top of page



‘n Bloemfonteinse dosent ontvang die gesogte Kathleen Irish-beurs
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers het die gesogte Kathleen Irish-beurs vir 2026 aan ‘n dosent en student aan die Odeion Skool vir Musiek in Bloemfontein, toegeken. Luidens ‘n plasing op die Universiteit van die Vrystaat se sosiale media beskryf Karlin Olivier se dosent, Nicole Gibbons, haar as ‘n professionele en wonderlike musikant. Olivier beplan om die beurs te gebruik om haar droom te verwesenlik om ‘n meestersgraad in klavieruitvoering te voltooi. Sy h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 9, 2025


Pelonomi spog met nuwe hysbakke
Die Pelonomi Tersiêre Hospitaal in Bloemfontein het hulle hul eerste twee moderne hysbakke amptelik in gebruik geneem. Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gesondheidskommunikasiedienste is die hysbakke die begin van die volgehoue verbetering van dienslewering. Volgens die hoof van kliniese dienste, Mojalefa Maseloa, verbind die hysbakke agt verdiepings van die hospitaal. Dit sal die beweging van pasiënte na operasies en mense wat rolstoele gebruik of

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 9, 2025


Centlec bedank ‘n Bloem-woonbuurtvereniging
Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, het die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) bedank vir hul goeie werk om ‘n vermeende kabeldief vas te trek. Die verdagte was glo besig was om kabels in Hudson Rylaan, Bloemfontein, te steel. Luidens ‘n plasing op sosiale media het Senforce die verdagte gerapporeer, waarna ‘n sekuriteits bestuurder van die FWA die verdagte met kabels in sy besit betrap het. Na verdere ondersoek is die verdagte deur die blitspatrolie vir diefstal e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 8, 2025


‘n Huiseienaarsvereninging in Bloem is glo uit miljoene bedrieg
Die geoktrooieerde rekenmeester wat glo ‘n huiseienaarsvereniging in Bloemfontein uit miljoene rande bedrieg het, is finaal in die hooggeregshof gesekwestreer. Netwerk24 berig die 40-jarige Elrine Jacobs is glo verslaaf aan dobbel, en volgens die uitvoerende hoof van die Hillandale Homeowners association, Willem van Huyssteen, het sy in een dag glo meer as R800 000 uitgedobbel. Daar word beweer sy het sedert ten minste Februarie vanjaar begin om geld van die Woodlands-bankr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 8, 2025


Tjokkies betreur die afsterwe van ‘n oud-kollega
Die Primêre Skool Universitas in Bloemfontein, Tjokkies, het met groot hartseer die afterwe van ‘n oud-kollega, juffrou Karen van Aardt, gedeel. Volgens die Laevelder was Van Aart en haar man oppad na haar kleinkind in Vredenburg se verjaardag, toe hulle in hul huurmotor op die N2 aangeval is. Van Aardt se swaar sê is hulle by ‘n rooi verkeerslig deur ‘n groep mans bestorm. Die mans het glo die ruit aan die passasierskant uitgeslaan en die juffrou se handsak probeer gryp. In

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 7, 2025


‘n Bedrieër wat ‘n bejaarde inloop is gevonnis
‘n 52-jarige man is tot 14-jaar direkte gevangenisstraf in die Bloemfontein-hooggeregshof gevonnis. Dit vir onder andere bedrog en geldwassery ter waarde van 64-miljoen rand. Die beskuldigde het in 2017 ‘n bejaarde sakevrou met ‘n sakevoorstel genader. Hy het beweer dat hy ‘n winsgewende tender met een van die toonaangewende mynmaatskappye bekom het. Verder het hy die slagoffer meegedeel dat hy dringend voertuie en kontant nodig het. Die bejaarde sakevrou het ingestem en ses

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 6, 2025


Verskeie paaie rondom die Toyota-stadion word gesluit
Verskeie paaie rondom die Toyota-stadion in Bloemfontein sal Saterdag tydelik gesluit word. Dit, luidens 'n kennisgewing van die Manugang Metro Munisipaliteit, vir die 'Fill Up by Cassper Nyovest'-konsert. Motoriste en voetgangers word aangemoedig om alternatiewe roetes vir die duur van die padsluitings te gebruik. Die metro verseker dat wetstoepassing, in vennootskap met die polisie, die verkeersvloei dwarsdeur die geleentheid sal monitor en bestuur. Intussen sê die Free Sta

