top of page

Nuus


Die Heidedalse steengroef is uiteindelik besoek
'n Toesigbesoek aan die Witherow-steengroefdam in Heidedal in Bloemfontein is onderneem nadat die Menseregtekommissie (MRK) ’n omvattende verslag, wat oor vier jaar opgestel is, aan die parlement voorgelê het. Netwerk24 berig die om en by 50 sterftes, gebrekkige owerheidsoptrede en die omvang van protes vanuit die gemeenskap oor hierdie gevaarlike steengroef word in die verslag vervat. Die groef, waar daar dekades gelede grond vir bakstene uitgehaal is, is steeds nie omhein n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Die Vrystaatse polisie wil geslagsgebaseerde geweld uitroei
Die polisie in die Vrystaat is daartoe verbind om geslagsgebaseerde geweld uit te roei en die mees kwesbare lede van ons samelewing te beskerm. Hierdie verbintenis is versterk met die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging van ‘n 43-jarige man in die Kroonstad-streekhof. Die voorval het in 2019 in KoeKoe Village in Maokeng plaasgevind toe ‘n 43-jarige buurman ‘n 11-jarige slagoffer verkrag het. ‘n Saak van verkragting is by die Maokeng-polisiestasie geregistreer. ‘n.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


‘Suid-Afrika is gereed vir die G20’
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika is gereed om internasionale besoekers wat die G20-beraad hierdie naweek bywoon te verwelkom. Die G20-beraad sal Saterdag en Sondag in Johannesburg plaasvind. Sy sê die lugvaartsektor het alle kritieke voorbereidings voltooi om aan die streng standaarde te voldoen wat vir die historiese geleentheid verwag word. LUISTER: Intussen dreig Amerikaanse president Donald Trump dat ʼn konsensus-verklaring met die G20-leiersberaar

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Daar is geen heksejag, sê 'n Bloemfonteinse skoolhoof
Bewerings dat die hoof van die Rosenhof Spesiale Skool in Bloemfontein ’n “heksejag” van stapel gestuur het of privaatspeurders aangestel het ná die petrolbomaanval op haar huis vroeër dié maand is vals. Volksblad berig die Vrystaatse onderwysdepartement se woordvoerder, Howard Ndaba, het meer as twee weke nadat ’n petrolbom na die huis van die skoolhoof, Nthuseng Davids, gegooi is, gesê die bewerings oor 'n heksejag is vals. Bronne het vroeër aangevoer dat Davids glo privaat

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


'n Vrystaatse munisipale bestuurder is vas vir transformatorbedrog
Die Valke in die Vrystaat het die voormalige munisipale bestuurder van die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit en die direkteur van Lesedi Khanya Energy in hegtenis geneem vir beweerde bedrog, diefstal en geldwassery met betrekking tot elektrisiteitstransformators. Die maatskappy is ‘n tender ter waarde van R1,9 miljoen toegeken om transformators in die Maluti-A-Phofung-gebied in 2021 te installeer. Die transformators is egter nooit afgelewer nie. Dit het later aan die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


De Lille loods ‘n slim toerisme sentrum
‘n Slim toerisme besoekersinligtingsentrum is Woensdag amptelik deur die minister van toerisme, Patricia De Lille, by die OR Tambo Internasionale Lughawe bekendgestel. Die inligtingsentrum is ‘n interaktiewe en papierlose spilpunt wat tydige inligting oor die land se diverse toerisme-, kulturele en erfenisaanbiedinge verskaf. Aangesien die land G20-afgevaardigdes en internasionale besoekers huisves, sal die sentrum gaste verwelkom en hulle van eg Suid-Afrikaanse reiservarings

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


Siggestremdes voel die regering laat hul in die steek
Mense met siggestremdhede in Suid-Afrika voel toenemend gefrustreerd en in die steek gelaat deur die regering. Dit omdat die regering steeds versuim om die Marrakesj-verdrag te bekragtig, ondanks meer as ʼn dekade se beloftes en ʼn duidelike uitspraak van die Konstitusionele Hof. Maroela Media berig dit beteken dat blindes en ander siggestremdes steeds nie toegang tot miljoene boeke, wat wêreldwyd beskikbaar is, het nie. Die Marrakesj-verdrag is in 2013 deur Suid-Afrika aanva

