top of page



‘n Bloemfonteiner trap fiets om kinders te help
Om kinders te help sal die lang pad tussen Bloemfontein en Kaapstad binnekort per fiets deur ‘n plaaslike jong biokinetikus aangepak word. Bloemnuus berig Bea Labushagne het verlede jaar haar studie aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Sy vertel die Here het dit op haar hart geplaas om so ‘n uitdaging te onderneem. Labuschagne het ‘n niewinsgewende organisasie, Prosper in life with Christ, geregistreer en gaan as eerste bewusmakingsveldtog en om geld vir dié organi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 16


Die munisipaliteit wil Bloem weer soos die Stad van Rose laat lyk
Om Bloemfontein weer soos die Stad van Rose te laat lyk en voel is die munisipaliteit se Vaste Afval Departement gereed om die volgende groot stad skoonmaakveldtog af te skop. Volgens die Maungaung Metro Munisipaliteit sal die veldtog vanaf volgende maand af plaasvind. Hulle sê in ‘n plasing op sosiale media hierdie inisiatief stem ooreen met die skoon stede en dorpe-veldtog onder leiding van die adjunkpresident, Paul Mashatile. Die skoonmaakveldtog is daarop gemik om omgewin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


‘n Bloemfonteinse chirurg is tot VASSA se eerste vroulike president benoem
'n Vaskulêre chirurg by Mediclinic Bloemfontein, Professor Asha Malan, het die Vaskulêre Vereniging van Suider-Afrika (VASSA) se eerste vroulike president geword. Luidens ‘n mediaverklaring van Mediclinic was sy eens die enigste vaskulêre chirurg in sentraal-Suid-Afrika, en is daartoe verbind om ander op te lei. Malan sê sy het nie dadelik besef dat sy die eerste vrou is wat VASSA in sy 40-jarige geskiedenis lei nie, maar dis iets waarop sy trots is. Sy voeg by vaskulêre chir

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


Die FWA se parkespan is volstoom aan die gang
Die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) in Bloemfontein se parkespan het vroeg aan die werk gespring. Al die parke se gras is reeds gesny. Luidens ‘n plasing op sosiale media is 31 sakke tuinvullis asook stortingsvullis verwyder. Hulle is ook besig met hul gifbespuitingsprogram waar 10 parke reeds met ‘n omgewingsvriendelike gif bespruit word om van onkruid ontslae te raak. Volgens die FWA is die doelwit om die parke doringvry te maak sodat kinders kaalvoet daar kan speel.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


Bloedvoorrade is laag
Met die begin van die nuwe jaar skep die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) bewustheid oor 'n bekende seisoenale patroon - 'n afname in nasionale bloedinsamelings. SANBS se skenkerverhoudingspraktisyn in Bloemfontein, Natalie Booysen, moedig Bloemfonteiners aan om bloed te skenk en ‘n verskil te maak. Om 'n veilige en voldoende voorraad vir Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel te verseker beoog die SANBS om daagliks 3 500 eenhede bloed in te samel. Luidens ‘n meid

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 13


Talle bid saam vir ‘n Bloemfonteinertjie se beterskap
Talle mense het besluit om Maandagoggend tussen 07:00 en 08:00 saam vir die Bloemfonteinertjie, Janique Venter, se beterskap te bid. Luidens ‘n plasing op sosiale media lek groot hoeveelhede vog uit haar regteroor sedert 'n dreineringspyp verwyder is. Sy ontvang medikasie vir intensie hoofpyn en naarheid. Daar is ook kommer oor Janique se suurstofvlakke wat daal wanneer sy diep slaap en sy is dus ook tans op suurstof. Rosestad-nuus het vroeër berig die agtjarige dogtertjie h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 12


‘n Man wat glo meisies in Bloem-winkelsentrums agtervolg is vasgetrek
Na aanleiding van verskeie klagtes van bekommerde ouers is ‘n man vir die besit van materiaal wat seksuele misbruik van kinders toon in hegtenis geneem. Ouers het voorvalle aangemeld van ‘n man wat jong meisies in winkelsentrums in Bloemfontein agtervolg en hulle met ‘n onwelriekende stof spuit voordat hy wegloop. Polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane sê in ‘n mediaverklaring op grond van die inligting het die polisie, in samewerking met die winkelsentrumsekurite

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 11


Bloemfonteiners betwis hul waterrekeninge
Die DA het talle klagtes van Bloemfonteiners ontvang wat hul waterrekeninge betwis, en beweer dat die gefaktureerde bedrae nie met die werklike meterlesings ooreenstem nie. Die Mangaung Metro Munisipaliteit het ‘n verskaffer aangestel om watermeterlesings teen R13.50 per lesing te doen. DA Raadslid Dirk Kotze sê verder in mediaverklaring dié driejaarkontrak einding Junie vanjaar, en hulle het vrae aan die stadsbestuurder gestel om duidelik te verkry. Van die vrae sluit in ho