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Diefstal laat Bloemfonteiners in die duister
Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, ontvang talle klagtes van gesteelde airdac-kabels, dit is die kabels wat meters met die netwerk verbind. Luidens ‘n aanlyn plasing het Centlec reeds ‘n anderstand met die herinstallasies van dié kabels, en dus word Bloemfonteiners gedwing om maande vir herinstallasie te wag. Centlec voeg by dit is verder ook nie volhoubaar nie, aangesien miljoene rande vermors word, en hulle gedwing word om die selfde probleme oor en oor op te los. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Die hof hoor Bester se eise
Thabo Bester het toegang geëis tot die selfoonrekords van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola. Hy wil ook toegang hê tot dokumente van die Presidensie en Misdaadintelligensie. Bester beweer die inligting is nodig om vir sy komende verhoor voor te berei. Intussen berig Nuusflits hy het ook toegang tot sy skootrekenaar en gevriesde bankrekeninge vereis. Bester en sy medebeskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend bedrog, w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


‘n BFN-verpleegster word ‘n jaar se salaris toegeken
'n Verpleegster is 'n jaar se salaris toegeken nadat sy onregverdig uit haar pos by die MUCPP Gemeenskapsgesondheidsentrum in Bloemfontein afgedank is. Daar is beweer dat sy glo MIV-medikasie gesteel het. Volgens Insider Chronicle was daar ook beweer dat die vermeende diefstal die doeltreffendheid en adminsitrasie in die gedrang gebring het, wat moontlik medikasie van pasiënte wat daarop geregtig is, ontneem het. Die saak is in die Arbeidshof in Kaapstad hersien, en dit het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Bye zoem in die metro se parke
Die Manguang Metro Munisipaliteit het berigte van verhoogde byaktiwiteit in plaaslike parke en ontspanningsgebiede ontvang. In 'n kennisgewing waarsku die munisipaliteit dat bye aggressief kan raak as hulle versteur word. Hulle doen 'n beroep op mense om nie die bye self te nader, uit te lok of te probeer verwyder nie. Vir mense se veiligheid kan die metro se opgeleide byhanteringspan vir enige hulp gekontak word. Die munisipaliteit voeg by, danksy die span se vinnige reaksie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Ramaphosa spreek mans in BFN toe
President Cyril Ramaphosa is Donderdag, 4 Desember, in Bloemfontein om die hooftoespraak by die Vrystaatse Provinsiale Mans Indaba te lewer. Luidens ‘n mediaverklaring van die Presidensie vind die Indaba by die Limo Green-park plaas. Die vlagskip geleentheid van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog, is daarop gemik om mans en seuns as aktiewe vennote in die stryd teen Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord te mobiliseer. Die geleentheid bring

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


‘n Bloem-ouma punt weer tone
Na sy laas as ‘n jong meisie ballet gedoen het, het ‘n ouma van Bloemfontein weer haar tone op die verhoog gepunt. Bloemnuus berig die 66-jarige Lizzie Castelyn sê sy het na Covid erg depressief geraak. ‘n Familielid het toe voorgestel dat sy iets doen wat haar vreugde verskaf, en dit is toe dat sy aan haar jonger dae as ballerina gedink het. Sy het vroeër vanjaar ingeskryf vir volwasse dansklasse en sê dit was vasbyt en lang ure. Die afgelope naweek was vir Castelyn ‘n hoog

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman te gebruik
Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman se betrokkenheidswerkswinkels te gebruik om hul diensleweringsbekommernisse uit te spreek, en te help om 'n meer responsiewe en mensgesentreerde munisipaliteit te bou. Hierdie werkswinkels is luidens ‘n plasing op sosiale media na die aanstelling en aankondiging van die Mangaung Metro Munisipaliteit se ombudsman, Charlie Naidoo, begin. Die eerste werkswinkel is Dinsdag by die Indaba-ouditorium in die Bram Fischer-gebou gehou.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


‘n Jong Bloemfonteiner verskyn vir strafbare manslag in die hof
Die 20-jarige Tristan Kearney het vir die eerste keer in die Bloemfontein streekshof verskyn. Dit op drie aanklagte van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur asook die verontagsaming van ‘n padverkeersteken. Netwerk24 berig sy verskyning spruit ‘n ongeluk in Januarie waarin drie kinders oorlede is, toe ‘n bakkie die motor waarin die kinders op pad skool toe was, getref het. Rosestad-nuus het vroeër berig die ongeluk het op die N8 by die Aljo’s Spar, net buite B

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Elke hond kry sy dag
Verdagtes wat vroeër vanjaar deur die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) betrap is terwyl hulle met honde gejag het, het skuldig gepleit. Die DBV het na 'n deeglike ondersoek aanklagte van dieremishandeling teen beide aanhangig gemaak. Luidens die DBV se sosiale media blad is hulle is bly om te laat weet dat die saak nou in die Edenbrugse landdroshof, in die Vrystaat, afgehandel is. Die twee is elk tot 'n boete van R3 000 of 6 maande gevangenisstraf gevonnis, w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Bloemfonteiners moet genoeg water stoor
Bloemfonteiners in die Suide word aangeraai om genoeg water te stoor. Dit aangesien die Mangaung Metro Munisipaliteit ‘n kennisgewing oor ‘n 12-uur lange wateronderbreking vir die Vrydag uitgereik het. Hierdie onderbreking sal van 6:00 die oggend wees, en is vir noodsaaklike onderhoudswerk. Onder andere is onderhoud nodig om die betroubaarheid van die stelsel te verseker, voortdurende lekkasies te verminder en die netwerk teen toekomstige mislukkings te beskerm. Die Manguang