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


AfriForum rus jong Bloemfonteiners met lewensreddende vaardighede toe
Omvattende selfverdeging- en noodhulpopleiding is aan sowat 70 kinders van die Engo Jeugsorg aangebied. Luidens ‘n mediaverklaring is die inistiatief van die AfriForum-tak in Bloemfontein se jeug en hul plaaslike protospan, daarop gemik om jongmense met praktiese, lewensreddende vaardighede toe te rus. Ook stel dit hulle in staat om reg en selfversekerd op te tree wanneer ‘n noodsituasie ontstaan. Gegewe die misdaadsituasie in die land sê AfriForum Jeug se beampte vir Struktu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


‘n Bekende in die grondboonbedryf is skielik oorlede
Die 70-jarige Schalk Keet wat in sy dekades lange loopbane diep spore in die grondboonbedryf getrap het, is skielik na ‘n kort siekte oorlede. Landbouweekblad berig volgens ‘n boer van Vaalharts, Alfons Visser, het Keet onlangs ‘n longinfeksie opgedoen, en is in ‘n hospitaal in Bloemfontein opgeneem. Sy niere het ingegee en hy is na drie dae in die waakeenheid oorlede. Volgens Visser is daar groot waardering vir Keet se werk onder grondboonboere in verskillende provinsies.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


Hoë skuldvlakke dui steeds op ekonomiese druk
Hoewel die jongste rentekoerse-kortings deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank verligting vir talle Suid-Afrikaners gebring het, is daar steeds verbruikers wat swaar skuld dra. Dit is volgens die skuldbeheersmaatskappy DebtBusters. Baie Suid-Afrikaanse huishouding maak steeds staat op korttermynbetaallenings om uitgawes te dek. Volgens DebtBusters het aanlyndienste vir skuldberading in die derde kwartaal van die jaar met 47% gestyg. Baie huishoudings betaal tot 70% van hul nett

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


Motshekga is woedend oor die vloothoof se beskuldigings
Sy het gewaarsku dat sy dissiplinêre stappe teen Lobese sal neem.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


Beweerde juweeldiewe is vas na ‘n oor-en-weer geskietery
‘n Oor-en-weer geskietery met die polisie het tot die inhegtenisname van twee mans - wat vermoedelik juwelierswinkels in Bloemfontein beroof het - gelei.

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 19, 2025


AfriForum se nuwe verslag toon die erns van rassebeleide
Die burgerorganisasie AfriForum sê sy nuwe sogenaamde “Die wêreld moet weet”- verslag toon die erns van rassebeleide in Suid-Afrika en hoe minderheidsgroepe se regte geskend word. Die organisasie het ook ’n internasionale skakelveldtog aangekondig om die verslag met invloedryke leiers in die Europese Unie en later by die Verenigde Nasies se Forum oor Minderheidskwessies te deel. Volgens AfriForum se Ernst van Zyl dokumenteer die verslag diskriminasie, die bedreiging van eiend

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Boere word gewaarsku oor moontlike dam-oorstromings
Die riviervlakke kan in die komende week styg nadat agt sluise van die Vaaldam ná swaar reën in die dam se opvangsgebied oopgemaak is. Netwerk24 berig boere langs die Vaal- en Oranjerivier moet dus paraat wees aangesien infrastruktuur in laerliggende gebiede binne die vloedvlakte geraak kan word. Woordvoerder van die departement van water en sanitasie (DWS), Amogelang Moholeng, versoek gemeenskappe in die Vaaldriehoek, Parys en ander laerliggende gebiede naby die rivier om wa

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Suid-Afrikaanse renosterhoring is op 'n Singapoer-vliegtuig gevind
Die owerhede in Singapoer het op ʼn renosterhoringvonds ter waarde van duisende rande op ʼn vliegtuig beslag gelê. Maroela Media berig Singapoer se Nasionale Parkeraad sê ʼn vraghanteerder het ʼn “sterk reuk” by een van die pakke meubelgoedere opgemerk. By nadere ondersoek is 20 renosterhorings gevind, wat later bevestig is as dié van Suid-Afrikaanse witrenosters. Volgens die parkeraad sal die renosterhorings vernietig word ingevolge bepalings van die konvensie oor die internasio

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


'n Bloemfonteinse man is vas oor 'n bebloede bul
Die eienaar van ’n bul is in Bloemfontein vir beweerde dieremishandegling in hegtenis geneem. Dit kom nadat 'n bekommerde lid van die publiek die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gekontak het toe hulle gister 'n geparkeerde sleepwa by die Fleurdal-winkelsentrum met 'n bebloede bul op gesien het. Volksblad berig DBV-inspekteur Lucky Olifant het op die bul afgekom waar hy glo besmeer met bloed met ’n tou aan die sleepwa vasgebind was. Albei die bul se horings was afgebreek en h

