-Vrystater is as landbouwetenskaplike van die jaar aangewys
'n Vrystater en oudstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is as Landbouskrywers SA se nasionale Landbouwetenskaplike van die Jaar aangewys. Netwerk24 berig Hendrik Smith, oorspronklik van Rouxville en tans in Pretoria woonagtig, ontvang die prys vir sy baanbrekerswerk in regeneratiewe bewaringslandbou en sy jare lange bydrae tot grondgesondheid en volhoubare graanproduksie in Suid-Afrika. Smith se loopbaan strek oor meer as drie dekades, waarvan die meeste aan nav

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Bloemfonteinse pa is tuis ná sy gru-ongeluk in Amerika
Die Bloemfonteiner wat in Oktober op ‘n plaas in Minnesota, Amerika, in ‘n ernsige veldkar-ongeluk was en lewensbedreigende beserings opgedoen het, is terug by die huis. Bloemnuus berig Dries Botha wag nou vir toestemming van die siekefonds om vier weke se rehabilitasie te ondergaan. Voorts moet hy in Desember twee operasies ondergaan om die plate en skroewe uit sy linkergewrig te verwyder. Rosestad-nuus het vroeër berig die aand met die ongeluk in Oktober moes Dries per lugm

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


Twee mans is vir bankbedrog gevonnis
Die Bloemfontein-streekshof het twee mans vir Standard Bank- en Wesbank-bedrog ter waarde van R7 miljoen gevonnis. Glen Crouch is skuldig bevind op 19 aanklagte van bedrog en tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is. Cornelius Botha is skuldig bevind op twee aanklagte van geldwassery en tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis, wat volledig vir vyf jaar opgeskort is, en ‘n verdere 36 maande korrektiewe toesig. Die beskuldigdes is deel va

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Vrystater sit lank vir moord nadat hy homself ook steek
Die Harrismith-hooggeregshof in die Vrystaat het ‘n man tot 22 jaar direkte gevangenisstraf vir moord gevonnis. Madudu Edward Mofokeng het die slagoffer, Puleng Maleka, verskeie kere met 'n mes gesteek toe sy weier om saam met hom te loop nadat hulle by vriende se huis aangekom het. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê hy het haar toe gedwing om die perseel te verlaat en haar aangehou steek terwyl hulle geloop het. Sy het inmekaar gesak en is op die toneel dood v

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


Die VN steun Trump se plan vir Gasa
Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het ’n resolusie goedgekeur wat Amerika se president Donald Trump se 20-punt-plan vir Gasa steun. Dit sluit die stigting van ’n internasionale stabilisasie-mag in. Dertien lede het dit gesteun, terwyl Rusland en China hul van stemming weerhou het. Die VN sê dit is ’n belangrike stap om die skietstilstand te versterk, maar Hamas het dit verwerp en beweer die plan ondermyn Palestynse regte en plaas Gasa onder internasionale voogdyskap. Di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


Slaggate hou ernstige gevaar vir motoriste in
Hoewel van die slaggate op die R59-pad in die Vrystaat verlede week herstel is, is daar groot en diep slaggate wat, met die swaar reën van die afgelope week, 'n ernstige gevaar vir motoriste inhou. Volgens Parys Gazette was vyf voertuie Maandagoggend binne ‘n halfuur langs die pad gestrand. Dit as gevolg van band- en wielvelling skade asook gekraakte windskerms. ‘n Inwoner van Parys, Louise Loots, was een van die motoriste wat langs die pad gestrand was. Volgens haar is die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


‘n Vrystaatse universiteit installeer die hoogste weerstasie in Suider-Afrika
Die hooste weerstasie in Suider-Afrika is deur die Universiteit van die Vrystaat en die Afromontane Navorsingseenheid (ARU) geïnstalleer. Die weerstasie is bo-op die Amfiteater in die Maloti-Drakensberge, 3 100km bo seespieël, geleë. Luidens ‘n aanlyn artikel sal dié baanbrekerstasie intydse klimaatdata verskaf, wat krities is om een van Afrika se mees onderbestudeerde ekosisteme - die alpiene sone, te verstaan. Volgens ARU se direkteur, Ralph Clark, bied die stasie ‘n nuwe p