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 10


Nog ‘n kindjie verdrink in die Bainsvlei-omgewing
Die 16 maande oue Timothy-John du Plessis wat ook in die Bainsvlei-omgewing verdrink het, word Saterdag vanuit die NG Kerk Bainsvlei, in Bloemfontein, begrawe. Netwerk24 berig Timothy-John is die tweede kindjie wat onlangs in die omgewing verdrink het. Die eenjarige Hanru David Venter het twee dae voor Kersfees verdrink. Volgens Timothy-John se pa, Jacques, het hulle by familielede gebraai toe sy vrou Zelda na hom gevra het. Hulle het onmiddellik begin soek en een van die ou

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 10


KRIEKET: Sewe van die beste kompeteer in Bloemfontein
Die Roses Cup Meisies Kriekettoernooi het die afgelope week sewe van die Vrystaat se beste meisieskrieketspanne by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein bymekaar gebring. Die organiseerder Christelle Erasmus sê aan Rosestad-nuus die T20-toernooi, met trots geborg deur Free State Apparel, was ‘n onvergeetlike viering van jong talent, mededingende gees en sportmanskap. Sy voeg by die gehalte van die spel wat vertoon is, het die diepte van die provinsie se talent beklemtoon, én d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 10


Die VF Plus vra dat Bloem se storingsterreine ondersoek word
Die VF Plus-wetgewerlid, Armand Cloete, het ‘n brief aan die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Mensregtekomisse gestuur waarin gevra word dat dié instansie die toestande by die noordelike en suidelike stortingsterreine in Bloemfontein ondersoek. Bloemnuus berig Cloete sê in die brief die stortingsterreine hou ‘n ernstige en voortdurende omgewings- en gesondheidsrisiko vir omliggende gemeenskappe in. Hy voeg by voortdurende uitdagings sluit onder andere in gereelde en onbeh

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 8


‘n Motorongeluk eis die lewe van ‘n Bloem-onderwyser
Grey Kollege in Bloemfontein het met leedwese die hartseer nuus van meneer Tewie Wessels se afsterwe op sosiale media gedeel. Luidens die plasing is Wessels Maandag in ‘n motorongeluk oorlede - sy vrou Natasja, sterk tans in die hospitaal aan. Wessels het ‘n lang pad saam met die Kollege gestap, beide as oud-Grey en 15 jaar as onderwyser. Hy was ook die kriekethoof, betrokke by rugby en het die personeel op die beheerliggaam verteenwoordig. Grey Kollege sê Wessels was gelief

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 6


KRIEKET: Die Roses Cup Meisies Kriekettoernooi ‘n eerste vir sentraal Suid-Afrika
Die Roses Cup Meisies Kriekettoernooi sal van 6 tot 9 Januarie 2026 geskiedenis maak by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. Hierdie baanbrekersgeleentheid is die eerste meisieskriekettoernooi ooit wat in sentraal Suid-Afrika plaasvind en verteenwoordig ’n belangrike mylpaal vir die groei en ontwikkeling van vrouekrieket in die Vrystaat. Die toernooi wat aangebied word deur Free State Apparel word gedryf deur ’n duidelike visie om jong meisieskrieketspelers te ontwikkel, te be

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 5


KRIEKET: Halfeindstryd wedstryde bring groot opwinding na Bloemfontein
Die 2025 Khaya Majola Krieketweek in Bloemfontein het die hele week opwindende krieket gelewer, wat Suid-Afrikaanse talent ten toon gestel het. Na 'n reeks hoëgehalte-vertonings, insluitend groot honderdtalle en noue afrondinge, het die toernooi sy halfeindronde bereik. Die verdedigende kampioene, die Westelike Provinsie en die Titans, het albei hul plekke met sterk oorwinnings vroeër in die week verseker, terwyl die Gauteng Lions en Tuskers hul halfeindronde-plekke in noue w

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 19, 2025


Daar is ‘n toename in verkeersboete-slenters
Motoriste word oor 'n toename in bedrieglike verkeersboete-teksboodskappe gewaarsku. Volgens NovaNews is die slenters ontwerp om geld deur middel van vals betaalplatforms te steel. Suid-Afrika se voorste slim verkeersboeteplatform, Fines SA, sê die boodskappe bevat skakels wat gebruikers na fop-webwerwe lei wat wettige munisipale verkeersboeteplatforms naboots. Fines SA konsolideer geverifieerde boetedata van meer as 250 munisipaliteite, wat meer as 90% van verkeersboete-uitr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 17, 2025


Die Vrystaat versterk dienslewering
Om die regering se verbintenis tot doeltreffende dienslewering in die Vrystaat te versterk, is ‘n voertuigvloot van byna R30 miljoen aan verskeie departemente oorhanding. Die vloot sluit verkeers- en padveiligheidsvoertuie sowel as lykswaens in. Luidens ‘n plasing op die Departement van Gemeenskapveiligheid, Paaie n Vervoer se sosiale media het die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ook tydens die oorhandiging in Bloemfontein dubbelkajuit-bakkies ontvang. Instussen ber