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Die metro se polisie fnuik ‘n rooftog
‘n Misdaadbestrydingstaakspan van die Manguang Metro Munisipaliteit het gewapende rowers gefnuik. Dit etlike weke na juwelierswinkels by twee verskillende winkelsentrums beroof is. Inligting is ontvang dat bonusse op spesifieke datums aan werknemers betaal sal word en ‘n groep rowers het om die geteikende besighede begin sirkel. ‘n Rooi Fiat Punto is as die verdagtes se voertuig geïdentifiseer, en is op pad na die nywerheidsgebied in Botshabelo afgetrek. Die vyf verdagtes en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Kovsies wat glo ‘n bom slinger gaan eers vir Kersfees huis toe
Die ses studente van die Universiteit van die Vrystaat wat glo tydens ‘n studente-onrus ‘n petrolbom na die hek van die universiteit geslinger het, sal eers vir Kersfees huis toe gaan voor hul saak weer verskyn. Netwerk24 berig die ses het Maandag vlugtig in die Bloemfontein landdroshof verskyn. Die staat het nie teen die uitstel beswaar gemaak nie en dus is die saak tot 3 Maart 2026 uitgestel. Die studente is kort nadat hulle in Oktober in hegtenis geneem is op ‘n waarskuwi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Talle Bloemfonteiners se hekmotors word gesteel
Daar is ‘n toename in die aantal hekmotors wat in Bloemfontein gesteel word. Luidens ‘n mediaverklaring vind die voorvalle meestal tussen 02:00 en 06:00 in die oggend plaas. Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covane, sê die groen en swart Centurion-maak word geteiken. Die waarde van so ‘n motor wissel tussen R12 000 en R15 000. Van die strate waar voorvalle aangemeld is sluit in De Bruynstraat, Koos van der Waltstraat en Rhyno Kriellaan. ‘n Paar voorvalle is ook in Wesdene

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


‘n Gewilde Bloem-raadslid is oorlede
‘n Gewilde Bloemfonteinse DA-raadslid is aan kanker oorlede. Volksblad berig die 72-jarige Dalena Dennis het sedert Maart 2006 as raadslid in die Mangaung Metro Munisipaliteit gedien. Sy was ook een van die langsdienende raadslede in die metro. Volgens die provinsiale voorsitter van die DA en die party se kiesafdelingshoof in die metro, Werner Horn, was sy ‘n baie gewaardeerde en lojale kollega. Hy voeg by sy was ‘n vertroueling en ‘n vriendin vir almal. Dennis wat vir byn

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


Opknappings by die Bloemfonteinse dieretuin kry momentum
Noodsaaklike opgraderings by die dieretuin in Bloemfontein het begin. Volgens Central News is dit om nuwe lewe in die fasiliteit in te blaas. Die dieretuin, eens 'n belangrike trekpleister vir toeriste en plaaslike inwoners, het sy hekke in 2019 weens ernstige kommer oor hoe diere aangehou word en die algehele bestuur gesluit. Opknapping sal in fases uitgevoer word om seker te maak dat alles reg gedoen word. Die eerste fase is gemik op die basiese beginsels wat nodig is om b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


SOKKER: Gallants beweeg na die 11de plek
Marumo Gallants is gedwing om met ‘n 1-1 gelykopuitslag teen Magesi by die Dr. Petrus Molemela-stadion in Bloemfontein tevrede te wees. Jaisen Clifford, wat in die 35ste minuut vir die beseerde Ndabayithethwa Ndlondlo vervang het, het Gallants hernieude energie gegee terwyl hulle hard vir ‘n wen in die tweede helfte gedruk het. Die gelykopuitslag lig Gallants na die 11de plek, bo Siwelele FC, terwyl Magesi vier punte agter in die 15de posisie bly. Ter Illustrasie. FOTO: Unspl

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 1, 2025


Verantwoordelikheid kan nie vermy word nie
Een van die grootste mites waarmee die Dierebeskermingsvereniging (DBV) te doen het, is die idee dat iemand verantwoordelikheid kan vermy deur onder andere te sê: “Dis nie my hond nie” of “Ek voer hom net soms.” Luidens ‘n plasing op Bloemfontein DBV se sosiale media is ‘n eienaar nie net die peroon wat die hond gekoop het nie. Ingevolge die Dierebeskermingswet 71 van 1962 is die eienaar enige persoon wat 'n dier beheer, vir 'n hom sorg, toesig oor hom het, of hom in hul be

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025
bottom of page