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


Onderwysers met kriminele skuldigbevindings word ontslaan
Provinsiale Onderwysdepartemente regoor die land berei voor om 60 onderwysers met kriminele skuldigbevindings in die komende maande te ontslaan. Hierdie onderwysers se besonderhede is óf in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders óf in die polisie se vingerafdruk- en klaringrekords gevind. Volgens sommige departemente kan dit tussen drie tot agt maande duur om die onderwysers se dienste te beëindig. Die Departement van Basiese Onderwys sê slegs ongeveer 10% van onderwy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


‘n Bloemfonteiner is tuis na haar ysige marathon
‘n Bloemfonteinse eiendomsagent en ma van twee is terug van die yskoue Antarktika waar sy 50km in die Ice Ultramarathon voltooi het. Bloemnuus berig die 50-jarige Woutri Mugglestone wat n oudleerlinge van die Hoër Meisieskool Oranje en voormalige verpleegkundige is, sê sy het dié wedloop aangepak om vir mense hoop te gee. Volgens Mugglestone het sy op ‘n punt in haar lewe gekom waar sy nie meer geweet het wat dit is om regtig te lewe nie. Sy het besef werk is nie alles nie,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


BKS: Gevalle in die Vrystaat styg steeds
Daar is nou 91 bevestigde bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat. Dit volgens ‘n verklaring deur die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling. Vrystaatkroon berig die nuwe gevalle is in die Viljoensdroon-Vredevort distrik, Parys, Marquard, Clocolan asook Deneysville en Sasolburg. Intussen het Sparta Beef in ‘n verklaring bevestig dat die toetsuitslae wat by ‘n beesvoerkraalfasiliteit in Marquard geneem is, positief getoets het. Verder het monsters wa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


Nóg ‘n ongeluk op die N8 eis die lewe van drie mense
Nóg drie mense is Maandagoggend in 'n botsing tussen twee voertuie op die N8 tussen Bloemfontein en Botshabelo oorlede. SABC News berig volgens die provinsiale noodmediese dienste se woordvoerder, Sipho Towa, is nog drie beseerdes is na ‘n hospitaal in Botshabelo geneem. Die ongeluk volg nadat talle mens die naweek is in 'n botsing tussen 'n bus en 'n vragmotor op dieselfde stuk pad oorlede is. Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


Bloemfonteinse sielkundiges stel nog 'n kinderboek vry
Twee Bloemfonteinse sielkundiges het hul nuutste boek in 'n reeks oor boeliegedrag vir kinders bekend gestel. Volksblad berig Jaco van der Merwe en Esté Pistorius se Mentanimals -reeks is in Afrikaans ook beskikbaar onder die hoofkarakters se name, Bacon en Banger. Die ander boeke in die reeks handel oor ’n krimpvarkie wat met angstigheid sukkel en hasies wat hiperaktief is. Pistorius sê dit is belangrik dat kinders weet presies wat die woord boelie beteken en hoe om dit te h

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


'n Vrystaatse student en haar kêrel is wreed aangerand
'n Student en haar kêrel van Fouriesburg in die Vrystaat is deur drie gewapende mans in hul huurkamer aangeval. Die man is in die badkamer met die mes gesteek, en elektroniese toerusting en kontant is uit die kamer gesteel. Daarna het hulle die beseerde slagoffer daar gelos en die vrou ontvoer. Polisiewoordvoerder, sersant Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die vrou is deur al drie mans by 'n nabygeleë rivier verkrag, en later deur net die een by 'n huis Mabolela Village. D