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Mbalula sê niemand het Ramaphosa gevra om uit te tree nie
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê niemand het president Cyril Ramaphosa by die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) versoek om uit te tree nie. Dit volg nadat Ramaphosa die afgelope naweek aan die NUK gesê het dat as hy gevra word om te bedank, hy dit onmiddellik sal doen. Mbalula sê die president het net van die gerugte wat in die openbaar versprei is, aangespreek. LUISTER: FOTO: Instagram

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Die omstrede Epstein-dokumente word vrygestel
Die Amerikaanse Kongres het met oorweldigende steun gestem om alle ongeklassifiseerde regsdokumente oor die veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Epstein, vry te stel. Volgens die BBC het die Huis die besluit met 427 teen een aanvaar, net dae nadat president Donald Trump sy langdurige weerstand laat vaar het. Die Senaat het dit vinnig bekragtig, wat beteken dat Trump dit binnekort kan onderteken. Oorlewendes van Epstein se beweerde misbruik was in Washington om groter deursigti

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Druk om slenkdalkoors-entstof te registreer neem toe
Na slenkdalkoors die naweek in die Kakamas-Augrabiese gebiede bevestig is, het druk op die registrateur van misstowwe, veevoedsel sowel as landbou- en veemiddels toegeneem. Dit om die registrasie van ‘n nuwe entstof teen dié siekte dringend goed te keur. Volgens Landbouweekblad sloer die aansoek al jare. Die uitbraak is nog ‘n groot terugslag vir die veebedryf aangsien bek-en-klouseer met rasse skrede toeneem en handel reeds baie ontwrig. Daar word verneem dat die entstof vi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


Senior polisiebeamptes eis glo miljoene van Matlala
‘n Sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi, sê Vusimuzi Cat Matlala beweer senior polisiebeamptes het miljoene van hom geëis. Mogotsi het vandag voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig. Hy sê Matlala het hom meegedeel dat die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, en die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, groot betalings van Matlala as hul diensverskaffer verwag het. Die twee het onderskeidelik R25 en R10 miljoen geëis. Volgens Mogotsi het hull

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


Vrystaatse departemente kom nie die veiligheidswet na nie
Daar is bekommernis oor die swak nakoming van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid onder regeringsdepartemente in die Vrystaat. Volgens die Departement van Indiensneming en Arbeid hou die lae vlakke van nakoming met die toestand en instandhouding van geboue verband. Hierdie versuim om aan die wet te voldoen, hou gevaar vir werknemers en die publiek in. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê hulle het 187 regeringsgeboue in die Vrystaat geïnspekteer. Hy voe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


Die metro vat stortingsterreine vas
’n Taakspan is saamgestel om op beide die Noordelike en Suidelike stortingsterreine in Bloemfontein te fokus. Volgens ’n kennisgewing deur die Mangaung Metro Munisipaliteit sal dié span fokus op die verbetering van daaglikse bedrywighede, om dus voldoening en behoorlike afvalbestuur te verseker. ’n Aantal planne sal deur die munisipaliteit geïmplementeer word. Dit sluit in die hersiening van die bywette - wat dit vir wetstoepassers maklik sal maak om hul werk te doen. Weens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


‘n Vrystaat-munispaliteit se onkostes hoop op
Die Vrystaatse Maluti-a-Phofung-munisipaliteit se onkostes hoop op. Nie net moes hulle in vanjaar se derde kwaartaal R12.5 miljoen aan prokureurskostes bestee nie, volgens Netwerk24 is die munisipaliteit verder by nog twee regsake, rakende die onwettige besetting van die Platberg-natuurreservaaat, betrokke. Hulle het ook tydens hul laaste twee raadsvergaderings ‘n totaal van R4.6 miljard se ongemagtigde uitgawes afgeskryf, én is vroeër deur die hooggeregshof in Bloemfontein

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


Vlugte na Kaapstad word dalk verminder
Weens brandstoftekorte oorweeg internasionale lugdienste dit om vlugte na Kaapstad te verminder. Brandstofverskaffers sukkel om toegang tot brandstofreserwes by die hawe van Kaapstad te kry. News24 berig brandstofverskaffers sukkel al meer as ‘n maand om toegang tot die brandstofvoorraad te kry weens ‘n dispuut met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Volgens die inkomstediens is die saak vertroulik. Ten minste vyf internasionale lugdienste is afhanklik van die Burgan Kaap-ter

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025
bottom of page