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 17, 2025


'n Staalheining word versoek naby 'n BFN spoorweg
‘n Versoekskrif is opgestel wat die Mangaung-metro versoek om ‘n staalheining dringend al langs die spoorlyn tussen Gardeniapark aangrensend aan Wilgehof, en Fichardtpark aangrensend aan Hospitaalpark, opgerig word. Bloemnuus berig DA-raadslid Hennie van Niekerk sê dit is onveilig en vuil rondom die twee voetoorgange. Kinders wat weerskante van die spoorlyn woon en skoolgaan, stap daagliks hier en dit stel hul lewe in gevaar. Benewens die talle skole is die Pasteur-hospitaal

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 16, 2025


‘n BFN-instituut sluit die jaar op ‘n hoë noot af
Die Peritum Agri Instituut in Bloemfontein sluit die jaar op ‘n hoë noot af ná hulle amptelik hoër onderwysstatus verkry het. Die instituut sê op sosiale media hulle het die afgelope 24 jaar 'n sterk reputasie in die landbousektor gevestig. Nie net as ‘n opleidingsvennoot vir landboubesighede in Suid-Afrika nie, maar ook as 'n private landboukollege waar meer as 250 studente jaarliks vir landboustudies inskryf. Maroela Media berig volgens die instituut se direkteur van str

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


Bloem se water is veilig om te drink
Die Magaung Metro Munisipaliteit stel Bloemfonteiners gerus dat die munisipale watervoorraad veilig is vir huishoudelike gebruik én om te drink. Volgens 'n kennisgewing is tydelike waterverkleuring in sommige gebiede aangemeld. Dit na die onlangse herstelwerk aan pype en lekkasies. Hierdie verandering in kleur is slegs esteties en hou geen gesondheidsrisiko's in nie. Die metro voeg by dat die probleem tans deur beheerde spoeling en chlooroptimalisering aangespreek word. Norma

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


‘n Bloemfonteinse reaksie-eenheid keer ‘n vermeende dief aan
‘n Vermeende dief is in Langenhovenpark, Bloemfontein, deur die burgerregteorganisasie AfriForum se 911 reaksie-eenheid aangekeer. Luidens ‘n plasing op sosiale media het hulle hom met ‘n sak vol sporttoerusting opgemerk. Daar word vermoed dat die items gesteel is. Hulle noem verder dat die verdagte glo aggressief opgetree het en sy en inhegtenisname teëgestaan het. Verskeie veiligheidsrolspelers het bystand verleen, en die verdagte is uiteindelik suksesvol aangekeer. Hy is a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 12, 2025


Bejaardes se moordenaars is die ‘verpersoonliking van boosheid’
Die twee mans wat ‘n swaar vonnis vir die moord en roof van ‘n bejaarde paartjie op ‘n plaas in die Glen-distrik, buite Bloemfontein, opgelê is – is deur die regter as ‘die verpersoonliking van boosheid’ beskryf. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring Mahau Lebeko en Motlalentoa Wolf is elk in die Bloemfonteinse Hooggeregshof tot twee lewenslange én 35 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Die twee is in 2024 jaar vir die moord op Christo e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 10, 2025


‘n Oud-Bloemfonteinse onderwyseres se vermeende moordenaar is aangekeer
‘n Verdagte in die moord van ‘n oud-Bloemfonteinse onderwyseres, Karen van Aardt, is in hegtenis geneem. Maroela Media berig wetstoepassers het op die verdagte in Langa toegeslaan. Hy is ondervra en later van moord en roof aangekla. Volgens ‘n polisiewoordvoerder word moontlik nog inhegtenisnemings verwag soos die ondersoek vorder. Van Aardt, wat vroeër ‘n onderwyseres by die Universitas Primere Skool was, het langs die N2 op die hoek van Jakkalsvlei- en Jakes Gerwelrylaan in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 10, 2025


Giftige strotingsterrein-brande moet ondersoek word
Die noodsaaklikheid om die hernieude giftige brande by Bloemfontein se noordelike stortingsterrein te ondersoek, is deur ‘n minister beaam. DA-raadslid Selmé Pretorius sê in ‘n mediaverklaring dit volg na dié party ‘n verslag aan die minister van bosbou, vissery en die omgewing gestuur het. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Bloem Express

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 10, 2025


Die metro se woordvoerder is midde van teisteringsklagtes op spesiale verlof geplaas
Ná bewerings van seksuele teistering weer opgeduik het, is die Mangaung Metro Munisipaliteit se woordvoerder, Qondile Khedama, op spesiale verlof geplaas. SABC News berig volgens stadsbestuurder Sello More is die besluit geneem na aanleiding van 'n verslag van die Werknemerswelstandsafdeling na 'n klagteverhoor. Hy voeg by'n onafhanklike span is aangestel om 'n deeglike ondersoek in te stel, en aanbevelings binne streng tydlyne te verskaf. More sê ook die besluit is daarop g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 10, 2025
bottom of page