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Ramaphosa sê die ANC kan nie soos 'n mafia bestuur word nie
President Cyril Ramaphosa het lede binne die ANC uitgedaag om vir hom ʼn datum te verskaf waarop hy moet bedank. Dit volg ná gerugte die ronde gedoen het dat hy direk ná die G20-beraad, wat op 22 en 23 November plaasvind, as president gaan bedank. Hy het aan lede van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee gesê diegene wat teen hom is, moet hom direk nader en ophou om, soos hy dit beskryf, in hoekies te fluister. Die NUK het die naweek in Germiston vergader. Ramaphosa sê di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Ironman SA staan by oorledenes se familie
Twee deelnemers aan die Isuzu Ironman 70.3-driekamp in Mosselbaai is ongeveer 15 minute uitmekaar tydens die wedloop oorlede. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Chris Spies, het veiligheidspersoneel op twee afsonderlike voorvalle tydens die swemgedeelte gereageer. Twee mans is uit die water gehaal en in afsonderlike ambulanse hospitaal toe geneem. Een man is by aankoms dood verklaar, en die ander is later in die hospitaal oorlede. Ironman South Africa het die nuus op hul Fa

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Boorgatwater word gebruik om 'n Vrystaatse brand te blus
Die kantoorgebou van die departement van paaie en vervoer in Winburg in die Vrystaat het gebrand. Na beraming is ongeveer R400 000 se skade opgedoen. Die oorsaak van die brand is nog onbekend, alhoewel polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die saak word ondersoek. Netwerk24 berig spekulasie is dat die gebou se kabels gesteel word, en dan word die plastiek van dié kabels afgebrand sodat net die koper oorbly. Die dorp het ten tyde van die brand geen water gehad nie, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


'n Vrystaatse sekuriteitsbeampte is dood gevind
Die Bethlehem-polisie in die Vrystaat het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná die dood van ‘n sekuriteitsbeampte wat naby die Sol Plaatjie-dam met ‘n skietwond aan die kop gevind is. Sy dienspistool is langs sy liggaam ontdek. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die omstandighede en oorsaak van dood te bepaal. Die oorledene is deur sy familie geïdentifiseer, maar sy naam mag nie tans vrygestel word nie. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Twee juwelierswinkels is op een dag in Bloem beroof
In twee afsonderlike gevalle het groepe onbekende mans juwelierswinkels in Northridge Mall en Mimosa Mall in Bloemfontein beroof. Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, het die ses rowers glo die winkeleienaar en werknemers van die winkel in Northridge Mall opdrag gegee om op die vloer te sit. Hulle het toe die kasregister en rakke vol juweliersware agter in die winkel leeggemaak en van die toneel gevlug. Die gesteelde juweliersware word op R250 000 beraam. Kort d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘n Bloemfonteiner veg om haar lewe
‘n Slagoffer het om haar lewe by Rooidam buite Lourierpark, Bloemfontein geveg. Dit nadat twee mense haar aangeval het toe sy hulle kennis gegee het om haar perseel te ontruim. Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die winkeleienaar het na die slagoffer hul kontrak beëindig het, aangebied om haar na ‘n winkelsentrum te neem. Die eienaar en sy vriend het by Lourierpark afgedraai en haar met ‘n stomp voorwerp, vermoedelik ‘n gholfstok, aangeval. Di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘n Passasier se been word geamputeer na ‘n busongeluk buite Bloem
Een van die passasiers wat in die ongeluk tussen ‘n bus en ‘n trok op die N8 tussen Bloemfontein Botshabelo was, se been sal geamputeer word. Luidens ‘n plasing op sosiale media het die ongeluk Saterdag lewens geëis. Polelo Mahloane het vanuit sy hospitaalbed in die Pelonomi-hospitaal aan die Vrystaatse premier, Maqueen Letshoa-Matahe, gesê toe die vragmotor nader kom, het hy gewonder of die bestuurder dit kon sien. Teen die tyd dat hy vir haar geskree het om versigtig te wee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘Vermiste’ toeriste slaap langs rivier
Poolse toeriste wat deur veldwagters as vermis aangemeld is, is tydens ‘n grootskaalse soektog opgespoor nadat hulle langs ‘n rivier geslaap het. Nuusflits berig volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Jabu Ndubane het veldwagters by die Dientjie-polisie, in Graskop, aangemeld dat die twee vroue nie van die Belvedere-staproete teruggekeer het nie. Hulle het vroeër die oggend vir die roete in die Bourke’s Luck Potholes-omgewing bespreek, maar teen laat die aand was daar nog geen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025
bottom of page

